Aansoek vir advertensie spasie
OOREENKOMSVORM : SKOOLGELD

NUUSBRIEWE
TEKEN IN


E-Pos

Wagwoord



REGISTREER
 

EPOS JOU OOREENKOMSVORM DEUR DIE GEBRUIK VAN DIE VOLGENDE VORM:
PROTEAPARK NASKOOLSENTRUM
 
PERSOONLIKE INLIGTING
'n Afsonderlike vorm moet vir elke leerder ingevul word.
 
1. BESONDERHEDE VAN LEERDER:
 
Volle Name en Van:
Graad: Geboortedatum:
Enige allergieë / mediese afwyking:
 
2. HUISDOKTER:
 
Naam: Tel no.:
Adres:
 
3. BESONDERHEDE VAN OUER / VOOG:
 
Vader / Voog (Volle Name en Van):
Tel no.: Huis: Selfoon:
Moeder (Volle Name en Van):
Tel no.: Huis: Selfoon:

 
4. FAMILIE / VRIENDE WIE GEKONTAK KAN WORD INDIEN OUERS NIE BESKIKBAAR IS NIE:
 
Volle Name en Van:
Adres:
Tel no.:
 
5. BESONDERHEDE RAKENDE ALTERNATIEWE VERANTWOORDELIKE PERSOON WIE LEERDERS MOONTLIK SAL AFHAAL:
 
Volle Name en Van:
Adres:
Tel no.:
 
LAERSKOOL PROTEPARK
 
VOORWAARDES EN REëLS
 
Ek/Ons, die ondergetekendes,
Vader Identiteitsnommer
Moeder Identiteitsnommer
(hierna die Ouer genoem)
as ouer en voog van:
1. 2.
3. 4.
(hierna die Kind genoem)
 
doen hiermee aansoek om toelating van die Kind tot die Proteapark Naskoolsentrum (hierna die Sentrum genoem) onderhewig en onderworpe aan die voorwaardes en reëls hieronder uiteengesit:
 
1. FOOIE
 
1.1. Registrasiefooi is betaalbaar in die begin van die jaar of wanneer leerder inskryf en daarna die maandelikse fooi vir 11 maande (Jan - Nov). Tydelike kinders kan geakkommodeer word teen `n dagfooi wat vooruit betaalbaar is.
 
1.2 Mag verhoog word deur die Sentrum deur die gee van 1 (Een) kalendermaand vooraf skriftelike kennisgewing aan die Ouer.
 
1.3 Is ten volle betaalbaar hetsy die Kind die Sentrum bywoon al dan nie en totdat die bywoning van die Kind wettiglik gekanselleer is, soos hierin voorsiening gemaak.
 
1.4 Is vooruitbetaalbaar by die Proteapark skoolkantoor of per tjek uitgemaak aan PROTEAPARK NASKOOLSENTRUM voor die 7de van elke maand.
 
1.5 Enige agterstallige bedrae sal rente dra teen prima bankkoers plus 6% en ingeval sodanige agterstallige gelde verhaal moet word sal die Ouer ook aanspreeklik wees vir die betaling van alle regskostes insluitende kostes op 'n prokureur / kliënt skaal.
1.6 Slegs naskoolouers mag n hekkontrole aanskaf vir die toegangshekkie langs die tennisbane. Navrae oor koste : Finansiële Admin. Kantoor
 
 
2. TYE:
 
2.1 Die Sentrum sal bedryf word gedurende skooltermyne vanaf 13h30 tot 17h30.
 
2.2 Die tye tydens skoolvakansies is vanaf 07h00 tot 17h30.
 
2.3 Die sentrum sal gesluit wees tydens die Desember skoolvakansies.
 
2.4 'n Boete ten bedrae van R50.00 (Vyftig Rand) per kwartuur of gedeelte daarvan sal onmiddellik betaalbaar wees indien die Ouer versuim om die Kind by die Sentrum af te haal voor 17h30 op enige dag.
 
2.5 Verpligte tye vir tuiswerk / studie sal gedurende skooltermyne onder toesig van gekwalifiseerde onderwysers indien moontlik gehandhaaf word, vanaf 14h15 tot 15h45. Voorsiening word gemaak vir leerders wat aan sport en/of kultuuraktiwiteite deelneem.
 
2.6 Openbare vakansiedae is ten volle betaalbaar alhoewel die Sentrum gesluit sal wees op daardie dae.
 
 
3. VOEDING
 
3.1 Ouers is self verantwoordelik vir kos.
 
3.2 Reëlings kan getref word met Mnr Nico Vermeulen of die snoepie. Mnr. N. Vermeulen, Sel no. 072 729 7093. Ouers kan ook self vir die leerders kos inpak.
 
3.3 Leerders sal vanaf 13:30 tot 14:10 elke middag geleentheid gegee word om te eet onder toesig by die Naskoolsentrum.
 
 
4. TOESIG
 
4.1 Die Ouer/Ouers onderneem om voor 08h30 te skakel indien die Kind nie die betrokke dag die Sentrum sal bywoon nie.
 
4.2 Die Ouer onderneem om nie die Kind van die Sentrum te verwyder of om toe te laat om die sentrumterrein te verlaat alvorens die aftekenregister wat daagliks deur die Ouer onderteken moet word, nie geteken is nie.
 
4.3 Ingeval van siekte is die Ouer verantwoordelik om die Sentrum in kennis te stel van hoe lank die kind afwesig sal wees.
 
