|
|
|
Olimpiades
|
 |
|
|
 |
|
|
OLIMPIADES:
Koordineerder: Mev. Marlena Joubert. Sel. 074 1100 214.
- ABSA Wêreldkennis Olimpiade vir gr. 6 & 7-leerders.
- Olympiade Academica vir gr. 4-7-leerders.
OLYMPIADE ACADEMICA:
1. Leerders skryf slegs dié vakke waarvoor hulle ingeskryf het (Vakke wat elkeen skryf is opgeplak op die kennisgewingbord by die aantreepunt en mediasentrum)
2. Vraestelle word in die middae ná skool geskryf en duur ±40 minute per vak.
3. Leerders kom in die mediasentrum bymekaar.
4. Geen leerder word verskoon nie, en deelnemers moet vroegtydig reëlings tref vir vervoer, en om verskoon te word by ander buitemuurse aktiwiteite. Die skool betaal per kind per vraestel, en indien die leerder nie ‘n vraestel skryf nie, sal hy/sy verantwoordelik gehou word vir die koste verbonde daaraan.
VERDERE INLIGTING:
• Leerders mag woordeboeke, handboeke, sakrekenaars en bronmateriaal van hulle eie keuse saambring om te raadpleeg tydens die eksamen.
• Elke vraestel bestaan uit 25 of 50 veelkeusige vrae (“Monkey puzzle”)
• AFRIKAANS en ENGELS toets leesbegrip, woordeskat, taal en spelling.
• AFRIKAANS SPELLING toets slegs spelling.
• WETENSKAP, AARDRYKSKUNDE EN GESKIEDENIS vereis begrip en redenering; en ‘n redelike kennis van die vak se vaardighede.
• WISKUNDE bevat berekeninge en probleme wat leerders aanspoor om logies te dink en te redeneer. Sakrekenaars mag gebruik word.
• REKENAARSTUDIES: leerders moet ‘n basiese kennis hê van Microsoft Word en Microsoft Excel.
ABSA WÊRELDKENNIS OLIMPIADE:
Word gedurende Meimaand geskryf.
|
LAERSKOOL PROTEAPARK: OLIMPIADEBELEID
1.DOELSTELLINGS
Dit bied aan die leerders die kans om hulle vaardighede en kennis te toets, hulle selfvertroue op te bou, probleme op te los, kreatief te dink en logies te redeneer.
2.ORGANISASIE
Die organiseerder word jaarliks deur die hoof aangewys.
Die skool betaal vir die leerders, tensy die leerder versuim om die vak waarvoor hy ingeskryf het te skryf, dan is die leerder verantwoordelik om die geld aan die skool terug te betaal.
Word gewoonlik in Septembermaand geskryf.
3.SOORTE OLIMPIADES
Wêreldkennis Olimpiade
Vraestelle word aan ons gestuur
Veelkeusige vrae
Dit is algemene kennis vrae, leerders moet dus baie nuus kyk en koerante lees
Slegs Gr. 6 & 7 leerders is betrokke
Leerders skryf self in, maar daar word voorgestel dat slegs leerders met ‘n gemiddeld van 75% en hoër, moet deelneem.
Word gewoonlik in Mei maand geskryf
Olimpiade Academica
Vraestelle word aan ons gestuur
Veelkeusige vrae
Uitslae word aan die skool gepos op sertifikate. Persentasies met diamant, platinum, goud, silwer en brons weord aangedui.
Vraestelle is op U.G.O. metode van opvoedkunde gebasseer
Die volgende vakke word geskryf: Afrikaans ( 1ste Taal), Engels (2de Taal), Afrikaans spelling, Wiskunde, Algemene Wetenskap, Geskiedenis, Aardrykskunde, Algemene Kennis en Rekenaarstudie.
4. DEELNAME
Leerders word geidentifiseer deur fasiliteerders, maar hulle word ook toegelaat om self in te skryf en ook vir die leerareas van hul keuse. |
|