Aansoek vir advertensie spasie
MIV VIGSBELEID

NUUSBRIEWE
TEKEN IN


E-Pos

Wagwoord



REGISTREER
 

LAERSKOOL PROTEAPARK: BELEID: MIV/VIGS

1. INLEIDING

Hierdie beleid oor MIV/VIGS voldoen aan internasionale standaarde oor MIV/VIGS in skole en die skole en die vereistes wat onderwys wetgewing in die verband stel. Die grondwetlike regte van die individu word gewaarborg, nl. die reg tot basiese onderrig, die reg om nie teen gediskrimineer te word nie, die reg op lewe en liggaamlike integriteit, die reg op privaatheid, die reg op toegang tot inligting, die reg op vryheid van denke, godsdiensvryheid, vryheid van geloof en uitdrukking, die reg op vryheid van assosiasie, die reg op ’n veilige omgewing en om die belange van die kind te beskerm sal die volgende beleid , die beleid wees oor MIV /VIGS in die skool.

2. DEFINISIE
“MIV” beteken Menslike Immuniteit Gebrek Virus;
“MIV /VIGS” beteken Verworwe Immuniteits Gebrek Sindroom, dit is die finale fase van MIV /VIGS infeksie en
“Universele voorkoming” verwys na die konsep wat wêreldwyd gebruik word in verband met MIV /VIGS om die standaard infeksie beheer prosedure of voorkomende maatreëls aan te toon wat ingestel is om die verspreiding van MIV /VIGS van een mens na ’n ander te voorkom.

3. SKOOLPERSEEL

Daar bestaan geen kennis van gevalle waar die oordraging van MIV /VIGS op die skoolterrein of in die skoolomgewing plaasgevind het in die toevallige kontak tussen persone nie.

MIV /Vigs kan nie deur die dag tot dag sosiale kontak tussen mense oorgedra word nie. Die virus word slegs oorgedra deur bloed, semen, vaginale vloeistof en moedersmelk. Alhoewel die virus ook alreeds geïdentifiseer is in ander liggaamsvloeistowwe soos spoeg en urien, bestaan daar geen wetenskaplike bewysgronde dat die virus deur die vloeistowwe oorgedra kan word nie.

Leerders en opvoeders met MIV/ VIGS sal al hoe meer deel vorm van die skoolsisteem as gevolg van die verhoogde voorkoms van MIV/ VIGS infeksie.

As gevolg van die aard van MIV /VIGS antiliggaampies toetsing en die ‘vensterperiode” wat voorkom tussen besmetting en die begin van die ernstige simptome, is dit nie moontlik om te bepaal wie MIV /VIGS het en wie nie, al sou die toelatingsbeleid ’n MIV /VIGS toets verpligtend maak by skooltoelating.

Toetsing vir die voorkoming van MIV /VIGS en die uitsluiting van diegene met MIV /VIGS word nie beskou as ’n haalbare metode om die skoolomgewing ©° MIV /VIGS-vrye gebied te maak nie.

Die verpligte openbaarmaking van ’n leerder se MIV /VIGS status aan die skoolowerheid by skooltoelating word nie as ’n uitweg gesien nie, omdat dit geen betekenisvolle doel sal dien nie. Enige leerder met MIV /VIGS of sy ouers het die reg om vrywillig aan te toon dat hulle kind MIV /VIGS onder lede het by skooltoelating. Dit is egter die ouer se reg om sulke inligting vrywillig bekend te maak. Die ware openbaarmaking van ’n leerder se MIV /VIGS status aan die skool moet verwelkom word en die skoolomgewing moet so ontwikkel word dat die tipe van inligting konfidensieel sal bly en dat daar nie plek sal wees vir onregmatige diskriminasie nie.

Leerders en opvoeders met MIV /VIGS moet toegelaat word tot volle deelname aan die skoolprogram volgens hulle vermoë en mag nie die geleentheid ontsê word tot goeie onderrig nie. Netso moet opvoeders wat MIV /VIGS onder lede het toegelaat word om ’n volle professionele lewe uit te leef en behoort dieselfde regte en geleenthede te geniet as ander opvoeders sonder MIV / VIGS. Geen diskriminasie van enige aard mag teen die opvoeders met MIV /VIGS uitgeoefen word nie. Die infeksie wat hulle onder lede het hou nie ’n direkte gevaar in vir ander binne die skoolomgewing nie. Met die nodige voorsorgmaatreëls in plek behoort daar nie ’n probleem te ontstaan nie.

