|
Saterdag, 14 April 2012 is 'n wêreldwye BIDDAG vir die jeug gehou. Dit is georganiseer deur Mighty Kids. 'n Oproep is op die VCSV gedoen dat skole 45 minute moet afstaan vir aanbidding en lofprysing op 10-13 April.
Parkies was deel hiervan, en op Donderdag, 12 April het gr. 4-7 die Here in die saal geloof en geprys. Juf. Annecke en juf. Mona het 'n opvoering gehou oor die VRUG VAN DIE GEES. Dit was baie treffend, en Gert Steyn het help proe aan die vrugte! Die vrugte het gedien as simbole van hoe 'n mens behoort te lewe. Die Leerders het daarna 'n liedjie oor Galasiërs 5:22 aangeleer met stem en armbewegings.
'n Land in die wêreld is aan elke leerder toegewys om te bid vir kinders in daardie land. Die res van die week moes die kinders onthou om vir daardie land te bid.
Daar is weer 'n paar liedere gesing, waarna ons afgesluit het met die Milleniumlied. Wat 'n voorreg om die Here te loof en te prys!!
|