Aansoek vir advertensie spasie
Skoolbestuur

NUUSBRIEWE
TEKEN IN


E-Pos

Wagwoord



REGISTREER
 

  

Klik op "Personeel" om te lees hoe ons hoof presteer!!!

My passie is om ‘n verskil in almal se lewens te maak wat my pad kruis. Ek wil my deel doen om kinders voor te berei om hulle roeping te vervul...

Mev. Judy Schraader
Portefeulje: Skoolhoof
Kwalifikasies: 1. HOD: Diploma: 4 jr: Potchefstroom Onderwyskollege. 2. VDO: Onderwyskunde: Begaafde Leerders: OKVO. 3. VDO: Rekenaargesteunde Onderwys: Univ. van Pretoria.
Hoofvakke: Biblioteekkunde en Plant-en Dierkunde.
Ondervinding: 37 jaar.
Onderwysloopbaan: 1. Posvlak 1: 21 jr : Laerskool David Brink. 2. Departmentshoof: Tale: 1 jr: Laerskool Proteapark. 3. Ajunkhoof: 5 jr: Laerskool Proteapark. 4. Skoolhoof: 10 jr.                                               
Bykomende kursusse:
·   Mentoring and coaching
·   Geakkrediteerde assessor
·   Tree op as spreker by verskeie werkswinkels en seminare. 

Mnr. Dave Fensham
Portefeulje: Adjunkhoof.
Kwalifikasies: THOD: Diploma: 4 jr: Goudstad Onderwyskollege.
Hoofvakke:                   
Ondervinding: 33 jaar.
Bykomende kursusse:
·   Mentoring and coaching
·   Geakkrediteerde assessor
 
Buite-kurrikulêr: rugby, krieket, atletiek, swem, opvoedkundige toere, veldskool.

Mnr. Henk Pieterse
Portefeulje: Adjunkhoof.
Kwalifikasies: HOD: Diploma: 4 jr. B Ed Honneurs.
Hoofvakke: Wiskunde, Liggaamlike opvoeding.
Ondervinding: 10 jaar.
Bykomende kursusse:
·   Mentoring and coaching
·   Geakkrediteerde assessor
·    ABET kursus
 
Beheerliggaam portefeulje: Dienste, (Naskoolsentrum, Klerewinkel, Snoepie)
Buite-kurrikulêr: Dissipline, atletiek, krieket, rugby.
 
My passie is om leerders wat aan my toevertrou is, te lei om hulle volle potensiaal te bereik en hulleself te ontdek op alle gebiede. Ook om ‘n fondament te vestig waarop hulle hul pad na volwassenheid kan bou.

Mev. Ina Visser
Portefeulje: Departementshoof:Grondslagfase (Gr. R-1)
Kwalifikasies: THOD: Diploma: 4 jr: Pretoria Onderwyskollege
Hoofvakke: Junior primêr, Klasmusiek en Bybelkunde
Ondervinding: 30 jaar
Bykomende kursusse:
·   Mentoring and coaching
·   Geakkrediteerde assessor
 
Buite-kurrikulêr: blyspele (skrywer en regisseur).
 
My passie is om harmonie en vrede te bewerkstelling in alles waarby ek betrokke mag wees. Ek wil die “LIG” laat skyn deur die waarheid te laat seëvier.

Mev. Pitta Bosman
Portefeulje: Departementshoof: Wiskunde en Wetenskap, Tegnologie
Kwalifikasies: HOD: Diploma : 4 jr.
Hoofvakke: Wiskunde IV; Chemie II, Naaldwerk IV
Ondervinding: 19 jaar
Bykomende kursusse:
·   Mentoring and coaching
·   Geakkrediteerde assessor
·   Behind victims and villains life skills materials
·   Embracing ADD/H
·   Die behandeling van slagoffers van seksuele teistering
 
Buite-kurrikulêr: netbal, tennis, atletiek, dekor van blyspel/revue, leiervoog, prysuitdeling, ererolborde, saalfoto’s, dogtersopleiding, oueraande.
 
My passie is om ‘n verskil in ‘n kind of kinders se lewe te maak. Wiskunde is my groot passie. Ek wil hê kinders moet lief wees vir Wiskunde en dit as ‘n uitdaging ervaar, en nie as ‘n vrees nie. Ek wil ook as Christen kinders na Jesus lei en met dissipline vir hulle die regte pad aanwys.

 

Mev. Alma Louw
Portefeulje: Departementshoof: Tale
Kwalifikasies: HOD: Diploma: 4 jr: NWU.
Hoofvakke: Afrikaans II; Bybelkunde II; Noord Sotho I; Psigologie I
Ondervinding: 13 jaar
Bykomende kursusse:      
·   Redenaars: ATKV
·   Mentoring and coaching
·   Geakkrediteerde assessor
Buite-kurrikulêr: netbal, koor, redenaars, revue.
 
My passie is en was nog altyd om met kinders te werk. Ek wil my kennis en ondervinding deel met die leerders asook kollegas wat ons leerders moet opvoed sodat elke leerder maksimum voordeel daaruit kan trek. Tyd het my geleer dat kinders werklik groei soos mos op ‘n mens se vel, dit is ‘n groot voorreg om die gr. 7-leerders elke jaar gereed te maak vir die hoërskool.