Die onbeduidende risiko van MIV /VIGS besmetting binne die skoolomgewing kan effektief uitgeskakel word deur die volgende standaard infeksie beheermaatreëls, ook bekend as universele voorkomingsmaatreëls en goeie higiëniese beginsels onder alle omstandighede. Dit sal impliseer dat in situasies van moontlik blootstelling aan die virus soos in die behandeling van oop wonde, hulp by ongelukke of beserings op die skoolterrein of nader vorme van blootstelling aan bloed, alle persone as potensiële MIV /VIGS lyers gesien moet word en dat hulle bloed en liggaamsvloeistowwe as sulks hanteer moet word.

Huidige wetenskaplike bevindinge stel die risiko van die oordrag van MIV /VIGS virus tydens onderrig, sport of speel aktiwiteite as minimaal. Daar bestaan nie ’n gevaar van die oordrag van die virus deur spoeg, sweet, trane, urine, asemhalingsvog, handskud, swem water, gemeenskaplike badwater, toiletgebruik, kos of drinkwater nie.
Die stelling oor minimale risiko tydens normale skoolaktiwiteite is alleen waar die nodige en as die nodige universele voorsorgmaatreëls nagekom is.
Voldoende beskerming tydens wondbehandeling moet in alle gevalle toegepas word. Bloeiende wonde moet veral versigtig hanteer word. Kontaksportsoorte soos boks en rugby kan waarskynlik ’n hoër besmettingsrisiko inhou as ander sportsoorte waar daar minder fisiese kontak plaasvind en die risiko van besmetting is baie laag.

Die konstitusionele reg van alle leerders en opvoeders moet beskerm word op ’n gelyke basis. As dit daarom gevind word dat een persoon vir ander persone by die skool die gevaar inhou van moontlike besmetting met MIV /VIGS, dan moet die nodige maatreëls getref word om die ander persone teen die gevaar van moontlike besmetting met MIV /VIGS te beskerm. Medies erkende gesondheidsrisiko’s rakende MIV /VIGS vir ander mense sluit die teenwoordigheid van aansteeklike siektetoestande in, asook onbeheerbare bloeding, moeilik behandelbare wonde en aggressiewe seksuele gedrag. Leerders met aansteeklike siektes soos, masels, Duitse masels, waterpokkies, kinkhoes en pampoentjies behoort nie die skool by te woon nie om al die ander leerders in die skool te beskerm teen moontlike infeksie, spesiaal daardie leerders wie se immuunsisteme moontlik deur die MIV /VIGS virus aangetas is. Die skool behoort ouers ook in te lig oor immunisering.

Leerders moet in Lewensoriëntering onderrig ontvang oor MIV /VIGS. Die onderrig behoort op ’n kontinue basis te geskied en moet nie as ’n geïsoleerde eenheid aangebied word nie, maar behoort so aangebied te word dat die feite wetenskaplik korrek en verstaanbaar oorgedra word aan die leerders.

Die doel met onderrig oor MIV /VIGS is om die verspreiding van die virusinfeksie te voorkom, om onnodige vrese oor die epidemie te weerlê en om die stigma wat aan die siekte kleef, op te hef. Daar moet gepoog word om die leerders so te beïnvloed dat hulle nie onnodig diskrimineer teen persone met MIV /VIGS nie. MIV /VIGS onderrig moet verseker dat leerders die regte inligting en kennis ontvang vir hulle ouderdomsgroep om behoorlike gedrag aan te leer om hulleself te beskerm teen die MIV /VIGS epidemie.

In die laer grade kan die gewone opvoeder die onderrig verskaf oor MIV /VIGS. As gevolg van die sensitiewe aard van die inligting, behoort die opvoeders wat dit vir die hoër grade onderrig spesiaal opgelei te wees om gemaklik te voel met die inligting en om ook as mens vir die leerders ’n rolmodel te wees in lewenswandel.

Die ideaal sou wees as al die opvoeders onderrig kon verskaf oor MIV /VIGS. Opvoeders moet egter hulle vertrouens posisie met die leerders eer en die leerders se konstitusionele regte erken in die onderrig van MIV /VIGS.

