|
|
|
Naskoolsentrumbeleid
|
 |
|
|
 |
|
LAERSKOOL PROTEAPARK: NASKOOLSENTRUMBELEID
Die naskoolsentrum stel hom dit ten doel om beskikbaar te wees vir leerders wie se ouers voldag werksaam is en nie behoorlike toesig tuis kan bied nie.Dit is vir die sentrum van kardinale belang om diè sulke leerders te ondersteun en behoorlike toesig, beheer en kontrole daar te stel.
Leerders word die geleentheid gebied om na skool ‘n gesonde maaltyd te geniet, buitemuurse aktiwiteite by te woon, huiswerk te doen tydens ‘n studiesessie en sosiaal met maats te verkeer.
Die sentrum is nie op wins ingestel nie en stel hom ten doel om ‘n diens te lewer. ‘n Kontrakvorm met persoonlike gegewens van elke leerder, asook alle inligting word deur die ouers geteken en op leêr geplaas.
1.FOOIE
1.1 Die fooie per leerder beloop ‘n vasgestelde bedrag soos deur die Beheerliggaam bepaal en word jaarliks aangepas. Die bedrag word op ‘n glyskaal per kind bedryf en is effektief vir elf maande van karg. Hierdie bedrag is vooruitbetaalbaar. Hierdie glyskaal sal egter van toepassing wees indien skoolgelde elke maand tot op datum
betaal is.
1.2 Mag verhoog word deur die sentrum deur die gee van 1 (Een) kalendermaand vooraf skriftelike kennisgewinf aan die ouer.
1.3 Is ten volle betaalbaar hetsy die kind die sentrum bywoon al dan nie en totdat die bywoning van die kind wettiglik gekanselleer is, soos hierin voorsiening gemaak.
1.4 Is vooruitbetaalbaar by Proteapark skoolkantoor / naskoolkantoor of per tjek uitgemaak aan PROTEAPARK NASKOOLSENTRUM voor die 7de dag van elke maand.
1.5 Enige agterstallige bedrae sal rente dra teen prima bankkoers plus 6% en ingeval sodanige agterstallige gelde verhaal moet word sal die ouer ook aanspreeklik wees vir die betaling van alle regskostes insluitende kostes op ‘n prokureur / kliënt skaal.
1.6 Die sentrum maak gebruik van opgeleide fasiliteerders waar moontlik, andersins van personeel buite die skool. Die personeel ontvang ‘n vergoeding soos bepaal deur die Beheerliggaam en word jaarliks hersien.
2. TYE
2.1 Die sentrum sal bedryf word gedurende skooltermyne vanaf 13:30 tot 17:30.
2.2 Die tye tydens skoolvakansies is vanaf 07:00 tot 17:30.
2.3 Die sentrum sal gesluit wees tydens die Desember en Junie/Julie skoolvakansies.
2.4 ‘n Boete ten bedrae van R50 per kwartuur of gedeelte daarvan sal onmiddelike betaalbaar wees indien die ouer versuim om die kind by die sentrum af te haal voor 17:30 op enige dag.
2.5 Verpligte tye vir huiswerk / studie sal gedurende skooltermyne onder toesig van gekwalifiseerde onderwysers gehandhaaf word, vanaf 14:00 tot 15:30. L.W. Nie individuele onderrig nie, slegs toesig, beheer en kontrole. Hulp sal wel verleen word. Voorsiening word gemaak vir leerders wat aan sport en / of kultuuraktiwiteite deelneem.
2.6 Openbare vakansiedae is ten volle betaalbaar alhoewel die sentrum gesluit sal wees op daardie dag.
3. VOEDING
3.1 Die sentrum sal daagliks ‘n gebalanseerde ligte maaltyd aan die kind voorsien.
3.2 Slegs middagete word verskaf gedurende die skooltermyn sowel as vakansietye.
3.3 Tensy vermeld in die persoonlike besonderhede hierby aangeheg waarborg die ouer dat die kind nie vir enige voedsel of medikasie allergies is nie.
4. TOESIG
4.1 Die ouer / ouers onderneem om voor 08:30 te skakel indien die kind nie die betrokke dag die sentrum sal bywoon nie.
4.2 Die ouer onderneem om nie die kind van die sentrum te verwyder of om toe te laat om die sentrumterrein te verlaat alvorens die aftekenregister wat daagliks deur die ouer onderteken moet word, nie geteken is nie.
