|
|
|
Opvoedkundige uitstappies
|
 |
|
|
 |
|
LAERSKOOL PROTEAPARK: BELEID: OPVOEDKUNDIGE UITSTAPPIES
Hierdie beleid onderskryf ons skool se visie en missie.
1. Doel
1.1 Uitkomsgebaseerde onderwys beklemtoon deelnemende en aktiwiteitsgebaseerde onderwys. Opvoedkundige waarde: Die besoekpunte moet korreleer met die Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring se leerprogramme. Integrasie verseker dat leerders die leerareas as verwant en onderling verbind ervaar. Die leerder ontwikkel ondersoekvaardighede en die besoek dra by tot sy leerervaring.
1.2 Die aanleer van selfstandigheid en dissipline buite skoolverband.
1.3 ‘n Verdere doel is dat leerders antwoorde moet kry op direkte vrae van hoe, waarom, wat en waar. Om mense agter die skerms te sien, of aktiwiteite wat met bekende, alledaagse goed verband hou.
1.4 ‘n Uitstappie moet pret en avontuur wees vir leerders.
2. Frekwensie
2.1 Drie tot vier opvoedkundige uitstappies of aanbiedinge per jaar per graad word aanbeveel.
3. Kleredrag:
3.1 Korrekte Parkiedrag of voorgeskrewe skooldrag.
4. Kostes:
4.1 Busvervoer en toegangsgeld bereken en deur aantal leerders verdeel.
5. Vervoer
Hoofsaaklik word van ‘n erkende vervoermaatskappy se dienste en / of die skoolbussie gebruik gemaak.
6. Befondsing
Kostes word hoofsaaklik van die ouers verhaal soos bereken met die verskillende kwotasies. Indien leerders finansiële probleme het, word daar aansoek gedoen by die skool se hulpfonds.
7. Prosedure
7.1 Datum/s van beplande opvoedkundige uitstappies moet op die jaarprogram sowel as die kwartaalprogram aangebring word.
7.2 Genoegsame reëlings moet vooraf met die organisasie wat besoek word, getref word, ten einde die welsyn en gemak van leerders tydens die uitstapppie te verseker.
7.3 Bevestig altyd alle reëlings deur ‘n skriftelike brief, onderteken deur die hoof wat deurgefaks word na die instansie.
7.4 Doen navraag vir ‘n kwotasie van ‘n gerekende vervoermaatskappy se dienste om sodoende die onkostes van die uitstappie te kan uitreken.
7.5 Voltooi ‘n LP 52(a) (aansoekvorm vir georganiseerde aktiwiteite van die Departement) volledig en handig vroegtydig in by die Hoof.
7.6 Stel ‘n brief saam vir die ouers met al die nodige inligting en kostes uiteengesit.
7.7 Register moet gehou word van alle leerders wat die uitstappie meemaak.
7.8 Doen aanvraag vir ‘n volledige lys by die kantoor van alle leerders se ouers se kontakbesonderhede, asook mediese besonderhede.
7.9 Verwittig departementshoofde, asook die kantoor van vertrek - en aankomstye.
7.10 Reël ten minste een personeellid vir elke 25 leerders vir behoorlike toesig.
7.11 Tref alle nodige voorsorgmaatreëls vir die veiligheid van die leerders.
7.12 Tref voorsorg vir die saamneem van ‘n noodhulpsak op elke uitstappie.
7.13 Neem foto’s van die verskillende aktiwiteite.
7.14. Reël vir terugvoering in die saal tydens opening deur een van die leerders.
7.15 Verskaf inligting aan die betrokke week se PP-brief, webblad, Kwêvoël en / of plaaslike koerant.
7.16 Voltooi LP 29 A vir die hoof vir die skooljoernaal.
7.17 Voltooi LP 44 A vir kennisname vir die terreinbestuurder.
7.18 Voltooi LP 45 begrotingsvorm wat by die kantoor ingehandig moet word. |
|