Oor Ons
Parkies . . . . . die skool waar elke kind tel!!
- Waar die lewe as 'n uitdaging bekendgestel word, vol avontuur en die moed om dit te waag en aan te gryp
- Waar stimulerende geleenthede, kennis en vaardighede wag om in 'n lewe vol beloftes ontdek te word
- Waar begeleiding met passie en empatie voorsien word om die lewenslegkaart stukkie vir stukkie aan te pak en met durf en vreugde te bou
- Waar die soete smaak van sukses waardeer en ontdek word
Uit bogenoemde boustene verrys só 'n skool, soos in 'n droom ..... in die skadu van groteske berge, langs wilde bome en waar die protea blom! Soos ons land se simbool, groei en klim elkeen met hoopvolle oë na Bo, ons enigste, erkende Bron, terwyl ons biddend, met geloof en hoop saam op die lewensbaan volhard om ons roeping te vervul!
Dit is ons skool . . . . . . . . . . . PROTEAPARK !