Aansoek vir advertensie spasie
Merietepunte

NUUSBRIEWE
TEKEN IN


E-Pos

Wagwoord



REGISTREER
 

PROSEDURE BY DIE GEE VAN MERIETEPUNTE:

1. Elke leerder in die skool ontvang 'n meriete-sertifikaat wat plek het vir 50 meriete handtekeninge.

2. Leerder kan vir die volgende diens meriete handtekeninge ontvang:

  • Klas skoon maak (vir elke keer klas skoongemaak 1 handtekening)
  • Uitstekende werk gelewer by 'n skool-aktiwiteit
  • Enige dienste gelewer by 'n skool-aktiwiteit
  • Papiere opgetel
  • Enige vorm van diens gelewer of optrede wat beloning verdien

3. Onderwyser by wie leerder die diens lewer, gee sy handtekening op die merieteserifikaat.

4. Leerder dra sy sertifikaat by hom en is self daarvoor verantwoordelik.

5. Indien leerder 5 handtekeninge het, wys hy dit vir voogonderwyser wat dan by die onderwyser-handtekening teken. Die voogonderwyser vul dan 'n LP43 in met kode 091 vir dienste gelewer en leerder ontvang 5 merietepunte teen sy naam.

6. Leerder se merietepunte werk saam met sy gedragskodepunte.

7. Indien leerder se merietesertifikaat vol is, word dit in die voogonderwyser se klas opgesit en leerder ontvang nuwe sertifikaat.

8. Die merietesertifikate sal gebruik word om die dienslewering vir die jaar te bepaal.

9. Daar sal op die prysuitdeling 'n trofee wees vir elke leerder in die graad wat die meeste positiewe punte teen sy naam het aan die einde van die jaar. (Gedragskodepunte word outomaties hiervan afgetrek). 

Tel: (014) 533 2080/1 | Faks: (014) 533 2522 | epos: lsprotea@mweb.co.za | www.lsproteapark.co.za