VISIE
-
Ons sien ‘n skool met ‘n Christelike karakter wat volgens effektiewe besigheidsbeginsels bestuur word.
-
In hierdie skool sal kinders hoogstaande begeleiding ontvang van uiters bekwame en emosioneel gesonde en gelukkige personeel.
-
Dit alles sal geskied in ‘n omgewing waar fasiliteite en sekuriteit van die beste gehalte is.
-
Ons sien tevrede en betrokke ouers wat ‘n integrale deel vorm van die hele proses om kinders te begelei na ‘n lewe vol wonderlike uitdagings.
MISSIE
-
Om geletterde, lewensvaardige en inherent gelukkige kinders te begelei, sodat hulle fisiek, emosioneel, sosiaal en geestelik opgewasse sal wees om die eise wat die omgewing aan hulle gaan stel, suksesvol te kan hanteer.
WAARDES
Dit is vir die skool van kernbelang dat:
-
Christelike beginsels gehandhaaf word.
-
Afrikaans die onderrigmedium is, maar leerders Engels op ‘n hoërgraad magtig sal raak.
-
‘n Suid-Afrikaanse patriotiese lewensbeskouing gebaseer op liefde, respek, getrouheid en verantwoordelikheid bevorder word.
-
Die skoolorganisasie gebaseer word op moderne tegnologie en praktyk, effektiwiteit, instandhouding en handhawing.