|
LEERDERS MET SPESIALE ONDERWYSBEHOEFTES: (LSOB)
DEPARTEMENTSHOOF: Mev. Mariëtte Prinsloo. Tel. (014) 533 2080.
WêRELD DOWNSINDROOMDAG FEESVIERINGE:

Vrydag, 21 Oktober 2011

Alle Down Sindroom kinders in die dorp is uitgenooi om die vieringe by te woon. Marné Kock, een van ons leerders, het haar akrobaatsolo uitgevoer. (Marné het ’n goue medalje vir haar akrobaat-uitvoering in Amerika ontvang!)
Dit was ‘n heerlike dag! Die dames van Pick a Pay het ons besoek, asook mev. Wepener van Smith’s melkery. Hulle “koei “ het ons besoek en ballonne en ysies aan die maatjies uitgedeel. Twee verteenwoordigers van die onderwysdepartement was ook daar. Sante Kotze, het gesiggies kom verf, en hansword gespeel!
Baie dankie ook aan Reinette en Linata van Aswegen wat al die donasies vir ons gewerf het. Dis lekker om sulke ouers by ‘n skool te hê!
Inklusiewe Onderwys:
Volgens die witskrif no.6 moet alle leerders die geleentheid kry om tot die skool toegelaat te word. Laerskool Proteapark was een van die eerste skole wat die stap geneem het en leerder met probleme begin inneem het. Ons het egter gou begin agterkom dat daar baie ander praktiese probleme ontstaan. Baie van die leerders voel meer op hulle gemak om ©° vasgestelde roetine te volg en klas wisseling het dus ©° probleem geword. Alhoewel hierdie leerders elkeen hul eie assistent gehad het, het die skool nog probleme ervaar en is daar besluit om hulle uit die klasse van die hoofstroom te haal maar hulle sover moontlik in die hoofstroom te hou. Dit het gegroei van die houthuisie langs die kantoor tot ‘n nuwe inklusiewe afdeling by ons skool. In die LSOB (leerders met spesiale onderwysbehoeftes) klasse word die gewone kurrilulum aangepas om by elke individuele leerder se behoeftes aan te pas.
|