MAANDELIKSE POLL

Hoe bevind u ons nuwe webtuiste?
Interessante ontwerp, vloeiende interaksie en gebruikersvriendelik.
Baie gebruikersvriendelik en maklik om te gebruik.
Oorweldigend en te veel inligting.

maak toe 

Onlangse Nuus

PP 6/2019, 14 Februarie 2019

DAGBOEK:

Donderdag, 14 Februarie DAG 2

  • Omgeedag-verkope, aantreepunt, 1ste pouse
  • A+ Students, kamer 32, 13:35-14:30
  • Bybelvasvra graaduitdunne, 14:00-15:00, kamer 45
  • Landloopoefening, sportveld, 16:00
  • Gr. 6 en 7 Parkie-opskop, saal, 17:00-19:00

Vrydag, 15 Februarie DAG 3

  • Revue-opnamegroep-oefening, juniors in k. 5, seniors in k. 26, 07:00-08:00
  • Opening op aantreepunt: Minke Grobler
  • Gr. 1 Netbal bekendstelling gedurende skoolure
  • Pom-Poms-oefening vir gr. 1-3, saal, 13:00-13:30
  • Landsdiens Bundukamp, Hodge Podge Lodge, 13:30 (tot Sondag)
  • Gr. 7 Voortrekkers Medemenskamp (tot Sondag)
  • Verjaarsdag: mev. Gerda van den Berg

Maandag, 18 Februarie DAG 4

  • Skoolreëls in saal: Ian van Brakel
  • Parkieouer gebedsgroep, lapa, 07:15-08:15
  • Experi-maatjies vir gr. 1-3, naskoolsentrum, 13:00
  • Netbaloefening, netbalveld, vanaf 13:30  
  • Rugbyoefening, sportveld
  • Experi-maatjies vir gr. R naskoolleerders, kamer 49, 14:00
  • Experi-maatjies vir gr. 1-3, kamer 49, 15:00
  • Boogskietoefening gr. 4, boogskietbaan, 15:00-16:00
  • Boogskietoefening gr. 5, boogskietbaan, 16:00-17:00
  • Landloopoefening, 16:00-17:00
  • Voortrekkers spanbyeenkoms, Parkieland, 16:00-17:00
  • Finansiële komiteevergadering, personeelkamer, 17:00
  • Beheerliggaamsvergadering, personeelkamer, 19:00

Dinsdag, 19 Februarie DAG 5

  • GR. 4-7 TOETSREEKS: Gr. 4-6 geen; Gr. 7 EBW
  • Revue-opnamegroep-oefening, juniors in k. 5, seniors in k. 26, 07:00-08:00
  • Opening op aantreepunt: Nicolaas Claassen
  • Junior Entrepreneursvergadering, 2de pouse
  • A+ Students, Parkieland Tarentaaklas, 12:30
  • Experi-maatjies vir gr. R, naskoolsentrum, 12:45
  • Rugby- & netbaloefening
  • A+ Students, kamer 3, 13:35-14:30
  • Landloopoefening, sportveld, 16:00
  • Verjaarsdag: mej. Danelle Raaths

Woensdag, 20 Februarie DAG 6

  • GR. 4-7 TOETSREEKS: Gr. 4-6 geen; Gr. 7 Tegnologie
  • Opening op aantreepunt: Chris van Rooyen
  • VCSV: gr. 4-7, saal 2de pouse
  • Juniorkooroefening, saal, 12:45-13:45
  • Experi-maatjies vir gr. 1-3, naskoolsentrum, 13:00
  • Rugby- & netbaloefening
  • A+ Students, kamer 32, 13:35-14:30
  • Swem Interhuis, RHS, 14:00
  • Boogskietoefening gr. 5, boogskietbaan, 15:00-16:00
  • Boogskietoefening gr. 4, boogskietbaan, 16:00-17:00
  • Seniorkooroefening, saal, 16:00-17:30
  • Landloopoefening, sportveld, 16:00-17:00

