RUGBY:
WYNAND OLIVIER VERRAS DIE PARKIES!
Die Parkies sit so stil soos muise. Almal hou asem op vir die “groot verrassing” wat belowe is… En toe, wie stap by die skoolsaal in? Niemand anders nie as SA se kampioen binne-senter en Blou Bulspeler: Wynand Olivier. Met ‘n luide gejuig word hierdie top rugbyspeler by Laerskool Proteapark verwelkom.
Die rugbyseuns luister aandagtig na wat Wynand te sê het toe hy vertel hoe hy as rugbyspeler begin het en soms nie gekies is vir ‘n span nie. Dit het hom egter nie ondergekry nie – hy het net aangehou en aangehou, en sy doel bereik deur vas te byt en hard te werk. Foto’s is daarna saam met elke rugbyspan van die skool geneem.
Dit was voorwaar vir elke leerder ‘n groot belewenis om so ‘n formidabele held in lewende lywe te sien en hand te skud. Wynand laat Parkieharte voorwaar warm klop!!

Marno Grobler, kaptein van die eerste span, oorhandig 'n geskenkpak aan Wynand.
.jpg)
Wynand saam met die 0/11A rugbyspan.

Organiseerder: Mnr. Petri Schraader, sel. 082 446 1280.
AFRIGTERS:
| o/13A |
Koos Steyn / Louis Kearney / Dave Fensham |
| o/13B |
Koos Steyn / Louis Kearney / Dave Fensham |
| o/11A |
Hannes Opperman / Francois van Staden |
| o/10A |
Neels van Zyl / Bernhardt Deysel |
| o/9A |
Petri Schraader / Henk Pieterse / Luan Opperman |
| o/9B |
Petri Schraader / Henk Pieterse / Luan Opperman |