Aansoek vir advertensie spasie
VEILIGHEID VAN LEERDERS

NUUSBRIEWE
TEKEN IN


E-Pos

Wagwoord



REGISTREER
 

VEILIGHEIDSKOMITEE VAN DIE SKOOL:

Koördineerder: mnr. Dave Fensham

Verteenwoordiger van Beheerliggaam: mnr. Francois Alberts

Sekretaresse: mev. Christelle van Schalkwyk

Geboue en terrein: mnr. Koos Steyn

Sport: mnr. Beyers Harmse

Noodhulp en brand: mnr. Neels van Zyl

Ontruiming/sekuriteit: mnr. Hannes Opperman

Verkeerbeheer: mnr. Francois Swanepoel

Skolierpatrollie: mev. Sunette Viljoen

Gedragsafwykings: mnr. Henk Pieterse

Dissiplinêre Komitee: mnr. Henk Pieterse

Raadgewende konsultant: mnr. Wikus Hildebrandt.

SELFOONGEVARE - HOU JOU KIND VEILIG: Daar is ‘n webtuiste waar ouers wenke kan kry oor hoe om hulle kinders teen die gevare van selfoongebruik te beskerm. www.cellphonesafety.co.za
Het u byvoorbeeld geweet dat internet deesdae by álle selfone ingebou is? Dit kan slegs deur die netwerk-verskaffer gedeaktiveer word!
Vind op die webbladsy uit hoe om:

  • Pornografiese webtuistes te blokkeer
  • Uit te vind wáár presies jou kind is
  • ‘n Paniekknoppie op te stel
  • MXit te blokkeer
  • Die internet te blokkeer
  • Jou kind teen selfoonkameras te beskerm
  • Jou kind teen kuberteisteraars te beskerm.

Hoe kinders hulself kan beskerm:
1. Vertel altyd vir jou ouers waarheen jy gaan en waar jy gaan wees.
2. Moet nooit iemand in die erf of huis binnelaat as jy alleen is nie.
3. Gaan roep altyd eers jou ouer(s) as daar iemand by die deur of hek is voordat jy hulle binne laat.
4. Moet nooit saam met iemand in ‘n kar klim, as dit nie eers met jou ouers gereël is en bevestig is deur byvoorbeeld 'n kodewoord nie.
5. Moenie as iemand huis toe bel sê dat jou ouers nie by die huis is nie. Sê eerder
dat hulle op die oomblik besig is en neem ‘n boodskap.
6. Moet nooit alleen na ‘n publieke badkamer gaan of na `n afgeleë plek nie.
7. Vermy kortpaaie en loop of ry eerder waar daar motors en mense is.
8. Moenie alleen by `n afgeleë parkie/ speelterrein speel nie.
9. Gaan na die naaste winkelassistent en/of betaalpunt as jy verdwaal of wegraak in 'n winkel.
10. Geskenke en lekkergoed moenie by vreemdelinge geneem word nie.
11. Moet nooit ryloop of `n saamrygeleentheid aanvaar nie.
12. Indien `n kar jou volg of ongemaklik stadig langs jou ry, hardloop weg en skree. Hardloop in die naaste erf in waar jy mense sien, maar moenie wegkruip nie.
13. As `n vreemde volwassene vir jou aanwysings vra, draai om en stap weg.Moenie met hulle praat nie.
14. As iemand jou gryp en in ‘n kar of gebou in wil forseer – skree en krap die persoon.
15. Vreemdelinge wat gereeld by die skool of huis gesien word en sonder `n doel daar ronddrentel, moet aangemeld word by die onderwyser of ouer.
16. As `n volwassene vir jou sê dat hy aan jou `n geheim wil vertel, sê aan hom jy wil dit nie hoor nie.
Indien ‘n skelm dit regkry om jou te ontvoer, moet jy die volgende doen sodat die Polisie jou kan opspoor:
Trek van jou hare uit en druk dit tussen die sitplekke in
Maak seker jou vingerafdrukke is sigbaar op vensters
Skop jou toon stukkend dat daar bloed is
Kou jou naels af en druk dit tussen die motor se sitplekke.