4. NIE –DISKRIMINASIE EN GELYKVORMIGHEID VIR LEERDERS EN OPVOEDERS MET MIV /VIGS

Daar mag nie teen enige leerder of opvoeder gediskrimineer word wat MIV /VIGS of moontlik MIV /VIGS onder lede het nie.

Leerders en opvoeders met MIV /VIGS moet regverdig en menslik behandel word in ’n vriendelike omgewing.

Enige spesiale reëlings in verband met leerders of opvoeders wat aan MIV /VIGS lei moet regverdig en menslik wees en moet regverdig kan word uit ’n mediese oogpunt. Alle optrede in dié verband moet tot die skool as instelling se beste voordeel wees, asook tot die persone wat aan MIV /VIGS lei en dié wat nie aan MIV /VIGS lei nie.

5. MIV /VIGS TOETSING EN DIE TOELATING VAN LEERDERS TOT DIE SKOOL EN DIE AANSTELLING VAN PERSONEEL.

Geen leerder mag toegang geweier word tot die skool as inrigting of verdere bywoning van die skool geweier word op grond van sy /haar MIV /VIGS 4 status nie.

Geen opvoeder mag die reg ontsê word om te onderrig of bevorder te word as gevolg van sy/ haar MIV/ VIGS status of veronderstelde MIV /VIGS status nie. MIV /VIGS mag nie die rede wees vir ontslag van ’n opvoeder nie, of die weiering om ’n dienskontrak met die voornemende opvoeder te sluit of om so ’n dienskontrak te kontinueer of om die dienskontrak te hernu.

Daar bestaan geen mediese of wetenskaplike regverdiging vir die beginsel om leerders of opvoeders op ’n gereelde basis te toets vir MIV /VIGS nie. Die toets van ©° leerder vir MIV /VIGS is verbode. Die toets van opvoeders as ’n voorwaarde vir aanstelling of vir die voortsetting van ’n dienskontrak is ook verbode.

6. BYWONING VAN DIE SKOOL OF INRIGTING DEUR LEERDERS MET MIV /VIGS

Die behoefte van leerders met MIV/ VIGS aan onderrig moet sover dit hulle reg is geakkommodeer word in die skool as dit vir die redelikerwys prakties moontlik is.

Dit word van leerders met MIV /VIGS verwag om klasse by te woon in lyn met die wetsregtelike vereistes van die skool solank as wat dit vir die leerders met MIV /VIGS fisies moontlik is om die klasse by te woon. Hulle teenwoordigheid by die skool mag egter nie ’n ernstige gesondheidsrisiko inhou vir die res van die skoolgemeenskap nie.

As en wanneer die leerders met MIV /VIGS onbevoeg gemaak word deur die siekte om die klasse van die skool by te woon, moet die skool die akademiese werk aan hulle beskikbaar stel om tuis te doen. Ook wanneer hulle mediese toestand sodoende versleg dat dit ’n gesondheidsrisiko inhou vir die res van die skool moet die skool die akademiese werk aan hulle beskikbaar stel sodat hulle ouers hulle tuis kan onderrig in gevolge artikel 51 van die Suid-Afrikaanse Skolewet nommer 84 van 1996.

Leerders wat nie op dié wyse geakkommodeer kan word nie of wat aan ernstige MIV /VIGS simptome/gedragsafwykings of neurologiese probleme ontwikkel, moet gehuisves word in spesiale residensiële inrigtings vir leerders met spesiale onderwysbehoeftes.

7. OPENBAARMAKING VAN MIV /VIGS VERWANTE INLIGTING EN VERTROULIKHEID

Geen leerder (of ouer as verteenwoordiger van die leerder) of opvoeder is verplig om enige inligting openbaar te maak oor die MIV /VIGS status van ’n leerder aan die skool as inrigting of as werkgewer, wat ook al die geval.

Dit mag in die beste belang van ’n leerder wees as sy /haar MIV /VIGS status bekend gemaak word aan die leerder se opvoeder deur die leerder self (indien bo 14 jarige ouderdom) of deur die leerder se ouer(s).

Enige persoon wat vertroulike inligting ontvang het oor die MIV /VIGS status van ’n ander persoon moet die inligting konfidensieel hou.

