PP 3/2011, 2 Februarie 2012JESUSFEES: Sondag, 12 Februarie 2012, om 16:30 in die skool se vierkant. Oom Karolus en Lente tree op, asook ons eie Parkies! Verversings te koop. Toegang is gratis, bring net asb. blikkieskos en ander voorraad saam vir ons skool se Krummeltjiekosprojek. ‘n Lofoffer gaan opgeneem word.
Jesusfees T-hemde mag elke Vrydag deur die leerders skool toe gedra word tot 10 Februarie 2012. TE KOOP BY JUF. DEBBIE @ R60 VIR KINDERS en R70 VIR VOLWASSENES.
GHOLFDAG 2012: Donderdag, 15 Maart 2012: Weer eens geborg deur Leon’s Motors. Baie dankie aan die ouers wat ons reeds ondersteun het, en nog gaan ondersteun!!
U kan betrokke raak op die volgende wyses:
* Borg van Putjie: R1800
* Borg van Bof: R2000
* Vierbal-inskrywing: R2000
* Borg van Putjie en Vierbal: R3600
* Donasies of R100 ouerbydrae
Bespreek nou ... betaal later ...
Goeie bemarkingsgeleentheid vir u besigheid
Groot pryse te wen, o.a. ‘n motor!
Baie sterkte aan die volgende SWEMMERS wat ons skool Vrydag en Saterdag by die Skole-kampioenskappe gaan verteenwoordig:
Calvin Adlem
Kevin Adlem
Jana Coetzé
Nic Dreyer
Daleen Groenewald
Lize Kruger
Justin Magee
Etiene Malan
Lané Swanepoel
Luwy Swanepoel
Diandra van der Walt
Renzia van der Walt
SKAAKOEFENING vind van nou af plaas om 13:15 -14:15 op Woensdae.
A.g.v. toename in leerdergetalle, moes bykomende HANDBOEKE bestel word. Ouers moet asb. geduldig wees - leerders sal handboeke ontvang sodra dit arriveer.
LANDSDIENS: Vrydag, 3 Februarie, 13:00-14:00. Ons skop af met ons eerste “Herwinning-uit-niks”-projek! Kom neem deel, en maak iets moois vir jou huis! Bring saam: 4 leë koeldrankbottels (500ml of 1 liter of 2 liter) en ’n skêr. Kom kamp saam!! Ons eerste Bundukamp is op 10-12 Februarie. Koste: R200. NAVRAE: mev. Annette Minnie.
ELKE OUER VAN DIE SKOOL IS 'N LID VAN DIE OOV! Baie dankie aan al die Mammas wat so getrou kom help het met die verkope verlede week! Julle weet wie julle is … As gevolg van die reën was alles effe deurmekaar, en het ek nie elkeen van die 3 kere se name gekry nie - en ek wil niemand uitlaat nie! Julle maak ‘n WENSPAN!! Groete, Annelize Coetzé. OOV-vergadering: Dinsdag, 7 Februarie om 17:30 in die personeelkamer. Sien jou daar!
Ouers word uitgenooi om betrokke te raak by een van die volgende OUERKOMITEES in die skool. Skakel met sameroepers.
1. OOV: kosverkope by funksies. (Annelize Coetzé, 083 384 0726)
2. Koinonia-komitee: sien om na die welstand van ons leerders, ouers en onderwysers. (Sharryn Hatton-Jones, 082 788 9805)
3. Shalomkomitee: reël Jesusfees en ouer-gebedsgroep (Hettie van der Walt, 082 452 9335)
4. Sportkomitee (Marius Oosthuizen, 082 447 0981)
5. Komitee vir geboue en terrein (Bruno Carriero, 082 452 9335)
6. Besigheidsklub: kapitale projekte, o.a. Gholfdag (Deon Kruger, 082 565 0053)
Ingesluit by die PP-brief wat huis toe gestuur is, is ‘n GRAAD 5-7 OUERAAND-BRIEFIE. Indien u nie die oueraand by-gewoon het nie, en enige spesiale behoeftes of ander inligting i.v.m. u gr. 5-7-kind onder onderwysers se aandag wil bring, vul dit asb. in op die briefie en stuur terug aan die voog.
SKOOLROKKE in verskillende groottes nou beskikbaar in die klerewinkel op die skoolterrein. GRAAD 4-7’S MOENIE MEER PARKIEDRAG SKOOL TOE AANTREK NIE ASSEBLIEF!
Die seuns dra grys skoolklere, en die dogters skoolrokke. Seuns dra grys skoolkouse saam met swart skoolskoene, en dogters kort blou skoolsokkies (of kaalvoet).
NETBAL o/9 DOGTERS: Nie-atlete oefen reeds op Maandae, Dinsdae en Donderdae: 13:15-14:00. Bring eie balle saam.
SAAMRYGELEENTHEDE GESOEK:
1. Rooihoutlaan 7, Protea Park. (Naby Mega Supermark). Gr. 1-leerder. Skakel: Jolene, 074 963 7000. Sal petrolgeld bydra.
2. Pendoringlaan. Graad 2 en 3 seun. Skakel: Wilma du Plessis 072 433 8536.
OPVOEDKUNDIGE VERTONING: “Hoe diere hulleself beskerm.” R13 per leerder. Betaal in by voogonderwyser. GRAAD 4-7: Donderdag, 23 Februarie 2012 en Graad 1-3: Vrydag, 23 Maart 2012.
.jpg)