Kinderveiligheid
Kinders is kosbaar en ons as volwassenes het almal ‘n verantwoordelikheid om kinders te versorg en te beskerm. Die realiteit is dat daar wel volwassenes is wat daarop uit is om kinders te benadeel en aan te wend in hul (volwassenes) se eie belang tot nadeel van die kinders.
Ons as ouers, onderwysers en volwassenes moet voorbereid wees op die aanslae wat daagliks op kinders gemaak word - daarom moet ons ingelig wees. Hier volg ‘n paar basiese wenke om kinders te beskerm.
Wat ouers kan doen om hul kinders te beveilig:
1. Kinders moet gereeld ingelig en herinner word aan veiligheidsmaatreëls. Dit moet egter nie op só `n wyse hanteer word, dat vrees by die kind gekweek word nie.
2. Kinders moet bewus gemaak word van gevaartekens, maar moet nie in vrees leef nie.
3. Indien `n kind vir jou iets vertel, maak seker dat jy werklik luister na wat die kind vertel, aangesien die inligting van baie waarde kan wees. "Luister" ook na lyftaal van die kind.
4. Motiveer `n kind dat indien hy/sy ongemaklik voel oor die manier waarop `n persoon na hom kyk of hom aanraak, die kind dit vir `n volwassene wat hy vertrou gaan vertel. Die volwassene moet dan luister.
5. Kinders wat alleen by `n huis is moet NOOIT die voordeur antwoord indien daar iemand aanklop nie.
6. Die voordeur moet nie eers beantwoord word nie, selfs al is dit ‘n bekende persoon, aangesien statistiek bewys dat dit in 75% van die gevalle bekende persone is wat kinders ontvoer en molesteer.
7. Kinders moet geleer word om eers hul ouers te roep indien daar iemand by die huis opdaag voordat hulle die hek of deur vir die persoon oopmaak.
8.Indien kinders alleen by die huis is en die telefoon lui, moet hulle nooit aandui dat hulle alleen by die huis is nie. Kinders moet eerder geleer word om te sê dat hul ouers nie op die oomblik beskikbaar is nie en `n boodskap neem.
9. Kinders moet onder geen omstandighede persoonlike inligting oor die telefoon weergee nie.
10. Noodnommers moet beskikbaar en sigbaar wees indien `n kind in nood verkeer en vir hulp moet bel.
11. Omliggende bure se kontaknommers moet tot die kinders se beskikking wees.
12. Ouers moet seker maak dat hul altyd gekontak kan word indien hul kinders alleen tuis is.
13. Indien die ouers nie gekontak kan word deur die kinders in geval van nood nie, moet alternatiewe kontakpersone en nommers tot die kinders se beskikking wees.
14. Noodreaksie moet ingeoefen word by die huis. Byvoorbeeld :
Wat doen jy as jy ‘n vreemde persoon in die erf sien?
Waar moet die kind wegkruip?
Waar is die onderskeie paniekknoppies?
Waar word die brandblussers gestoor?
Waar is die sleutels van die deure?
15. Kinders moet hul eie adres en ouers se kontaknommers ken.
16. Ouers en kinders moet afspreek waar hul mekaar sal ontmoet indien een van die twee partye om onvoorsiene redes mekaar nie kan opspoor nie. Bv. Mamma sal jou altyd in die klas kom haal. As jy nie vir mamma kry nie – gaan wag altyd by die klas.
17. Besluit saam oor `n kodewoord waarvan net jy en jou kind weet. Indien dit nodig is om alternatiewe reëlings te tref ten opsigte van byvoorbeeld vervoer, moet die kodewoord deur die persoon wat die kind gaan haal aan die kind gegee word. So sal die kind weet dat sy ouers wel die alternatiewe reëlings getref het.
18. Kinders word verwar deur ouers wat met "vreemdelinge" praat. Kinders moet bewus gemaak word dat hul slegs met vreemdelinge mag praat indien hulle in lewensgevaar verkeer.
19. Kinders moet daarop gewys word dat "slegte vreemdelinge” net soos goeie vreemdelinge lyk en dat dit daarom beter is om nie met vreemdelinge te praat nie.
20. Kinders se name moet nooit sigbaar op hul klere en tasse wees nie. Die volwassene kan kinders op hul name noem en sodoende vertroue wen.
21. Ouers moet altyd weet waar hul kinders hul bevind.
22. Moet nooit jou kind alleen laat in ‘n kar, stootwaentjie of winkeltrollie nie.
23. Gaan altyd saam met jou kinders na `n publieke badkamer.
24. Kinders moet geleer word om nie saamrygeleenthede en geskenke van vreemdeling te aanvaar nie.
25. Kinders moet geleer word om altyd in ‘n groep te beweeg of saam met hul ouers of hul vriende te bly, veral op skooluitstappies en in winkelsentrums
26. Kinders moet ingelig wees oor kinderontvoerings en die gevaar waarin hulle moontlik kan verkeer.
27. Verseker jou kind dat indien hy/ sy jou kontak as hulle in `n ongemaklike situasie verkeer, jy hulle altyd sal gaan haal en beskerm.
28. Leer jou kind om moontlike gevaarsituasies te kan identifiseer en om na fynere besonderhede op te let om dit later deur te gee indien nodig.
29. Lei jou kind om in “survival mode” te dink indien hul in ‘n gevaarsituasie verkeer.

