| Op Vrydag, 14 Mei hou ons skool 'n groot SOKKERMAKIETIE! Ons speletjiesdag is in die vorm van 'n Sokkertoernooi, waarin die verskillende klasse elk 'n deelnemende land moes uitbeeld en teen die ander klasse moes sokker speel. Dit was net vlae waar jy kyk, en vuvuzelas kon straatblokke ver gehoor word! Buiten die sokker, was daar ook 'n fietsrykompetisie en allerlei speletjies! Wat 'n plesierige dag!! |
 |