top of page
Untitled design (43).png
Untitled design (43).png

Leerders met spesiale onderwysbehoeftes: (LSOB) 
Inklusiewe Onderwys:

Volgens Witskrif moet alle leerders die geleentheid kry om te leer. Laerskool Proteapark was een van die eerste skole in Rustenburg wat die stap geneem het om leerders met struikelblokke of geremdhede in te neem. Ons het egter vinnig besef dat daar baie ander praktiese probleme ontstaan. Baie van die leerders voel meer op hulle gemak om 'n vasgestelde roetine te volg en klaswisseling het vir hulle 'n uitdaging geword. Alhoewel hierdie leerders elkeen hul eie assistent gehad het, het die skool steeds probleme ervaar. Daar is besluit om leerders uit die hoofstroomklasse te haal. maar hulle steeds in 'n hoofstroomlokaal te hou. Dit het gegroei van die houthuisie langs die kantoor tot ‘n nuwe inklusiewe afdeling by ons skool. In die LSOB-klasse word die Nasionale kurrikulum aangepas om by elke individuele leerder se behoeftes te pas.

bottom of page