Ouers, het u al gehoor van MYMOBILEWATCH? Dit is selfoon-sagteware wat ouers in staat stel om beheer uit te oefen oor inligting wat op hulle kinders se selfone verskyn. U kind kan dus beskerm word teen selfoon-gevare soos kuber-afknouery, “sexting” en seksuele aanvoring. Sodra u kind onbehoorlike SMS’e, MMS’e of oproepe ontvang, word u as ouer onmiddellik daarvan verwittig via ‘n SMS of e-pos. Vir verdere inligting, besoek die webtuiste: www.mymobilewatchdog.co.za

'n Dringende versoek word aan alle ouers gerig om nie u kind te verplig om ná skool buite op die sypaadjie vir u te wag nie. Alle leerders wat langer as 15 minute ná skool nog nie deur ouers of enige ander gereëlde vervoer opgelaai is nie, moet BINNE die skoolterrein wag totdat u opdaag. Daar is verdagte voertuIe/persone in die omgewing opgemerk, en die reëling is slegs vir u kind se eie veiligheid. OUERS EN LEERDERS WAT NIE AAN HIERDIE REëL GEHOOR GEE NIE, DOEN DIT OP EIE RISIKO. 

HAIRFORCE : South Africa: Professional Head Lice Services

Inligtingstuk aan ouers
Almal is deeglik bewus van die kopluis pandemie wat tans ouers, onderwysers en skoolhoofdfe moedeloos het. Hair Force South Africa het tot stand gekom het met die doel om die kopluis pandemie in Suid Afrika se skole te bestry met die hoofklem op nie-toksiese, veilige behandeling. Behalwe van die diens wat ons aan skole lewer; en wat in hierdie nuusbrief verduidelik word, voer ons maatskappy ook nie-toksiese luisprodukte in en versprei ons ook nie-toksies kopluis behandelings wat reeds in Suid Afrika beskikbaar is. Ons is die alleen invoerders van een van beste kopluiskammetjies in die wêreld. Dit is ook die enigste kammetjie wat deur die NPA (National Pediculosis Association) in Amerika goedgekeur is.

Die gesondheid en welstand van ons kinders is die mees primêre fokus. In ‘n onlangse artikel (Maart 2011) het News24 in ‘n artikel gewaarsku teen die kopluis pandemie wat in Suid Afrika uitgebreek het en hoe versigtig ouers moet wees vir toksiese, chemiese produkte wat beskikbaar is vir kopluis behandeling.
Johannesburg - A head lice pandemic has hit South African schools, particularly in Gauteng and the Western Cape, a pharmaceutical company warned on Thursday.

"Everyone is at risk as head lice are extremely contagious," OTC Pharma spokesperson Giulia Criscuolo said in a statement.

Head lice are small, wingless parasites that live in human hair feeding off small amounts of the host's blood.

Their eggs, called nits, look like small yellow, tan or brown dots before they hatch and are often mistaken for dandruff.

Lice bites cause the skin to itch, which can lead to infection.

Criscuolo said many anti-lice products contained potentially harmful chemicals or insecticides, which may cause irritation or permeate the scalp.

- SAPA – News24.Com (Maart 2011)

As gevolg van ouers se moedeloosheid met hierdie situasie het daar in Suid Afrika, en ook wêreldwyd ‘n behoefte ontstaan vir profesionele kopluis ondersoeke en behandelings.
Ons verskaf so ‘n diens aan skole en ons gaan in hierdie inligtingstuk alles oor hierdie diens verduidelik asook alles oor kopluise wat nodig is om te weet. Dit is belangrik dat ons die vyand verstaan.

Die HairForce South Africa Missie
Aangesien ek self ‘n ouer is en alte goed die frustrasies verstaan wat gepaard gaan met ‘n kind se jeukende kop en die gesukkel om die regte produk te vind en dan die ure se hare uitkam, lakens was en dit alles gedurende ‘n sielsongelukkige seuntjie of dogtertjie se klagtes. Daarom glo ons hierdie diens gaan groot verligting vir ouers bring.

Die diens wat ons lewer
Ons diens behels gereelde luis-ondersoeke by die skool en luisbehandeling en -eliminering by die skool perseel.

