Aansoek vir advertensie spasie
Parkieland Gr.R

NUUSBRIEWE
TEKEN IN


E-Pos

Wagwoord



REGISTREER
 

 

Ons spog met 5 splinternuwe klaskamers wat deur Impala geborg is! Ons het aan die begin van die derde kwartaal 2010 ingetrek...  
   

 

GRAAD R : VOORSKOOLSE KLAS : PARKIELAND

a.      Die voorskoolse klasse (graad R) is amptelik deel van die skool.

b.      Die Beheerliggaam is tans verantwoordelik vir die instandhouding, personeel ens.  Ons ontvang geen subsidie van die staat nie.

c.      Parkieland sal presies net soos enige graad by die skool funksioneer. Hulle is deel van ons Grondslagfase. Mev. Mentz sal as die graadleier optree.

d.      Slegs voorskoolse kleuters sal by Graad R ingeskryf word.

e.      U kind moet ge mmuniseer wees wanneer hy/sy skool toe kom.

 

SKOOLURE

 

Halfdag : 07:00 TOT 13:30

Naskoolsentrum : Die naskool neem om 13:30 ‘n aanvang tot 17:30. Fooie: doen navraag by kantoor.

 

UITSTAPPIES

U moet die voorgeskrewe departementele vrywaringsvorm vir elke leerder voltooi voordat u kind aan enige opvoedkudige aktiwiteit kan deelneem.

 

OUERAANDE

Een byeenkoms per kwartaal word gehou.  U betrokken-heid sal hoog op prys gestel word.

 

SKOOLBESOEK

 

‘n Register van u kleuter se skoolbesoek word daagliks gehou.  Afwesigheid moet vermy word, sodat u kleuter maats kan maak en elke dag se uitdagings kan geniet.

 

VERJAARSDAE

Kleuters mag hulle verjaardagpartytjie by die skool vier.

Raadpleeg die groep-onderwyseres vroegtydig. Sy sal u raad gee oor geskikte goedkoop eetgoed.

 

REËLS

  • Geen boeties of sussies mag saam skool toe kom nie.
  • Ouers moet asseblief toesien dat kleuters geen speelgoed skool toe bring nie.
  • Indien ‘n kleuter per ongeluk van ons apparaat of speelgoed huis toe neem, vra ons vriendelik dat u dit vir ons terugbesorg.
  •  Kleredrag : Kleuters moet asseblief gemaklike selfhelp klere aantrek.  Moet nie kleuters se spel strem deur nuwe of onnodig deftige klere aan te trek nie. Die personeel aanvaar geen verantwoordelikheid as daar verf, gom en ander vlekke op die kleuters se klere kom nie. U kan nie verwag dat u kleuter gelukkig moet wees, speel en sy omgewing ontdek, maar terselfdertyd skoon bly nie. Kaalvoete is slim voete.
  • Die skool neem nie verantwoordelikheid indien iets van die kleuter sou wegraak nie.
  • Merk asseblief al u kind se klere baie duidelik.
  • Siektes: Kinders wat sleg hoes of verkoue het, of enige toestand van infeksie het, moet asseblief tuis gehou word.  As enige medisyne by die skool gegee moet word, skryf asseblief sy/haar naam duidelik op die medisynebottel of -houer met die nodige instruksies.  Die medisyne moet deur ‘n ouer aan die personeellid oorhandig word en nie aan die kleuter gegee word nie. ‘n Kind wat aan ‘n aansteeklike siekte ly, moet tuis gehou word totdat die toestand nie meer aansteeklik is nie.
  • Funksies : U ondersteuning word gevra met alle funksies by die skool. Fondse word gebruik om kapitale projekte te finansier.
  • Aflaai van kleuters : Ouers moet die kleuters tot by hulle lokale bring en die kleuters afgee aan die onderwyseres.  Onder geen omstandighede mag kleuters buite afgelaai word en alleen ingestuur word nie.  Dieselfde reël geld vir die middae. Indien ‘n kleuter deur ‘n vreemde persoon gehaal word, moet u ons vooraf in kennis stel.  Geen kleuter kan sonder toestemming van ouers of voog aan ‘n onbekende afgegee word nie.  ‘n Saamry-klub mag wel gestig word, maar skriftelike toestemming moet aan die skool gegee word.

                                               

Tel: (014) 533 2080/1 | Faks: (014) 533 2522 | epos: lsprotea@mweb.co.za | www.lsproteapark.co.za