REDENAARS:
JUNIORS: Mev. Maryna van Jaarsveld, sel. 082 773 2055.
SENIORS: Mev. Maureen van Wyk, (014) 533 2481. en mev. Alma Louw, sel. 084 500 1395.
ATKV-REDENAARS
Baie geluk aan Zack Labuschagne (gr. 5) en Wikus Doubell (gr. 7) wat deurgedring ht na die volgende rondte. Ons is baie trots op julle!!
RADIKALE REDENAARS In Rustenburg op 16, 17 en 18 Augustus 2012. Enige leerder kan deelneem. Ons skool is weer een van die gasheerskole.
GRAAD-REDENAARS: Vind plaas in die 3de kwartaal.
REDENAARSAANDE: Vind vanaf die tweede kwartaal plaas. Daar word afsonderlike redenaarsaande vir die junior-en seniorleerders gereël. Juniors is gr.1-4 en Seniors gr. 5-7. Die indeling is volgens die ATKV-kategorieë. Aan die einde van die jaar vind 'n algemene redenaarsaand plaas. Die uitslae van die algemene redenaarsaand bepaal wie in aanmerking kom vir die prestasie-toekennings in elke graad. Slegs ATKV-deelname word in berekening gebring. Ander redenaarkompetisies in die dorp of streek is slegs vir blootstelling. Datums vir die onderskeie aande word op die kwartaalprogram aangedui.
In Graad 5 - 7 gebruik ons bogenoemde temas vir die eerste kwartaal se mondelinge assesseringspunt op die rapport. Sodoende kry elke leerder die geleentheid om gekies te word vir die ATKV - uitdunne asook vir ons skool
se interne Redenaarskompetisie later die jaar. Berei dus deeglik, reg en betyds voor.