Aansoek vir advertensie spasie
Leierrade-beleid

NUUSBRIEWE
TEKEN IN


E-Pos

Wagwoord



REGISTREER
 

LAERSKOOL PROTEAPARK: BELEID AANGAANDE VERTEENWOORDIGENDE LEIERRADE

SAMESTELLING

Slegs klasse van gr. 4-7 is betrokke

Die getal leerders kan wissel tussen 130 en 140 leerders – afhangende van die behoefte van die skool.

Die grade sal as volg verteenwoordig wees:

Graad 7 : 52 uit ‘n graad
Graad 6 : 48 uit ‘n graad
Graad 5 : 20 uit ‘n graad

Die leerders word dan in 4 komitees opgeneem waar hulle diens doen:

Blokraad
Mediaraad
Skolierpatrollieraad
Terreinraad
Lede van hierdie komitees mag ‘n leierbaadjie dra. Dit is ‘n blou effekleur baadjie met die 25-jarige embleem op die sak.

‘n Verkiesingslys word saamgestel nadat die stemme in die verskeie rade getel is.
Die eerste agt leerders, nie noodwendig vier seuns en vier dogters nie, sal dan op die dagbestuur verkies word. Die volgende ampsdraers sal dan kwartaalliks in ‘n roterende hoedanigheid aangewys word .

Voorsitter
Onder voorsitter
Sekretaresse
Hulle mag wit hemde dra met die 25-jarige embleem van die skool daarop.

Die volgende 8 leerders ( nie noodwendig 4 seuns en 4 dogters nie) op die lys sal dan aangewys word as komiteehoofde van die onderskeie komitees. Hulle sal dan vir die res van die jaar op daardie spesifieke komitee dien. Hulle dra wit hemde met die embleem van ons 25-jarige bestaan op die sak.

1.7 Die volgende 12 leerders sal dan die interhuis spanne se leiers wees. Nie noodwendig 4 seuns en 4 dogters nie. Hulle mag ook wit hemde dra met die wapen van hulle interhuis span op.

2. VERKIESINGSPROSEDURE

2.1 Gr. 4
Nominasielyste word saamgestel uit alle leerders in graad vier. Op die gegewe datum word die stembriewe uitgedeel en elke leerder kry dan geleentheid om te stem vir 10 leerders op die lys.
Gr. 5
Nominasielyste word saamgestel uit die hele graadgroep. Op die gegewe datum word die briewe uitgedeel en word daar deur die leerder se eie graadgroep vir 10 seuns en tien dogters in die graad gestem.
Gr.6
Nominasielyste word saamgestel uit die hele graadgroep. Op die gegewe datum word die briewe uitgedeel en word daar deur die leerder se eie graadgroep en die Gr. 7’s (wat op die leierrade dien) vir 10 seuns en 10 dogters in die graad gestem.

Die stemming vir die gr. 4- leerders vind in die saal plaas onder toesig van die betrokke departementshoof. Die stemming van die Gr. 5 en Gr. 6 leerders vind in die saal plaas onder toesig van die betrokke departementshoof en die adjunkhoof/hoof.

2.3 Onderwysers het ook op dieselfde dag geleentheid om vir die betrokke Graad te stem.

2.4 Kriteria vir leerders wat op die nominasielyste verskyn:

‘n Leerder wat meer as 75 voogpunte het mag nie op die nominasielyste verskyn nie.
Die leerder moet langer as 6 weke ‘n leerder van Laerskool Proteapark wees.

Die stemme word in die teenwoordigheid van die hoof getel. Persentasie van stemme word as volg toegewys:

Graadgroep Personeel Graad 7 Akademie Betrokkenheid Voogpunte Totaal
Graad 4 30% 30% 0% 10% 15% 15% 100%
Graad 5 30% 30% 0% 10% 15% 15% 100%
Graad 6 25% 25% 10% 10% 15% 15% 100%

Die leerders wat dan die hoogste aantal stemme in ‘n Graad het word dan verkies. Geen besprekings oor leerders word gevoer nie. As hy/sy op die nominasielys verskyn word hy /sy ‘n leier as die stelsel dit so uitwys.

