Visie en missie
SKOOLLIEDBy skadu’s van berg en wilde boom verrys ‘n skool soos in ‘n droom. |
VISIE
Die skool waar elke kind tel... om binne ‘n waardegedrewe omgewing effektief begelei te word tot selfstandige, gebalanseerde leerders.
MISSIE
Laerskool Proteapark stel ten doel om:
- ONDERRIG EN LEER optimaal te laat plaasvind binne ‘n veilige, goed toegeruste en volhoubare omgewing met behulp van alle rolspelers.
- LEERDERS bloot te stel aan ‘n verskeidenheid van uitnemende akademiese-, sport- en kultuuraktiwiteite.
- PERSONEEL te bemagtig deur professionele ontwikkeling en emosionele ondersteuning.
- OUERS ingelig, betrokke en tevrede te hou.