4.3 Ingeval van siekte is die ouer verantwoordelik om die sentrum in kennis te stel van hoe lan k die kind afwesig sal wees.
4.4 Geen kind mag van die entrum afgehaal word deur enige persoon behalwe die ouer tensy die ouer die sentrum skriftelik in kennis gestel het van die naam en adres van die betrokke persoon wat die kind sal afhaal. Sodanige skriftelike toestemming moet die proefhandtekening bevat van die persoon wat die kind mag afhaal en die sentrum mag bewys van identiteit van sodanige persoon versoek indien hul dit nodig ag. Indien alternatiewe reëlings met die kind getref word om Kinderkrans toe te gaan of ‘n partytjie by te woon moet die Naskoolsentrumpersoneel skriftelik in kennis gestel word.
4.5 Geen telefonisasie toestemming met betrekking tot die afhaal van die kind of die verlaat van die terrein deur die kind, sal toegelaat word tensy die ouer skriftelik so ‘n reëing met die sentrum gemaak het nie.
4.6 Die ouer magtig hiermee vir Laerskool Proteapark en die sentrum onherroeplik om die kind op sodanige uitstappies te neem as wat die personeel van die sentrum van die tyd mag goeddink.
4.7 PROTEAPARK NASKOOLSENTRUM IS NIE VERANTWOORDELIK AS NASKOOLSENTRUMLEERLINGE DIE SKOOLTERREIN SONDER TOESTEMMING VERLAAT NIE.
4.8 Die entrum en sy personeel sal poog om na hul beste vermoë alle voorsorg te tref teen beserings, ongelukke of siektes van welke aard ook al hetsy by die sentrumterrien of tydens uitstappies.
Die ouer vrywaar egter hiermee namens die ouer, regsverkrygendes, sy erfgename en eksekuteurs en die kind vir die Laerskool Proteapark , die sentrum, hul beamptes en werknemers teen, en onthef en stel hul hiermee vry vn enige aanspreeklikheid vir en ten opsigte van enige skade van watter aard ookal en enige regsuitgawes of kostes wat mag voortspruit uit enige eis as gevolg van die dood van, of siekte of besering wat deur die kind opgedoen mag word tydens die kind se bywoning van die sentrum of enige uitstappies wat daarmee gepaard gaan.
5. TOESTEMMING
5.1 Die ouer dra hiermee sy magte as ouer / voog oor aan die sentrum met betrekking tot enige mediese behandeling van welke aard ookal wat vir die kind mag nodig wees in die sentrum se absolute en eie diskresie.
5.2 Die ouer bevestig hiermee behalwe soos vervat in die persoonlike besonderhede hierby aangeheg, die kind nie enige allergieë, geniegdheid tot abnormale bloeding of gesondheidsafwykings van enoge aard het nie.
5.3 Die ouer onderneem om op aanvraag alle medies rekeninge en hospitaalrekeninge van welke aard ookal te betaal ingeval enige mediese versorging van die kind nodig mag blyk soos hierintevore vermeld.
6. PERSOONLIKE BESITTINGS
6.1 Alle besittings en klere moet deeglik gemerk word.
6.2 Geen aanspreeklikheid van welke aard ookal word aanvaar vir die verlies, beskadiging of vernietiging van enige persoonlike besittings nie wat ookal die oorsaak van sodaige skade mag wees nie.
6.3 Die ouer sal die kind voorsien van speelklere ten einde die Kind se skoolklere te beskerm.
7. MEDIESE SORG
7.1 Die ouer dra hiermee uitdruklik sy magte as ouer / voog oor aan die sentrum met betrekking tot enige mediese behandeling van welke aard ookal wat vir die kind mag nodig wees tydens bywoning van die sentrum en wel so in die sentrum se absolute en eie diskresie.
7.2 Die ouer onderneem hiermee om die sentrum skriftelik in kennis te stel indien die kind enige medikasie hoegenaamd gebruik. Die ouer onderneem om die sentrum skriftelik in kennis te stel wat die dosering en uitwerking van sodanige medikasie is. Die ouer onderneem om persoonlik toe te sien dat die medikasie aan die betrokke sentrumpersoneellid oorhandig word, welke persooneellid sal toesien dat die verlangde dosis medikasie volgens voorskrif toegedien word.
