PP 40/2011, 1 Desember 2011GOEIE WENSE: Namens die Beheerliggaam en Skoolbestuur sê ons baie dankie aan al die leerders, ouers en onderwysers vir wonderlike samewerking hierdie jaar! Ons groet juff. Darene Vorster en Chantel van Wyk, en wens hulle sterkte toe met hulle loopbane. Spesiale wense ook aan al die graad 7’s vir ‘n suksesvolle Hoërskoolloopbaan. Mag julle altyd in julle harte lojale Parkies bly! ‘n Geseënde Kerstyd word u almal toegewens. Sien u weer in 2012.
VORDERINGSVERSLAE: Graad 1-3 word uitgedeel op Donderdag 8 Desember. Graad 4-7 word uitgedeel op Vrydag, 9 Desember 2011 vanaf 07:00-09:00.
Alle herregistrasievorms moet op Vrydag, 2 Desember 2011 ingehandig wees.
100% SKOOLBESOEK-sertifikate word uitgedeel op Vrydag, 2 Desember 2011.
2012 Skoolgeld: Die finansiële kantoor sal vóór die skool in Januarie begin, reeds oop wees vir betalings op die volgende dae:
Donderdag, 12 Januarie 2012: 09:00-13:00
Vrydag, 13 Januarie 2012: 09:00-13:00
Maandag, 16 Januarie 2012
Dinsdag, 17 Januarie 2012.
FOOIE VIR JANUARIEMAAND
Gr. R: R900
Gr. 1-7: R850
Graad 7’s wat WISSELTROFEES ontvang het, moet dit asb. voor die skool sluit terugbring vir Juf. Susan.
LEERDERS WAT VERHUIS: leerders van gr. R tot 6 wat aan die einde van die jaar die skool gaan verlaat, se ouers moet asseblief oorplasingskaarte by die administratiewe kantoor aanvra.
NASKOOLSENTRUM: SLUIT VRYDAG, 9 DESEMBER 2011 OM 10:00 VIR DIE DESEMBERVAKANSIE.
GRATIS: 2 Swart katjies, 7 weke oud. Skakel mev. Nienaber: 079 524 4709.