Donderdag, 21 Februarie DAG 1

  • Revue-opnamegroep-oefening, juniors in k. 5, seniors in k. 26, 07:00-08:00
  • Sonja & Tjokker vir gr. 1-4, saal, skoolure
  • A+ Students, kamer 32, 13:35-14:30
  • Atletiekoefening, sportveld, 14:00-15:00
  • Boogskietoefening gr. 7, boogskietbaan, 15:00-16:00
  • Boogskietoefening gr. 6, boogskietbaan, 16:00-17:00
  • Landloopoefening, sportveld, 16:00
  • Verjaarsdae: mev. Annette Minnie & mev. Odette Schultz

1. GRAAD 4-7 TOETSREEKS: onderwysers gee die afbakenings vir hierdie kwartaaltoetse per vak deur aan leerders. Sommige assesserings geskied in die vorm van toetse, terwyl ander klasopdragte of take is. Buitemuurse aktiwiteite gaan voort soos gewoonlik.

2. INTERHUIS SWEM: Woensdag, 20 Februarie 2019 om 14:15 by RHS. Alle leerders van graad 1-7 wat kan swem is baie welkom! Program sal betyds op die Communicator geplaas word (egter sonder tye, omdat ons onseker is van die getal swemmers wat per item gaan opdaag.)

3. GR. 1-4 OPVOERING: SONJA & TJOKKER: Donderdag, 21 Februarie om 10:00 in die saal. Daar wag hope pret en lekkerlag vir die leerders! Betaal R25 in by voogonderwysers. Leerders kan ekstra geld saambring as hulle die volgende items by die vertoning wil koop:

  • Knopie met Tjokker (hondjie) op @ R5
  • DVD van vertoning en liedjies @ R100
  • CD van liedjies @ R80
  • DVD & CD Kombo @ R150

4. SKOOLKOERANTKURSUS: aangebied deur BEELD-joernaliste op Saterdag, 23 Februarie by ons skool. Vir enige kind in graad 5-7 wat belangstel. Dit gaan leerders ook help om beter opstelle te skryf!! Koste beloop R110 en sluit in ‘n ligte ete, verversings, ‘n handleiding en ‘n koerant. Inskrywingsvorms by juf. Melissa Louw in kamer 10.

5. VERKEERSVEILIGHEID: ons versoek ouers dringend dat skoliere die strate om die skool slegs by skolierpatrollie-oorgange moet kruis! Veral die graad R’e! U kind is vir ons baie kosbaar. Elke motoris moet asseblief ekstra paraat en versigtig bestuur wanneer u om die skool ry. Kom ons werk saam om almal veilig te hou. Baie dankie!

6. VEILIGHEID VAN GEBOUE EN STRUKTURE OP SKOOLTERREIN: die siviele ingenieur is nog besig met die inspeksie van die skool se geboue en strukture. Ons sal terugvoer gee aan ouers sodra die verslag gereed is.  

7. BEHEERLIGGAAM TUSSENVERKIESING: Maandag, 4 Maart 2019. Nominasievorms kan vanaf 18 Februarie 2019 by die administratiewe kantoor afgehaal word.

8. SKOOLGELD SMS’e: SMS’e word uitgestuur op die 25ste van die maand en weer op die 1ste. Ouers moet asb. nie reageer op die bedrae, totdat die gedrukte rekeningstaat fisies ontvang is nie.  Dankie vir u geduld en samewerking!

9. GHOLFDAGVrydag, 8 Maart by Rustenburg Gholfklub. Ons waardeer al die ouers se samewerking met hierdie groot jaarlikse fondsinsameling. Die leerder wat sover die meeste geld ingesamel het met 13 volledig Mickey Muis-vorms, is Simoné Henning in graad 6. Sy het ‘n allemintige R6225 ingesamel. Baie dankie, Simoné! As prys ontvang sy gratis tennislesse vir ‘n kwartaal by Bergzicht Tennis Akademie (sien onder), sowel as R200 kontant van Ronique’s Guest House.

 

 

Parkiegroete

Mnr. H. Pieterse (Hoof)