|
|
|
Veiligheidsbeleid
|
 |
|
|
 |
|
LAERSKOOL PROTEAPARK: VEILIGHEIDSBELEID
1. DOEL:
1.1 Die doel van die beleidstuk is om die veiligheid van alle persone op die terrein van skool te verseker in terme van Wet No. 6 van 1983. VEILIGHEIDSKOMITEE:
1.2 Die Veiligheidskomitee sal bestaan uit `n voorsitter en twee lede. Die Buitemuurse bestuurder sal as voorsitter optree. Die ander twee lede sal ‘n adjunkhoof en ‘n departementshoof wees. ‘n Ouer wat op hoogte is van al die vereistes soos deur die wet vereis, kan ook op die komitee gekoöpteer word.
1.3 Die lede van die Veiligheidskomitee word skriftelik deur die hoof benoem.
1.4 Die Veiligheidskomitee vergader so dikwels as wat dit nodig is, maar minstens een keer elke kwartaal.
1.5 Vergaderingprosedure word gevolg en die komitee hou notule van alle besluite.
2. VEILIGHEIDSTERREINE:
Die volgende veiliheidsterreine van binne die Veiligheidskomitee se verantwoordelikheid:
∙ Geboue (steenwerk, toebehore, store).
∙ Terrein ((trappe, speelplekke, heining, bane).
∙ Masjiene (Voertuie en masjiene)
∙ Elektriese installasies (Verdeelborde, skakelaars, elektriese kaste).
∙ Aktiwiteite (Gevaarlike aktiwiteite, leerderdeelname).
∙ Toesig en beheer (Terreindiens, patrolliediens, puntdiens en klasbeheer).
∙ Uitstappie en toere (Toesig, beheer en veiligheid van leerders).
∙ Sportvelde (Veiligheid op terrein, uitsteeksels, gate en dorings)
∙ Glas en vensterruite (Glasdeur en ruite, glashouers).
3. WAARSKUWINGSBORDE:
Openbare waarskuwingsborde moet oral op die terrein opgerig word waar daar `n moontlike gevaarpunt bestaan waar mense kan seerkry.
Voorbeelde van gevaarpunte bestaan by trappe en doringbome.
4 NALATIGHEID:
4.1 Enige opvoeder wat verantwoordelik is vir `n groep leerders in sy teenwoordigheid mag nie nalatig optree in sy / haar toesighoudende hoedanigheid nie. So `n opvoeder moetgedurig bewus wees van alle leerders se aktiwiteite wat in sy / haar toesig en beheer is.
4.2 Indien `n opvoeder wat in beheer van `n groep leerders staan nalatig optree sal die opvoeder persoonlik verantwoordelik gehou word vir enige eise wat mag ontstaan uit sy / haar nalatigheid.
5. GEBEURLIKHEIDSPLAN:
Elke opvoedkundige inrigting moet oor `n goed beplande gebeurlikheidsplan beskik. Laerskool Proteapark se gebeurlikheidsplan is aangeheg bestaan as bylaag tot die Veiligheidsbeleid.
6. BESOEKERS TOT DIE TERREIN:
6.1 Alle besoekers wat die terrein van die skool betree moet eers aanmeld by Ontvangs by die kantoor.
6.2 Kennisgewingborde in die verband behoort by die toegangshek aangebring te word.
7. VEILIGHEID TYDENS UITSTAPPIES:
7.1 Die verantwoordelike opvoeders wat leerders gedurende uitstappies vergesel moet spesiaal bedag daarop wees om leerders se veiligheid te verseker.
7.2 Vir elke 30 leerders moet daar een opvoeder in beheer wees.
7.3 Opvoeders mag nie toelaat dat vreemdelinge tydens uitstappies met leerders kontak maak nie.
7.4 Die getal leerders op die bus moet voor vertrek en na besoeke gekontroleer word op die bus om te verseker dat geen leerder agtergelaat is nie.
7.5 Alle leerders wat die skoolterrein verlaat tydens `n uitstappie moet `n toestemmingsbrief by die verantwoordelike opvoeder inhandig waarop die ouers skriftelik toestem dat hulle kind die skoolterrein mag verlaat om die uitstappie mee te maak.
8. BRIEWE AAN OUERS:
8.1 Briewe aan ouers moet baie spesifiek geskryf word. Tye en plekke moet duidelik genoem word.
8.2 Ouers moet weet wie verantwoordelik sal wees vir hulle kinders en watter voorsorgmaatreëls getref word vir hulle kinders se veiligheid.
9. BESERINGS:
9.1 Enige leerder wat op die terrein beseer word se ouers moet gekontak word. Indien die ouers nie beskikbaar is nie, moet die beseerde na `n mediese dokter geneem word vir mediese sorg.
9.2 Alle beserings moet in die beseringregister in die siekekamer aangeteken word en die nodige dokumentasie moet voltooi word. Sien Bylae B
10 VERSEKERING:
10.1 Enige openbare voertuig wat leerders vervoer moet oor geldige versekering beskik. Ouers wat leerders in privaat voertuie vervoer moet oor `n geldige bestuurslisensie beskik, asook oor openbare aanspreeklikheidsversekering.
10.2 Alle busvervoer moet oor `n minimum van 5 miljoen rand versekering beskik per bus per geleentheid.
10.3 Die skool se bussie mag slegs bestuur word deur personeel wat ‘n publieke diens lisensie het.
11. PADWAARDIGHEID VAN OPENBARE VERVOER:
11.1 Verantwoordelike opvoeders moet bedag daarop wees dat enige openbare voertuig wat aangewend word vir die vervoer van leerders in `n padwaardige toestand is en dat die bestuurder sy taak verantwoordelik uitvoer.
11.2 Indien enige twyfel bestaan mag die leerders nie die bus bestyg nie en indien die rit reeds in aanvang geneem het, moet die bestuurder gevra word om te stop en die leerders word aangesê om die bus te verlaat en op `n veilige plek weg van enige openbare pad bymekaar te kom. Die opvoeder in beheer moet daarna die skoolhoof kontak sodat alternatiewe reëllings getref kan word. |
|