Openbaarmaking van die vertroulike inligting aan ’n derde party mag gebeur as die leerder (indien bo 14 –jarige ouderdom) verkies om dit self te doen, of deur sy ouers skriftelik deur die opvoeder wat oor die inligting beskik. Die openbaarmaking van die inligting kan ook geskied deur wetlike of geregtelike prosesse.

8. ’N VEILIGE SKOOLOMGEWING

Alle skole moet universele voorkomingsmaatreëls instel om die risiko van besmetting of oordraging van MIV VIGS effektief te elimineer sodat die siekte nie kan ontstaan binne die skoolomgewing nie.

Die basis vir die aanbeveling van die konsekwente toepassing van universele voorkomingsmaatreëls lê gesetel in die aanvaarding dat alle persone op die skoolterrein moontlik potensiële draers van die MIV /VIGS virus is, dat alle bloed, uitskeidings-en liggaamsvloeistowwe besmet is en aldus so hanteer moet word.

(a) Bloed, veral waar groot hoeveelhede voorkom, soos by neusbloeding, moet veral baie versigtig hanteer word.

(b) Vel wat toevallig met bloed in aanraking was moet dadelik deeglik met water en ontsmettingsmiddel gewas word.

(c) Alle bloeiende wonde, sere, snye in die vel, weefselwonde en oop wonde moet verkieslik onmiddellik gereinig word met ’n geskikte ontsmettingsmiddel soos hidrochloried (byvoorbeeld bleikmiddel of Milton), 2% gluteraldehide, organiese jodium of 70% alkohol (byvoorbeeld etiel alkohol of isopropyl alkohol).

(d) As daar ’n byt-of krapwond bestaan, moet die wond vinnig gewas word met water en ontsmettingsmiddel.

(e) Bloedspatsels aan die gesig (mukus membrane of oë, neus of mond) moet dadelik afgewas word onder lopende water vir ten minste drie minute.

Alle bloeiende wonde, sere, snye in vel, weefselwonde en oop wonde moet verkieslik onmiddellik met ’n nie-poreuse of waterdigte bedekking verbind word sodat die blootstelling aan die bloed geminimaliseer kan word.

Die afwas en reiniging van enige wond moet altyd onder lopende water gedoen word en nie in ’n houer met water nie. As lopende kraanwater nie beskikbaar is nie, moet water vanuit ’n houer op die wond gegooi word om die area skoon te maak.

Alle persone wat gemoeid is met die versorging van bloeiende wonde, oop wonde, sere, snye in die vel, weefselwonde, oop vel wonde, liggaamsvloeistowwe of liggaamsuitskeidings moet beskermende rubber handskoene dra om die risiko van infeksie uit te skakel. Noodbehandeling mag egter nie geweier word omdat daar nie rubber handskoene beskikbaar is nie. Bloeding kan gestop word met kompresse wat van materiaal gemaak is wat bloed maklik kan absorbeer as rubber handskoene nie beskikbaar is nie.

As bloed ’n oppervlakte besmet het, dan moet die oppervlakte gewas word met vars bleikmiddel. Die persoon wat dit doen moet beskermende handskoene dra. Alle ander besmettings moet op dieselfde wyse hanteer word.

Bloedbesmeerde artikels moet in plastiek verseel word en verbrand word deur ’n firma wat beskik oor die geriewe.

As instrumente besmet geraak het met bloed of ander liggaamsvloeistowwe, dan moet sulke instrumente in ’n sterk oplossing van bleikmiddel geplaas word vir ten minste een uur waarna die instrumente behoorlik afgedroog moet word vir hergebruik.

Skole moet verkieslik twee stelle noodhulptoerusting hê wat die volgende behoort te bevat:

(a) twee groot en twee medium pare weggooibare rubberhandskoene;

(b) Twee groot en twee medium pare huishoudelike rubber handskoene vir die hantering van enige bloedbevlekte afvalmateriaal na die tyd;

(c) Absorberende materiaal, waterdigte pleister, ontsmettingsmiddel soos hidrochloried, skêre, katoen watte, verbandmateriaal, gaasverband, sneesdoekies, waterhouers en ’n mond-tot-mond asemhalingstoestel wat aangewend kan word sonder dat daar kontak met enige liggaamsvloeistowwe is.

