Aansoek vir advertensie spasie
Oud Parkies presteer

NUUSBRIEWE
TEKEN IN


E-Pos

Wagwoord



REGISTREER
 

Sunette Viljoen

Sy het 'n afstand van 68,38m in spiesgooi vir vroue tydens die Wêreld Atletiekkampioenskappe 2011 in Daegu behaal en terselfdertyd 'n nuwe Afrika- en Suid-Afrikaanse rekord opgestel. Haar afstand van 68,38m het haar ook die bronsmedalje besorg – een van slegs vier wat die Suid-Afrikaanse span kon inpalm.

Op Woensdag, 13 Oktober is Sunette deur Laerskool Proteapark - haar Alma Mater -  vereer. Sy het 'n GOUE MEDALJE verower in spiesgooi tydens die Statebondspele in New Delhi, Indië. Baie geluk! Ons is trots op ons Oud-Parkie!

Sy is ook aangewys as die 2011 SA Spiesgooikampioen!

Sunette spog met haar goue medalje!

Mev. Judy Schraader wens vir Sunette geluk.

Sunette spreek die Parkies toe.

Sunette saam met die hoof, haar ma en seuntjie.

 

PROFIEL

PERSOONLIKE BESTE: 66.38 op 14 Junie 2010

WêRELDRANGLYS:

  • Vroue-atleet: 100ste
  • Speisgooier: 5de

* Afrika Kampioenskappe: x2 GOUD, x1 SILWER

* All-Africa Games: x2 BRONS

* Huidige AFRIKA-KAMPIOEN in spiesgooi.

  

Daniel Malan het keuring geslaag en toelating gekry tot die Sharks Rugby Akademie vir 2012 tot 2014. Daniel is gekeur ná sy deelname vir die Luiperds O/19 span in 2011. Uit ‘n totaal van oor die 300 aansoeke nasionaal en internasionaal is net 90 studente gekeur. Daniel gaan bo en behalwe die rugbyvaardighede by die Akademie ook BComm Bemarking studeer.

In gesprek met van die Senior Shark spelers by die verwelkomings- onthaal.  

 

 

Saam sy ma Dr Cornel Malan, by Mr Price Kingspark op 26 Jan 2012.

 

 

 

 

 

 

Tel: (014) 533 2080/1 | Faks: (014) 533 2522 | epos: lsprotea@mweb.co.za | www.lsproteapark.co.za