Professionele ondersoeke by die skool
Ons doen twee maandelikse ondersoeke by die skool waartydens elke kind se kop sorgvuldig deur gegaan sal word met weggooibare stokkies om kruis-infestasie te voorkom en ‘n spesiale skerp lig en vergrootglas om te verseker dat geen luis of sy neute gemis word nie. Elke kind kom sit een vir een op die stoel onder ons vergrootglas. Dit is belangrik om hierdie tipe profesionele vergrootglas en skerp lig te gebruik aangesien die neute en pasgebore luise soms so klein kan wees dat dit nie met die blote oog gesien kan word nie. Ons professionele span gaan vinnig deur die kind se kop met weggoeibare stokkies en as die kind se kop luisvry is, kry hy/sy ‘n plakkertjie en ‘n lekker en gaan terug klas toe.
As daar ‘n luis infestasie teenwoordig is:
Wanneer daar ‘n infestasie opgemerk word, word die kind ook ‘n plakkertjie en ‘n lekker gegee en terug gestuur klas toe. Die rede waarom ons dit doen is om stigmatisering van die kind te voorkom. Ons glo nie enige kind wil uitgesonder word voor sy klasmaats nie. Die kind se naam word egter neergeskryf en later ingeroep vir die luisbehandelingsproses. Die belangrikste ding vir ons is om die kind so gemaklik en rustig as moontlik te laat voel oor hierdie besigheid. Daar sal vir die kinders DVD’s, boeke en speletjies gegee word om hulself besig te hou. Terwyl die kind in ‘n gemaklike stoel sit, sal ons profesionele span begin eers sorvuldig die lewendige luise te verwyder. Hiervoor word ‘n spesiale elektroniese kammietjie gebruik wat ‘n geluid maak en stilstaan wanneer dit deur die hare getrek word en ‘n luis opgetel word. Hierdie kammietjie word wêreldwyd deur profesionele persone in klinieke en luisverwyderingssalonne gebruik en is heeltemal veilig. Dit kan selfs op baba hondjies gebruik word.

Daarna word ‘n spesiale kammetjie gebruik om die luise en neute uit te kam. Dit is ‘n staalkammetjie wat wêreldwyd in salonne gebruik en wat beskou word as die mees effektiefste luiskammetjie op die mark. Soos hierbo genoem is is dit ook die enigste kammietjie wat die Nasionale Pediculosis Assosiasie van Amerika goedgekeur is. Ons voer die kammietjies direk van daar af in. Dit sal binnekort ook in Suid Afrika by algemene kettingwinkels beskikbaar gemaak word. Hierdie kammetjie is merkwaardig effektief om luise en hul neute te verwyder en werk heeltemal anders as die gewone plastiekkammetjie met die kort tande. Hierdie kam vereis geen produk nie. Die kammetjie alleen is voldoende om die neute en luise te verwyder. Dit is fantasties aangesien dit die behoefte aan moontlik skadelike chemiese produkte uitskakel.

Daar word dus geen middels gebruik tydens die kind se behandelling deur ons nie en die hare word ook nie natgemaak of gewas nie; slegs die elektroniese toestel en spesiale staalkammetjie, ‘n baie goeie vergrootglas lamp, tweezers en baie liefde en geduld word gebruik. Dit verseker dat die behandeling heeltemal non-toksies en veilig is vir die kind. Terwyl die algemene plastiek luiskammetjies ure se gekam met nat hare en produkte vereis, verwyder ons elektroniese kammetjie en staal kammetjie die luise en hul neute baie vinnig. Dit kort die tydperk in waartydens die kind stil hoef te sit.
Die kinders wat deur ons behandel is, sal vir die volgende drie dae daagliks ingeroep word vir ‘n vinnige ondersoek om seker te maak daar is geen luise of neute gemis is nie en sal ‘n week na die behandeling voltooi is ook ondersoek word om seker te maak daar is nie ‘n her-infestasie nie. Al die feite oor luise en infestasie sal hieronder gegee word sodat die ouers wat hierdie inligting lees kan verstaan hoe maklik her-infestasie kan plaasvind. 
Die res van die gesin (nie skoolgaande lede) kan ook na ons toe kom vir ‘n gratis ondersoek en behandeling teen ‘n bekostigbare tarief. Ons beskou dit as belangrik vir die res van die gesin om ook in te kom vir ‘n ondersoek aangesien ma net so maklik ‘n luis kan optel as haar kind en wie gaan die geduld hê om haar kop te ondersoek en te behandel?

Alle kinders wat behandel word sal ‘n deeglike inligtingstuk huis toe kry waarin verduidelik word wat met die lakens en kussingslope en ander artikels in die huis gedoen moet word.