4.4 Geen kind mag van die Sentrum afgehaal word deur enige persoon behalwe die Ouers tensy die Ouer die Sentrum skriftelik in kennis gestel het van die naam en adres van die betrokke persoon wat die Kind sal afhaal. Sodanige skriftelike toestemming moet die proefhandtekening bevat van die persoon wat die kind mag afhaal en die Sentrum mag bewys van identiteit van sodanige persoon versoek indien hul dit nodig ag. Indien alternatiewe reëlings met die kind getref word om Kinderkrans toe te gaan of 'n partytie by te woon moet die Naskoolsentrumpersoneel skriftelik in kennis gestel word.
 
4.5 Geen telefoniese toestemming met betrekking tot die afhaal van die Kind of die verlaat van die terrein deur die Kind, sal toegelaat word tensy die Ouer skriftelik so 'n reëling met die sentrum gemaak het nie.
 
4.6 Die Ouer magtig hiermee vir Laerskool Proteapark en die Sentrum onherroepelik om die Kind op sodanige uitstappies te neem as wat die personeel van die Sentrum van tyd tot tyd mag goeddink.
 
4.7 PROTEPARK NASKOOLSENTRUM IS NIE VERANTWOORDELIK AS NASKOOLSENTRUMLEERLINGE DIE SKOOLTERREIN SONDER TOESTEMMING VERLAAT NIE.
 
4.8 Die Sentrum en sy personeel sal poog om na hul beste vermoë alle voorsorg te tref teen beserings, ongelukke of siektes van welke aard ook al hetsy by die Sentrumterrein of tydens uitstappies.
Die Ouer vrywaar egter hiermee namens die Ouer , regsverkrygendes, sy erfgename en eksekuteurs en die Kind vir die Laerskool Proteapark, die Sentrum, hul beamptes en werknemers teen, en onthef en stel hul hiermee vry van enige aanspreeklikheid vir en ten opsigte van enige skade van watter aard ookal en enige regsuitgawes of kostes wat mag voortspruit uit enige eis as gevolg van die dood van, of siekte of besering wat deur die Kind opgedoen mag word tydens die Kind se bywoning van die Sentrum of enige uitstappies wat daarmee gepaard gaan.
 
 
5. TOESTEMMING
 
5.1 Die Ouer dra hiermee sy magte as Ouer / Voog oor aan die Sentrum met betrekking tot enige mediese behandeling van welke aard ookal wat vir die kind mag nodig wees in die Sentrum se absolute en eie diskresie.
 
5.2 Die ouer bevestig hiermee behalwe soos vervat in die persoonlike besonderhede hierby aangeheg, die Kind nie enige allergieë, geneigdheid tot abnormale bloeding of gesondheidsafwykings van enige aard het nie.
 
5.3 Die Ouer onderneem om op aanvraag alle medies rekeninge en hospitaalrekeninge van welke aard ookal te betaal ingeval enige mediese versorging van die Kind nodig mag blyk soos hierintevore vermeld.
 
 
6. PERSOONLIKE BESITTINGS
 
6.1 Alle besittings en klere moet deeglik gemerk word.
 
6.2 Geen aanspreeklikheid van welke aard ookal word aanvaar vir die verlies, beskadiging of vernietiging van enige persoonlike besittings nie wat ookal die oorsaak van sodanige skade mag wees nie.
 
6.3 Die Ouer sal die Kind voorsien van speelklere ten einde die Kind se skoolklere smiddae te beskerm. T-hempies is ook beskikbaar by klerewinkel.
 
 
7. ALGEMEEN
 
7.1 Die Ouer bevestig dat die bestuur van die Sentrum van tyd tot tyd dit nodig mag vind om sekere addisionele reëls en regulasies tot hierdie dokument uit te reik in hulle absolute en eie diskresie.
 
7.2 Die Ouer waarborg en onderneem om enige skade van welke aard ookal wat deur die Kind berokken mag word aan enige eiendom of die persoon van Laerskool Proteapark, die Sentrum, enige personeel of enige ander kind of persoon wat die skoolterrein mag besoek tydens die kind se bywoning by die Sentrum onmiddelik op aanvraag vergoed.
 
 
8. BEËINDIGING
 
8.1 Die voorwaardes en reëls wat hiermee onderteken word (en insgelyks die Kind se bywoning van die Sentrum) mag slegs beëindig word indien:
 
  8.1.1 Die Ouer die Sentrum 1 (Een) kalendermaand voorafgaande skriftelike kennis gee dat die Kind nie meer die Sentrum sal bywoon nie; of
 
  8.1.2 Deur die Sentrum, onmiddellik en sonder kennisgewing indien :
 
1. Die Ouer nie enige gelde hierkragtens betaalbaar stiptelik op die betaaldag betaal nie; of
 
2. Die Ouer of die Kind enige voorwaardes of regulasies hiervan nie stipltelik sou nakom nie; of
 
  8.1.3 deur die Sentrum aan die Ouer 1 (Een) kalendermaand skriftelike kennis gee van voorneme om die Kind die bywoning van die Sentrum te beëindig.
 
 
9. ALGEMENE VOORWAARDES
 
9.1 Die Ouer bevestig dat geen verslapping of uitstel verleen deur die Sentrum aan die Ouer ten opsigte van die nie-nakoming van enige van die bepalings hiervan die Sentrum sal benadeel om sy regte in terme hiervan onmiddellik uit te oefen nie.
 
9.2 Die Ouer bevestig dat hierdie die geheel van die Ooreenkoms tussen die Sentrum en die Ouer is en dat geen wysiging hiervan van krag sal wees tensy dit deur albei partye onderteken is nie.
 
9.3 Die Ouer bevestig dat die inligting gegee op die persoonlike besonderhede hierby aangeheg waar en korrek is in alle opsigte.
 
Ek aanvaar alle vereistes en voorwaardes.
BEGIN WEER STUUR EPOS
Tel: (014) 533 2080/1 | Faks: (014) 533 2522 | epos: lsprotea@mweb.co.za | www.lsproteapark.co.za