Aansoek vir advertensie spasie
Toegang tot inligting-beleid

NUUSBRIEWE
TEKEN IN


E-Pos

Wagwoord



REGISTREER
 

LAERSKOOL PROTEAPARK: RIGLYNE KRAGTENS ARTIKEL 14 VAN DIE WET OP DIE BEVORDERING VAN TOEGANG TOT INLIGTING

INHOUDSOPGAWE

Inhoud
Bladsynommer
1. Bondige beskrywing van die Skoolbeheerliggaam 2
2. Kontakbesonderhede 2
3. Artikel 10-gids Bylaag 1
4. Prosedures vir verkryging van inligting 2
5. Dienste gelewer 4
6. Regstellings beskikbaar 4
7. Vasgestelde fooie 5
8. Voorgeskrewe vorms vir toegang tot verslag Bylaag 2
9. Besonderhede van inligting beskikbaar

9.1 Missie-verklaring
9.2 Notules van vergaderings
9.3 Personeelwerwing- en indiensnemingsbeleid
9.4 Finansiële verslae
9.5 Toelatingsbeleid
9.6 Beleid rakende dwelmmisbruik
9.7 MIV/vigsbeleid




10



1. STRUKTUUR EN FUNKSIES VAN DIE BEHEERLIGGAAM
• Die Beheerliggaam van Laerskool Proteapark is kragtens artikel 16 van die SASW vir die beheer van die skool verantwoordelik. Die komitee volvoer hierdie verantwoordelikheid volgens die artikels van sodanige Wet.
• Die beheerliggaam bestaan uit 11 verkose ouerlede, die skoolhoof, 4 verkose personeellede en 1 gekoöpteerde lid.

2. KONTAKBESONDERHEDE
• Straatadres: H/v Soetdoring- en Swartboslaan, Proteapark
Tel. (014) 533 2080/1
Faks (014) 533 2522
lsprotea@mweb.co.za
www.lsproteapark.co.za
• Inligtingsbeamptes: Dilene Meter en Tina Kornelius

3. ARTIKEL 10-GIDS OOR HOE OM DIE WET TE BENUT
Sien bylaag 1.

4. PROSEDURES OM TE VOLG VIR VERKRYGING VAN INLIGTING
4.1 Aansoekers: Ouers van leerders by Laerskool Proteapark het kragtens die SASW toegang tot toepaslike inligting en staan bekend as “pesoonlike aansoekers”. Hulle hoef nie vir die inligting te betaal nie.
Aansoekers, anders as ouers van die skool, staan bekend as “formele aansoekers” en moet ‘n aansoek-, sowel as toegangsfooi betaal.
4.2 Aansoekvorm: Sien bylaag 2.
4.3 Aansoekers moet aandui in watter formaat die verslag verlang word en mag waar moontlik die verslag in daardie spesifieke formaat besigtig: hetsy ‘n kopie daarvan, of om dit persoonlik in die kantoor te besigtig.
• Hierdie formaat van die verslag mag nie inmeng met die openbare werksaamhede van die skool nie. Die verslag mag geensins beskadig word nie en kopiereg mag nie geskend word nie. Indien toegang weens praktiese redes nie op die vereiste wyse verleen kan word nie, maar op ‘n alternatiewe wyse, word die fooi bereken op die wyse waarop die aansoeker oorspronklik daarvoor gevra het.
• Daar moet op die vorm aangedui word indien aansoekers benewens ‘n geskrewe antwoord op ‘n bykomende wyse in kennis gestel wil word van die beslissing (byvoorbeeld per telefoon).
• Aansoekers wat die inligting namens iemand anders aanvra, moet die kapasiteit waarin hulle die versoek rig, aandui.
• Gestremde aansoekers, of aansoekers wat nie kan lees of skryf nie, mag hulle versoek vir die verslag mondelings rig. In hierdie geval voltooi die inligtings- beampte die vorm en verskaf ‘n kopie aan die aansoeker.
4.3 Fooie betaalbaar vir ‘n formele aansoek
• Die inligtingsbeampte sal die formele aansoeker in kennis stel dat die fooi betaal moet word, alvorens die aansoek verder verwerk sal word.
• Aansoekfooi beloop R35. Die aansoeker mag ‘n interne beroep, (waar van toepassing) of ‘n aansoek tot die hof rig teen die tender of betaling van die vereiste fooi.
• Sodra die inligtingsbeampte ‘n besluit geneem het oor die versoek, sal die aansoeker van sodanige besluit verwittig word op die wyse waarop die aansoeker verlang om verwittig te word.
• Die aansoeker moet in gedagte hou dat die inligtingsbeampte belet mag word om toegang te verleen tot sekere inligting, kragtens ander wetgewing insluitend, maar nie beperk nie, tot Wet 84 van 1996 op Suid-Afrikaanse Skole.
• Indien die versoek toegestaan word, word ‘n verdere toegangsfooi betaal vir die soektog, voorbereiding en reproduksie, asook vir die volle tydsduur wat dit langer as die vasgestelde ure neem om die verslag op te spoor en vir openbaarmaking gereed te maak.

