SCIENCE EXPO
Organiseerder: mev. Pitta Bosman. Sel. 082 850 0221.
Laerskool Proteapark is sommer baie trots op hulle kranige wetenskaplikes! Vier Parkies het vanjaar deurgedring na die nasionale rondte van die Eskom Science Expo vir Jong Wetenskaplikes wat op 5-8 Oktober 2011 in Boksburg gehou is. Twee leerders het toekennings ontvang: Mark Dodkins (graad 5) het met sy projek: "Parkies Tafels" 'n GOUE medalje verwerf, en Heinrich Geyer (gr. 7) se projek "Rescue Babies" het aan hom 'n BRONS medalje besorg. Baie geluk!
SIEN NOG FOTO'S ONDER FOTOGALERY BO-AAN WEBBLADSY.

Tydens die Distriksuitdunne van vanjaar se Science Expo op 19 Augustus, het ons leerders puik gevaar. Vyf van hulle het deurgedring van die Nasionale ESKOM Ekspo vir Jong Wetenskaplikes plaasgevind het te Boksburg gedurende Oktobermaand. Baie geluk aan:
Anel Kruger (Spray Away). Heinrich Geyer (Can a nappy save a baby?), Sally Breytenbach (Mixing colour with light), Mark Dodkins (Parkies Tafels). Sally het ook die toekenning verower vir die Beste Dogtersprojek! |
|
.jpg) |
.jpg) |
.jpg) |
.jpg) |
.jpg) |
|