Aansoek vir advertensie spasie
Kinderweek

NUUSBRIEWE
TEKEN IN


E-Pos

Wagwoord



REGISTREER
 

  Op 1-5 Junie 2009, hou ons in samewerking met die CMR 'n KINDERWEEK waar daar gefokus word op kinders se welstand en regte. 'n Omgeedag is gehou waar voogonderwysers met hulle leerders gesels het oor aktuele onderwerpe soos gesinsbande, ens. Verskeie kompetisies en 'n muntlegging het deel gevorm van hierdie spesiale week.
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 

KINDERWEEK WENBRIEWE:

BRIEF 1 

Pypstraat 50
Uitbreiding 6
Roodepoort
0207
28 Mei 2009


Beste Stefan

Die woord tiener word gewoonlik gekoppel aan opstandigheid, verskreeu vir Ma en Pa en klap die kamerdeur toe. Ha….Ha….. by ons huis werk dit nie só nie!

Ek is ‘n kind wat in ‘n stabiele huis grootword. Daar is streng reëls. Ek weet baie goed wat is reg en wat is verkeerd. Dis ‘n feit soos ‘n koei dat ek nie sal waag om ooit my kamerdeur toe te klap nie. ‘n Stabiele huis met dissipline gee vir ‘n kind stabiliteit en selfvertroue.

My ouers en familie ondersteun my in alles wat ek doen. As ek dalk ‘n fout maak, sal ek my fout reg maak en my ouers sal my motiveer maar hulle sal my ook nie sleg sê of afbreek nie. Net een lewensles: leer uit jou foute.

Godsdiens speel ook ‘n baie belangrike rol in my lewe. Dit is my anker. Sonder die Here kan ek nie lewe nie.


My Pa en Ma is my rolmodelle in my lewe. Hulle maak my groot soos die Here dit wil hê.

Groete
Christiaan

BRIEF 2

Oliverylaan 8
Proteapark
Rustenburg
0229
28 Mei 2009

Beste Gerhard

Ek is tog so bly hierdie week is al amper verby. Ons het toetse geskryf en het projekte om te doen en in te gee. Ek is nie bly oor die eksamen wat om die draai is nie maar die vakansie is ook oppad en dan gaan ek baie pret hê.

Volgende week is dit mos kinderweek. Weet jy wat kinderweek is? Dit is wanneer almal fokus op ons kinders, veral die kinders sonder huise en kinders wat mishandel word.
Dit is verskriklik om te hoor hoeveel kinders daar in ons land is wat behoeftig is en seer gemaak word. Ons het soveel om voor dankbaar te wees. Volgende week en Maandag gaan ons in die saal vertel word oor die kinderprojek van die CMR, Woensdag moet almal teddiebere skooltoe vat en Donderdag hou ons ‘n muntlegging vir die kinderfonds.

Nou ja, nou weet jy wat ons volgende week doen! Skryf tog gou terug en vertel my wat maak julle volgende week.

Stuur my groete vir almal daar.

Niël

BRIEF 3

Posbus 20731
Proteapark
Rustenburg
0305
27 Mei

Beste Nadia

Ek het van dag interessante nuus gekry…… of dalk is dit “skok- nuus”. Kan jy glo! My ma is weer swanger. Ek is nogal verras.

Sjoe! Ek wonder of dit ‘n seuntjie of dogtertjie gaan wees. Eintlik sal ek ‘n boetie verkies maar ‘n sussie sal ook reg wees. Ek weet my ma is nie meer so jonk nie en daarom is ek bietjie bekommerd oor haar. Gelukkig is ons nog drie in die huis, wat mooi na haar sal kyk.

Eintlik voel ek so bietjie opgewonde maar tog dalk ongemaklik ook. Weet jy, dat as ek in matriek is, sal die “nuweling” in graad een wees? Ek hoop nie ek gaan baie gepla word nie. Tog kan ek nie wag nie. Ons sien almal daarna uit.

Nouja, nou weet jy. Ek sal jou laat weet of dit ‘n dogtertjie of ‘n seuntjie gaan wees.

Kyk solank uit vir oulike speelgoed!

Liefde groete
Serita

Tel: (014) 533 2080/1 | Faks: (014) 533 2522 | epos: lsprotea@mweb.co.za | www.lsproteapark.co.za