5. DIENSTE GELEWER
• Laerskool Proteapark is ‘n openbare skool kragtens die Suid-Afrikaanse Skolewet en verskaf onderwys volgens die grondslag van hierdie Wet, asook die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika.
• Die beheerliggaam van Laerskool Proteapark oefen ‘n beherende hoedanigheid ten opsigte van die skool uit soos uiteengesit in die Suid-Afrikaanse Skolewet en kragtens die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika.
• Inligting rakende bogenoemde dienste is van die Skoolhoof of die Voorsitter van die beheerliggaam verkrygbaar.

6. REGSTELLINGS BESKIKBAAR INDIEN DIE BEHEERLIGGAAM IN GEBREKE BLY
OM OP TE TREE
Aangesien die beheerliggaam nie beskik oor interne prosedures van appél om sulke sake te hanteer nie, moet die howe genader word in gevalle waar daar nie uitvoering gegee word aan die Wetsbepalinge nie. Dit sal van toepassing wees op enige situasie waarin die aansoeker teen die besluit van die inligtingsbeampte wil appelleer. Daar word kragtens die Suid-Afrikaanse Skolewet voorsiening gemaak dat daar by die Noordwes Onderwysdepartement aangeklop kan word.

7. VASGESTELDE FOOIE VIR OPENBARE LIGGAME
DEEL II VAN KENNISGEWING 187 IN DIE STAATSKOERANT VAN
15 FEBRUARIE 2002
FOOIE TEN OPSIGTE VAN OPENBARE LIGGAME
1. Die fooi vir ‘n kopie van die riglyne soos beraam in regulasie 5(c) is R0,60 vir elke fotokopie van ‘n A4-grootte bladsy of gedeelte daarvan
2. Die fooie vir reproduksie soos aangedui in regulasie 7(1) is as volg:
R
(a) Vir elke fotokopie van ‘n A4-grootte bladsy of gedeelte
daarvan 0,60
(b) Vir elke gedrukte kopie van ‘n A4-grootte bladsy of
gedeelte daarvan wat op ‘n rekenaar of in elektroniese- of
masjienleesbare formaat gehou word 0,40
(c) Vir ‘n kopie in ‘n rekenaarleesbare formaat op
(i) stiffie 5,00
(ii) laserskyf 40,00
(d)(i) Vir ‘n transkripsie van visuele uitbeeldings,
vir ‘n A4-grootte bladsy of gedeelte daarvan 22,00
(ii) Vir ‘n kopie van visuele uitbeeldings 60,00
(e)(i) Vir ‘n transkripsie van ‘n oudio-opname,
vir ‘n A4-groote bladsy of gedeelte daarvan 12,00
(ii) Vir ‘n kopie van ‘n oudio-opname 17,00

3. Die aansoekfooi betaalbaar deur elke aansoeker, buiten ‘n persoonlike aansoeker
self, soos aangedui in regulasie 7(2), is R35,00.

4. Die toegangsfooie verskuldig deur ‘n aansoeker soos aangedui in regulasie 7(3), is
soos volg:
R
1. (a) Vir elke fotokopie van ‘n A4-grootte bladsy of gedeelte
daarvan 0,60
(b) Vir elke gedrukte kopie van ‘n A4-grootte bladsy of
gedeelte daarvan wat op ‘n rekenaar of in elektroniese- of
masjienleesbare formaat gehou word 0,40
(c) Vir ‘n kopie in ‘n rekenaarleesbare formaat op
(i) stiffie 5,00
(ii) laserskyf 40,00
(d )(i) Vir ‘n transkripsie van visuele uitbeeldings,
vir ‘n A4-grootte bladsy of gedeelte daarvan 22,00
(ii) Vir ‘n kopie van visuele uitbeeldings 60,00
(e) (i) Vir ‘n transkripsie van ‘n oudio-opname,
vir ‘n A4-groote bladsy of gedeelte daarvan 12,00
(ii) Vir ‘n kopie van ‘n oudio-opname 17,00

(f) Vir die opspoor en gereed maak van die verslag vir openbaarmaking, met uitsondering van die eerste uur R15,00 per uur of gedeelte van ‘n uur binne redelike perke wat vir sodanige soektog en voorbereiding geverg word.

2. Vir doeleindes van artikel 22(2) van die Wet, is die volgende van toepassing:
(a) Ses uur voordat die ure oorskry word en ‘n deposito betaalbaar is; en
(b) een derde van die toegangsfooi is as deposito deur die aansoeker
betaalbaar.
3. Die werklike posgeld is betaalbaar wanneer ‘n kopie van die verslag aan ‘n
aansoeker gepos moet word.


8. VOORGESKREWE VORMS VIR TOEGANG TOT ‘N VERSLAG VAN LAERSKOOL PROTEAPARK
Tel: (014) 533 2080/1 | Faks: (014) 533 2522 | epos: lsprotea@mweb.co.za | www.lsproteapark.co.za