SPORTBESTUURDER: Mnr. Koos Steyn

PARKIES WORD FIKS IN AKTIWITEITSPERIODE!
Gedurende aktiwiteitsperiodes op Maandae, Dinsdae en Donderdae (12:45 - 13:30), ontvang leerders wat gekeur is vir aktiwiteite, intensiewe afrigting in die verskillende sportsoorte.
|
'n SPORT STRATEGIESE BEPLANNINGSESSIE is gehou onder leiding van dr. Marius Oosthuizen van die Beheerliggaam (portefeulje: sport). Die skoolhoof, sportbestuurder, tien sportorganiseerders, afrigters en ouers betrokke by sport woon die sessie by.
BELANGRIKSTE UITKOMSTE WAT BEREIK WIL WORD IN 2010:
- Holistiese ontwikkeling
- Kinders en onderwysers wat sport geniet.
- Realistiese kompeterende deelname
- Ontwikkeling van selfdissipline
- Ontwikkeling van verhoudingsvaardighede
- Maksimale betrokkenheid by sport deur kinders, ouers en onderwysers
INSETTE WAT NODIG IS OM DOELWITTE TE BEREIK
- Gelukkige onderwysers
- Kennis van die kind
- Bekwame afrigters
- Kursusse
- Erkenning
- Betrokke ouers
PROSESSE WAT NODIG IS OM DIE DOELWITTE TE BEREIK:
- Goedgestruktureerde afrigting
- Gesonde (professionele) kind- en afrigterverhouding
- Goeie voorbereiding vir afrigtingsessie
- Positiewe beeld van afrigters
- Deeglike beplanning
- Toegewydheid
- Deurlopende stinulering van onderwyser
- Ouer en kind betrokkenheid
BOGENOEMDE WORD NOU VERDER VERWERK DEUR DR. OOSTHUIZEN...
|