Die verskil wat hierdie diens maak:
• Deur die diens wat ons aan die skole lewer kan ons die luis pandemie in Suid Afrika oorkom.
• Die gereelde professionele ondersoeke voorkom kruis infestasie deurdat die onderwysers nie meer per hand kinders se koppe hoef te ondersoek nie.
• Luis infestasie kan vroegtydig opgetel word met ons toerussting deurdat ons neute en luise kan raaksien wat dikwels nie met die oog gesien kan word nie.
• Die diens beskerm kinders teen blootstelling aan skadelike chemikalieë deurdat ons slegs van kammietjies gebruik maak. Hierdie kammietjies gaan deur ‘n behoorlike sterilisasie proses voor her-gebruik.
• Die diens spaar ouers baie tyd,frustrasie en onkostes. Die kinders hoef nie rondgery te word vir behandeling nie aangesien dit by die skool plaasvind.
• Ons verwyder die luise en hul neute baie vinniger as wat dit by die huis gedoen kan word. Dit spaar dus kinders die ongemak van ure se gekam en onaangename produkte op hulle hare.
• Die kans vir her-infestasie word aansienlik verlaag aangesien ons luise en neute kan verwyder wat nie by die huis met die blote oog en oneffektiewe kammietjies verwyder kan word nie.
• Deur ons diens is daar nou vir die ouers ook ‘n geleentheid om vir kopluise ondersoek en behandel te word wanneer die kinders dit het.
• Die diens sal ter opsomming kinders luisvry hou sonder dat dit enige ongerief of moeite van die ouers se kant verg.
Kostes van die diens (Die skoolhoof en haar span sal nog oor die kostes vergader en besluit)
Die onkostes beloop R20 per kind per maand wat in die vorm van ‘n jaarlikse bedrag van R250 ingesamel sal word. Die ouers betaal dus slegs eenmaal per jaar en die kind sal dan vir die hele jaar ondersoek en behandel word indien nodig teen geen verdere kostes nie. Hierdie bedrag sluit gratis kopluis ondersoeke vir die hele gesin in. Ons beveel dit aan aangesien enige lid van die gesin ook kan aansteek. Die skoolkind word gratis deur ons behandel, wanneer daar wel luise in ander gesinslede opgemerk word, sal hulle teen ‘n verlaagde koste behandel word.
Ons heg ‘n vorm aan wat ingevul kan word en in ‘n koevert met die fooi by die klas juffrou ingehandig kan word. 

Belangrike feite oor kopluise:
• Kopluise kan nie vlieg of spring nie. Hulle steek aan deur fisiese aanraking.
• Kopluise kan nie op lakens, kussingslope of ander meubels leef nie. Hulle het menslike bloed nodig om te oorleef. Die neute kan wel op ‘n bank of kussing lê en dan aan die hare vasklou.
• Kopluise byt nie. Hulle suig die bloed van die kopvel.
• Kopluise kan nie siektes veroorsaak nie, maar wel ontsteking van die kopvel deur alergiese reaksies.
• Kopluise kom nie op diere voor nie, maar kan op enige deel van die liggaam voorkom waar daar genoeg hare is.
• Dit is nie die suig van die bloed wat die gejeuk veroorsaak nie, maar ‘n allergiese reaksie vir die speeksel van die kopluis.
• Sommige mense jeuk glad nie van kopluise nie. Daarom is dit belangrik om te onthou dat as jou kind se kop nie jeuk nie, dit nie beteken dat jou kind nie kopluise het nie.
• Mense kan soms vir 2 tot 3 maande kopluise hê sonder om enige simptome te toon of sonder om bewus te wees daarvan.
• ‘n Volwasse kopluis is tussen 1 – 3mm lank.
• Die eiers word 1cm tot 15 cm van die kopvel af aan die haarskag vasgemaak, afhangende van die klimaat.
• Die eiers (neute) word met gom aan die haarskag
vas gemaak en is daarom moeilik om te verwyder.
• Die eiers neem om en by 9 dae om uit te broei.
• Volwasse vroulike kopluise leef 4 weke lank en lê om en by 150 eiers in daardie tydperk.
• ‘n Volwasse kopluis is omtrent die grootte van ‘n ryskorrel.
• Volgens sommige bevindinge is kopluise iemuun teen 80% van die kopluis produkte wat algemeen beskikbaar is.
• En die grootste kommer is: As daar slegs een neut in die hare gemis word en oorbly, kan die hele proses van vooraf begin.

Daarom benodig kopluis uitwissing proffesionele intervensie!!

 

 

 

Tel: (014) 533 2080/1 | Faks: (014) 533 2522 | epos: lsprotea@mweb.co.za | www.lsproteapark.co.za