Universele voorkomingsmaatreëls is in essensie maatreëls om te voorkom dat daar kontak is met bloed of enige liggaamsvloeistowwe. Ander eenvoudiger maniere bestaan ook soos beskryf in 7.2, soos-
(a) heel plastiese sakke buite of binnemuurs as handskoene nie beskikbaar is nie; en

(b) gewone huishoudelike bleikmiddel as ontsmettingsmiddel verdun met nege dele water wanneer benodig.

Elke klaskamer moet beskik oor een paar rubber handskoene.

Rubber handskoene behoort ook by elke sportgeleentheid beskikbaar te wees.

Noodhulptoerusting behoort oral op die terrein beskikbaar te wees.

Gebruikte items moet hanteer word soos beskryf in 8.1.6. en 8.1.7.

Die inhoud van die noodhulpkissies moet gereeld nagegaan word deur die verantwoordelike personeellede om te verseker dat die korrekte middele beskikbaar is in noodsituasies, Artikels wat gebuik is moet dadelik vervang word.

’n Volledige toegeruste noodhulpstel moet beskikbaar wees by alle skoolgebeure soos sportbyeenkomste, toere, uitstappies of enige ander gebeurtenis waar leerders betrokke is.


Alle leerders, opvoeders, ander personeellede en afrigters moet beskik oor die nodige kennis oor kennis oor MIV /VIGS oordraging, die aanwend van die universele voorkomingsmaatreëls en moet die belangrikheid besef om aan die maatreëls gehoorsaam te wees.

9. ONDERRIG OOR MIV /VIGS

’n Volgehoue MIV /VIGS onderrigprogram word geïmplementeer in die skool vir alle leerders van die skool, opvoeders en ander personeellede.

Ouderdomsverwante onderrig oor MIV /VIGS vorm deel van die skool se kurrikulum vir alle leerders en moet ook geïntegreer word in die Lewensoriënteringsonderrig. Die program sluit die volgende in:

verskaf inligting oor MIV /VIGS in Suid-Afrika en die ontwikkeling van lewensvaardighede om die siekte te voorkom;

aanleer van eerstehulp beginsels van ’n jong ouderdom af en hoe om met bloeding te werk te gaan;

beklemtoning van die rol van dwelmmiddels, seksuele wangedrag en die rol van geweldadigheid in die verspreiding van MIV /VIGS;

aanmoediging van leerders om gebruik te maak van gesondheidsdienste en beradings en ander ondersteuningsdienste in die voorkoming en behandeling van MIV /VIGS gevalle;

om leerders te onderrig hoe om teenoor persone met HIV /VIGS op te tree;

kweek en ontwikkeling van ’n kultuur van nie-diskriminasie teenoor persone met MIV /VIGS; en

verskaf inligting oor gepaste voorkomingsmaatreëls, insluite4nd onthouding van geslagtelike omgang, die gebruik van kondome en die toepassing van die universele voorkomingsmaatreëls.

Onderrig en inligting oor MIV/VIGS moet akkuraat en wetenskaplik korrek wees in ’n taal en in terme wat die leerders op hulle ouderdom verstaan.

Die skool behoort ouers van leerders in te lig omtrent MIV /VIGS./ Hulle moet ook die skool se metodes van MIV /VIGS verstaan en bekend wees met die waardes wat die skool verkondig aan leerders. Ouers moet genooi word om deel te neem aan die ouerbegeleiding besprekingsroepe en moet bewus gemaak word van die rol wat die opvoeder speel in die voorkoming van MIV /VIGS.

Die helfte van die periodes wat aan Lewensoriëntering toegeken is, moet aan vigsvoorligting gewy word.

Tydens een saalopening per maand sal daar tyd afgestaan word aan vigsvoorligting in die vorm van voordrag, opvoerings ens.

Tydens Nasionale Vigsweek sal die skool vir die hele week aktiwiteite organiseer om die leerders bewus te maak van die vigsepidemie in die land.

Die buitemuurse bestuurder sal die opleiding-en inligtingsessies t.o.v. die terreinwerkers hanteer.


10. PLIGTE EN VERANTWOORDELIKHEDE VAN LEERDERS, OPVOEDERS EN OUERS

Alle leerders en opvoeders moet die regte van ander leerders en opvoeders respekteer.

Die “Gedragskode vir Leerders” wat by die skool aanvaar is behoort ’n klousule te bevat waarin die onaanvaarbaarheid van gedrag beskryf word wat die risiko van MIV /VIGS oordrag inhou.