Verkose lede word dan in die betrokke komitees geplaas volgens hulle voorkeure waar dit prakties moontlik is. Die voogde van die rade mag hier insette maak oor die lede wat op hulle komitee geplaas word.

1.5.3 Alle lede van groepe moet ‘n pligstaat ontvang en die pligstaat moet aan die leerders verduidelik word. Leerders word volgens die pligstaat geassesseer aan die einde van elke kwartaal.

1.6 Stemming vir die ampsdraers van die dagbestuur word kwartaalliks gedoen. Lede kan herkies word.

Alle stembriewe word vir die hele jaar gebêre.

Indien lede van die komitees nie hulle pligte uitvoer nie, kan hulle na ‘n dissiplinêre verhoor ontslaan word en dan kan ‘n ander verteenwoordiger in sy/haar plek verkies word. Die verhoor sal egter eers na ‘n tweede skriftelike waarskuwing plaasvind.

Enige lid wat in sy/haar dienstydperk 75 voogpunte verdien sal na ‘n dissiplinêre verhoor, afhangende van die uitslag van die verhoor, van sy of haar amp onthef word.

Nuwe leerders kan slegs na 6 weke deur die dagbestuur/dagbestuurvoogde genomineer word en kan dan met ‘n meerderheid van 70% ingestem word om op ‘n komitee te dien. Die gr 7- leerders wat ‘n brief van aanbeveling van die vorige skool bring of daar op ‘n raad gedien het, se saak kan op meriete beoordeel word.

Indien daar ‘n vakature op ‘n komitee ontstaan vir watter rede ookal sal die volgende persone op die stemranglys in aanmerking kom.

1.12 Aankondiging van leiergroepe:
Die aankondiging van die verkose lede uit elke jaargroep sal tydens ‘n saalopening aangekondig word. Die ouers word uitgenooi na hierdie geleentheid. By hierdie geleentheid lê die leiers ‘n verklaring af en ontvang ‘n sertifikaat.
Die aankondiging van die lede van die dagbestuur en die leiers van die rade en die interhuis-spanne word tydens die prysuitdeling gedoen.

VERGADERINGS

Vergaderings sal elke 2 weke deur die dagbestuur gehou word. ‘n Lid van die dagbestuur wat meer as 3 keer sonder grondige verskoning afwesig was by die vergadering kan na ‘n dissiplinêre vrhoor van sy/haar pos onthef word.

3.2 Elke komitee moet ten minste twee maal per kwartaal vergader. Vergaderings moet stiptelik bygewoon word. Swak bywoning kan daartoe lei dat ‘n lid van sy/haar pos onthef kan word.

Volledige notules moet van vergaderings gehou word en in ‘n lêer geplaas word.

‘n Kworum kan gevorm word met 50% + 1

DIENSBEURTE

Diensbeurte word in samewerking met die voogde opgestel deur die verteenwoordigers op die dagbestuur.

Kontrole word ook uitgeoefen deur die komiteehoofde, dagbestuurslede en voogde.

ASSESSERING

Lede van die komitees word op ‘n deurlopende basis geassesseer. Lede kan dan kwalifiseer vir ‘n diensplakker een maal per kwartaal. Leerders kwalifiseer vir ‘n plakker as hy/sy 3 of viers het. As hy of sy al elke kwartaal ‘n plakker verdien het kry hy/sy Goud op die betrokkenheidsertifikaat. As hy/sy twee plakkers verdien het kry hy/sy silwer op die betrokkenheidsertifikaat. As hy/sy een plakker verdien het, kry hy/sy brons op die betrokkenheidsertifikaat.

KLASLEIERS

6.1 Gr. 1-7 gee aan elke leerder op ‘n rotasiebasis ‘n geleentheid om klasleier te wees. Elke leerder word evalueer tydens sy/haar dienstydperk. Junie word 2 klasleiers en 2 onder-klasleiers aangewys vir die res van die jaar.
Tel: (014) 533 2080/1 | Faks: (014) 533 2522 | epos: lsprotea@mweb.co.za | www.lsproteapark.co.za