Die KOINONIA-OUERGROEP is ‘n omgeegroep wat uitreik na gesinne in ons skool wat in nood verkeer. ALLE OUERS is welkom om aan te sluit.
| Kospakkies word opgemaak vir behoeftige gesinne in ons skool uit voorraad geskenk deur Parkie-ouers. |
.jpg) |
.jpg) |
|
DRINGEND BENODIG: Mammas wat kan help pap skep vir behoeftige kinders by die skool. Soggens vanaf 06:30. Skakel asb. vir Lucinda Swanepoel by 084 515 4499. Baie dankie!
KRUMMELTJIEKOS: DESEMBERPROJEK: Ons beplan om weer kospakkies uit te stuur vir Desembermaand aan behoeftige gesinne in die skool. Daar is ‘n tekort aan die volgende produkte. Ons vra asb. vir ouers vir hulp met hierdie projek—al kan u net één item skenk, sal dit alreeds baie help.
NAVRAE: Irene Botha 083 520 8934 / (014) 533 2675.
.jpg)
Ons is op soek na TWEEDEHANDSE KLERE (babas, kinders en volwassenes) wat nog in ‘n goeie toestand is vir minderbevoorregte gesinne in ons skool. Stuur asseblief die SKOONGEWASTE klere na Irene Botha by die kantoor. Baie dankie!
|
Koinonia - omgeegroep
VIR NAVRAE: Kontak mev. Pitta Bosman by die skool: (014) 533 2080.
Benodig u voedsel vir u gesin?
Benodig u berading vir ‘n gesinslid?
Benodig u hospitaalbesoek?
Benodig u ondersteuning met die afsterwe van ‘n gesinslid?
DIE KOINONIA-OUERKOMITEE REIK GRAAG UIT NA LEERDERS EN OUERS IN ONS SKOOL WAT IN NOOD VERKEER.
Skakel asseblief die volgende NOODNOMMER indien u hulp verlang. Ons help graag! 073 892 7941.
Die welsyn van leerders, hulle ouers en die onderwysers, lê hierdie komitee na aan die hart. Hulle betoon naasteliefde en meelewing deur uit te reik na minder - bevoorregtes in ons skool. Die Krummeltjiekosprojek, waar toebroodjies daagliks aan die leerders voorsien word, asook maandelikse kospakkies vir gesinne in nood sorteer onder hulle projekte. Hospitaalbesoek word ook gedoen. Enige ouer is welkom om aan te sluit. Hulle het u nodig!!
Kontak: Sharryn Hatton-Jones by 082 788 9805.
HULP AAN MINDERBEVOORREGTE GESINNE: Ons skool, onder leiding van die Koinonia-ouerkomitee, reik graag uit na leerders en ouers wat finansieël swaarkry. Ons versoek ouers vriendelik om, waar dit moontlik is, hulp te verleen met hierdie projek. Daar bestaan geweldige nood hier reg onder ons neuse: kinders kom skool toe met leë magies, en moet by die huis beurte maak om te eet! U kan help deur huishoudelike ware skool toe te stuur vir verspreiding onder hierdie gesinne. Hieronder volg ‘n lys van nie-bederfbare produkte wat u skool toe kan stuur volgens graad.
Graad R-ouers:
Blikkies mielies/ertjies/ pilchards/frikkadelle
Handy Andy
Badseep & tandepasta
Spaghetti
Oats
Suiker
Rys
Stampmielies
Graad 1-ouers:
Blikkies baked beans/frikkadelle
Handy Andy
2-Minuut noedels
Mieliemeel
Graad 2-ouers:
Blikkies ertjies/ pilchards
Badseep/ tandepasta
Rys
Suiker
Graad 3-ouers:
Blikkies tuna/ gemengde groente
Sjampoe
Marmite/Bovril
Graad 4-ouers:
Blikkies mielies/ Bully beef
Skottelgoedseep
Konfyt
Koffie
Graad 5-ouers:
Blikkies tamatie en uie/weense worsies
Toiletpapier
Peanutbotter
Tee
Graad 6-ouers:
1. Blikkies spaghetti in tamatiesous/Bully beef
2. Waspoeier
3. Weetbix
4. Soppoeier
Graad 7-ouers:
Blikkies boontjies
of weense worsies
2. Macaroni
3. Oats
4. Toppers
|