

Ons erns!
Gr. R tot 7 volg die nasionale kurrikulum aangebied deur toegewyde, gekwalifiseerde leerkragte. Die onderrigproses word aangevul met rekenaargeletterdheid, verryking, olimpiades, hulpverlening, remediëring, 'n toegeruste Leerhulpsentrum in mediasentrum en unieke LSOB Afdeling (Leerders met spesiale onderwysbehoeftes). 'n Inklusiewe benadering word met passie gevolg en daarom is ons ... die skool waar elke kind tel! Die kuns van onderrig is die kuns om te help met ontdekking! Parkies is baie bevoorreg om 'n Musiekmeester, Mnr. Louis Bezuidenhout, by die skool te hê. Mnr. Louis bied musiekperiodes vir Gr. R-7 aan!
​
​
Akademie (Intermediêre & Seniorfase)
Prosedure: Cum Laude
1. Aan die einde van elke kwartaal sal die CUM LAUDE
leerders per graad, elektronies bepaal word deur Me. Horn.
Menslike foute kan dus uitgeskakel word.
2. Die leerders se totale gemiddeld van die akademiese
vakke word gebruik.
3. Die leerders wat CUM LAUDE behaal se algehele
gemiddeld is 85% en hoër.
4. Leerders ontvang elk ‘n Cum Laude akademiese sertifikaat
wat voor die skool aan hulle oorhandig word.