Die finale verantwoordelikheid vir ’n leerder se gedrag lê by die leerder se ouers. Ouers van alle leerders:
moet sorg dat hulle kinders alle reëls gehoorsaam wat die oordrag van MIV /VIGS wil voorkom; en
word aangemoedig om ’n lewendige belangstelling te toon in sake rakende die voorkoming van MIV /VIGS.

Dit word aanbeveel dat ’n leerder of opvoeder wat MIV positief is, mediese advies moet inwin om te bepaal of die persoon se siektetoestand enige wesenlike gevaar inhou vir die ander leerders en opvoeders by die skool. As die hoof aan die hand van mediese inligting bepaal dat so ’n persoon se gesondheidstoestand wel medies gesproke ’n gesondheidsrisiko inhou vir die ander leerders en opvoeders van die skool, moet die hoof die beheerliggaamvoorsitter inlig oor die saak. Nadat die hoof met die beheerliggaam gekonsulteer het, moet die nodige stappe gedoen word om die veiligheid van die ander leerders en opvoeders te verseker.

Opvoeders het die besondere verantwoordelikheid om te verseker dat die regte en waardigheid van alle leerders en opvoeders gerespekteer en beskerm word.

11. WEIERING OM KLAS BY TE WOON SAAM MET ’N MIV POSITIEWE PERSOON / ’N LEERDER TE ONDERRIG WAT MIV POSITIEF IS OF SAAM MET ’N KOLLEGA TE WERK WAT MIV POSITIEF GETOETS IS

’n Persoon wat weier om saam met ’n ander persoon skool te gaan / te werk omdat die persoon moontlik MIV /VIGS onder lede het of werklik MIV positief getoets is, moet reggehelp word oor die ware feite van MIV /VIGS. Alle leerders, hulle ouers en opvoeders behoort onderrig te word om die ware feite rondom MIV /VIGS te verstaan en te ken.

Leerders en opvoeders wat weier om saam met ’n MIV / VIGS persoon te leer of te werk behoort berading te ontvang.

Die hoof moet die situasie oplos saam met die opvoeder / leerder wat betrokke is aand die hand van die beginsels wat in die beleidsdokument vervat is.

12. DIE SKOOL EN Hoër BELEIDSTRUKTURE

Die nasionale MIV /VIGS beleid stel die basiese beginsels oor MIV /VIGS vas.
In terme van sy funksie onder die Suid-Afrikaanse Skolewet (No.84 van 1996), die Verdere Onderrig en Opleidingswet 1998 (no. 98 van 1998), of enige ander toepaslike provinsiale ordonnansie, behoort die beheerliggaam van die skool ©° beleidsdokument te ontwikkel oor MIV /VIGS en om uitvoer te gee aan die nasionale beleid hieroor. Die skool se beleid mag nie afwyk van die beginsels wat in die nasionale beleid vervat is nie.

Groot rolspelers in die breër skoolgemeenskap behoort geraadpleeg te word as die skool sy beleid oor MIV /VIGS opstel.

Die skool moet aan die hand van die nasionale beleidsbeginsels wat neergelê is, sy eie unieke behoeftes bepaal en sy beleid hieroor so opstel dat die besondere behoeftes van die skool aangespreek word. By die beraadslaging oor die skool se beleidsbepaling moet moeilike onderwerpe ook aangespreek word soos om kondome vryelik beskikbaar te stel aan die leerders al dan nie.

In die afwesigheid van ’n eie beleid oor MIV /VIGS sal die nasionale beleid oor MIV /VIGS geld.

13. VEILIGHEIDSKOMITEE

’n Veiligheidskomitee wat onder die beheerliggaam funksioneer kan aanbevelings aan die beheerliggaam maak oor MIV /VIGS verwante sake.

Die Veiligheidskomitee bestaan uit ouers, opvoeders, mediese kenners en gesondheidswerkers.

14. BEGROTING

Die betrokke departementshoof sal aan die einde van elke jaar ’n voorgestelde begroting inhandig vir goedkeuring deur die ouers op die begrotingsvergadering.

Begroting vir noodhulptoerusting word gedoen deur die persoon in beheer van die noodhulp.
Tel: (014) 533 2080/1 | Faks: (014) 533 2522 | epos: lsprotea@mweb.co.za | www.lsproteapark.co.za