7.3 Nog die sentrum, nog Laerskool Proteapark sal verantwoorelik wees indien die kind weens verkeerde en / of oordosering van medikasie siek word of sterf indien die ouer versuim om die sentrum skriftelik in kennis te stel dat die kind medikasie gebruik en sodanige medikasie nie aan die betrokke sentrumpersoneellid oorhandig word nie.
7.4 Die ouer bevestig hiermee dat behalwe soos vervat in die personnlike besonderhede hierby aangeheg, die kind nie enige allergieë, geneigdheid tot abnormale bloeding of gesondheidsafwykings van enige aard het nie.
7.5 Die ouer onderneem om die sentrum skriftelik in kennis te stel indien die kind positief toets vir HIV of VIGS. Die sentrum onderneem om sulke inligting slegs op die hoogste vlak van bestuur en dan streng konfidensieël te hanteer.
7.6 Die ouer onderneem om op aanvraag alle mediese en hospitalisasierekeninge van watter aard ookal te betaal ingeval enige mediese versorging van die kind nodig mag blyk soos hierinvorentoe vermeld.
8. ALGEMEEN
8.1 Die ouer bevestig dat die bestuur van die sentrum van tyd tot tyd dit nodig mag vind om sekere addisionele reëls en regulasies tot hierdie dokument uit te reik in hulle absolute en eie diskresie.
8.25 Die ouer waarborg en onderneem om enige skade van welke aard ookal wat deur die kond berokken mag word aan enige eiendom of die persoon van Laerskool Proteapark, die sentrum, enige personeel of enige ander kind of persoon wat die skollterrein mag besoek tydens die kind se bywoning by die sentrum onmiddellik op aanvraag vergoed.
9 BeëINDIGING
9.1 Die voorwaardes en reëls wat hiermee onderteken word ( en insgelyks die kind se bywoning van die sentrum) mag slegs beëindig word indien:
9.1.1 die ouer die sentrum 1 (Een) kalendermaand voorafgaande skriftelike kennis gee dat die kind nie meer die sentrum sal bywoon nie; of
9.1.2 deur die sentrum, onmiddellik en sonder kennisgewing indien:
1. Die ouer nie enige gelde hierkragtens betaalbaar stiptelik op die betaaldag betaal nie; of
2. Die ouer of die kind enige voorwaardes of regulasies hiervan nie stiptelik sou nakom nie; of
9.1.3 deur die sentrum aan die ouer 1(Een) kalendermaand skriftelike kennis gee van voorneme om die kind die bywoning van die sentrum te beëindig.
10. ALGEMENE VOORWAARDES
10.1 Die ouer bevestig dat geen verslapping of uitstel verleen deur die sentrum aan die ouer ten opsigte van die nie - nakoming van enige van die bepalings hiervan die sentrum sal benadeel om sy regte in terme hiervan onmiddellik uit te oefen nie.
10.2 Die ouer bevestig dat hierdie die geheel van die ooreenkoms tussen die sentrum en die ouer is en dat geen wysiging hiervan van krag sal wees tensy dit deur albei partye onderteken is nie.
10.3 Die ouer bevestig dat die inligting gegee op die persoonlike besonderhede hierby aangeheg waar en korrek is in alle opsigte.
11. PLIGSTAAT VAN TOESIGHOUERS
11.1 Toesig by bediening van etes
11.2 Help met opskep van maaltye. Uithou vn kos vir leerders wat by buitemuurse aktiwiteiete betrokke is.
11.3 Waarneem van studietyd: Sluit in:
11.3.1 Afmerk van register
11.3.2 Deeglike kontrole te doen van tuiswerk
11.3.3 Probleemareas te identifiseer
11.3.4 Kontak met klasonderwyser te maak en hulp te verleen ( nie individuele onderrig nie)
11.3.5 Behoorlike toesig en dissipline handhaaf
11.4 Oprium en skoonmaak van toesiglokaal. Alle vensters toe en hekke en deure deeglik gesluit.
11.5 Toesig buite studietye
11.6 Rondtes doen op die terrein en badkamers kontroleer
11.7 Die toesighouer mag onder geen omstandighede die perseel verlaat voordat die laaste leerder afgehaal is nie.
11.8 Onder buitengewone omstandighede bv. Beserings, siekte, ens. Moet ouers in kennis gestel word. Gebruik eie verantwoordelike diskresie in enige noodgeval. |
|