 
Mev. Susan Scholtz
Portefeulje: Departementshoof: Sosiale Wetenskap en Kuns en Kultuur /        Sportadministrasie
Kwalifikasies: HOD: Diploma: 4 jr: NKP
Hoofvakke:             
Ondervinding: 29 jaar
Bykomende kursusse:
·   Mentoring and coaching
·   Geakkrediteerde assessor
 
Buite-kurrikulêr: Alle sportsoorte, veldskool.
 
My passie is om kinders gelukkig te maak sodat hulle gelukkige volwassenes kan word.

 
Mev. Coleen Kruger
Portefeulje: Departementshoof:Grondslagfase (Gr, 2-3)
Kwalifikasies: HOD: Diploma: 4 jr.
Hoofvakke: Engels II en Tswana II
Ondervinding: 20 jaar
Bykomende kursusse:
·     Mentoring and coaching
·     Geakkrediteerde assessor
·     Stimulus Maksima leesonderrig gr. R-12
·     “Touching hearts” Praktiese Berading
·     VOO - RO
 
Buite-kurrikulêr: skoolkoerant, atletiek, kurrikulumontwikkeling, kwartaalprogram, skoolkoerant.
 
My passie is om die kosbaarste van die Here se skepping (die kind), as mens, heel te sien. Deur die inwin van kennis wil ek myself verryk om stukkende mense/ kinders op ‘n pad na heelword te begelei onder leiding en deur inspraak van die Heilige Gees. 
Dis ook my passie om my kennis met kinders te deel sodat hulle met verligte verstand die onbekende toekoms tegemoet kan gaan.
Dis my grootste passie, en ek glo my roeping, om elke kind/mens (veral die seerplekke) bewus te maak van hul unieke plekkie in ons Here se grote skepping.

 

Mev. Anita Roestorf
Portefeulje:  Departementshoof:  EBW
Kwalifikasies: B.Comm (Rek en Wiskunde) HOD nagraads: Diploma: 4 jr.
Hoofvakke: Rekeningkunde                                         
Ondervinding:  20 jaar
Bykomende kursusse
:

Buite-kurrikulêr: IQMS, atletiek, netbal.

My passie is die onderwys, en om skeppend te wees - om met my hande iets te maak, soos handwerk en naaldwerk.

 

 Mev. Mariëtte Prinsloo

Kwalifikasies: 4 Jaar HOD te Onderwyskollege Pretoria.
Verdere diploma in Minimale breindisfunksie
Funksionele terapie
Honneurs en Meestersgraad Praktiese teologie
Besig met PhD in Praktiese teologie
Ondervinding: 26 jaar ondervinding waarvan 24 jaar in spesiale en remediërende onderwys
Bykomende kursusse:
Opgelei in gebare taal, Kursus i.v.m. outisme, SNAP kursus,
Mentorskursus NW Universiteit
Buitekurrikulêre: Bybelvasvra
Landsdiens
Voorsitter – Inclusive Forum
Funksionele terapeut
Voorsitter van die ILST
Passie: Ek wil graag aan elke leerder wat my pad kruis die geleentheid gee om te leer, daarby wil ek hulle help om die beste van elk geleentheid te maak . Ek wil hulle help om te ontwikkel met die besef dat ons elkeen ©° spesiale talent het wat ons moet ontdek en ontgin. Hulle moet ook leer dat ons voor God gelyk is en nie een beter is as die ander nie.


Mev. Marlena Joubert
Portefeulje: Departementshoof: Inligtingsvaardighede
Kwalifikasies: 1. BA Bibl: PU vir CHO. 2. HOD: Diploma: Nagraads: Universiteit van Pretoria.
Hoofvakke: Inligtingkunde, Biblioteekkunde, Bybelkunde.
Ondervinding: 19 jaar
Bykomende kursusse:
·      Mentoring and coaching
·     Geakkrediteerde assessor
·      ACE Principal’s course
Beheerliggaam portefeulje: Sekretaresse
Buite-kurrikulêr: Mediasentrum, verryking, olimpiades, Bybelvasvra, PP-skrywes, webblad, Algemene Kennis vasvra. 
My passie is..... kinders natuurlik! Om in elke kind met wie ek te doen kry, se hart ‘n saadjie te plant wat hom meer en meer laat glo in sy/haar vermoëns soos hulle dit van die Here ontvang het.

 
Mev. Erika Mentz
Portefeulje: Hoof van Parkieland kleuterskool (Gr. R)
Kwalifikasies: B. Prim. Ed (Junior primêr): UP
Onderwysloopbaan: Kinderhoekie Kleuterskool / Ring Ting kleuterskool /           Wysneusie satelliet / Parkieland (Gr. R).

Mnr. Koos Steyn
Portefeulje: Sportbestuurder
Kwalifikasies: HOD en verder Diploma in Onderwys.
Hoofvakke: Afrikaans, Sielkunde, Opvoedkunde.
Ondervinding: 30 jaar (afgetrede skoolhoof), 10 jaar as sport- & buitemuurse bestuurder.
Bykomende kursusse:         
·   Onderwysbestuur
·   Jeugweerbaarheid
Buite-kurrikulêr: Gewese provinsiale afrigter en skeidsregter in atletiek, rugby, krieket en gimnastiek.
 
My passie is om met kinders en mense te werk – leerders te begelei en af te rig tot verwesenliking van hulle volle potensiaal.

Tel: (014) 533 2080/1 | Faks: (014) 533 2522 | epos: lsprotea@mweb.co.za | www.lsproteapark.co.za