|
Leerhulpsentrum: mev. Sunette Viljoen
Die leerhulpsentrum se visie is dat elke kind kan leer en dat elke kind die potensiaal het om te ontwikkel.
In die leerhulpsentrum word elke leerder se aangebore moontlikhede, fisiese gesteldhede, emosionele ontwikkeling en perseptuere vaardighede in aanmerking geneem.
Elke leerder word diagnosties getoets en vir elkeen word 'n individuele program uitgewerk.
Daar word ook in die leerhulpsentrum gebruik gemaak van rekenaarprogramme wat spesifiek vir probleme in lees, wiskunde en spelling geskryf is.

Leerders word uit verkillende periodes geneem vir hulp. Alle leerders volg 'n 6-dag rooster, maar in die leerhulpstentrum word 'n 5-dag rooster gevolg. Dit bring mee dat leerders nie elke week uit dieselfde periode geroep word nie.
Alle leerders moet die eerste 15 minute van die betrokke periode, die periode op hulle skolastiese rooster bywoon. In hierdie tyd moet alle werksvelle, opdragte en huiswerk aan die leerders uitgedeel word voordat hulle leerhulpsentrum toe mag gaan.
Leerders mag nie die leerhulpsentrum as verskoning gebruik indien die huiswerk nie vir 'n spesifieke periode gedoen is nie.
Ouers word versoek om asseblief elke week die lêer na te gaan om sodoende op hoogte te bly van die leerder se vordering. So kan ouers ook sien of die leerder wel by die leerhulpsentrum was.
|