Aansoek vir advertensie spasie
Jukskei

NUUSBRIEWE
TEKEN IN


E-Pos

Wagwoord



REGISTREER
 

JUKSKEI:

Nasionale Jukskeikliniek: 30 Junie - 2 Julie in Randfontein. Jean Nel, Marno Nel, Jacques Oelofse, Eugene Huyser en Janco Huyser het wedstryde gespeel en die fynere punte van die spel geleer soos goeie kommunikasie, afrigting, vashou van skeie, steek van pen, ens. Twee beginners van Proteapark, Etiene en Elrico van Schalkwyk was ook daar. Marno en Elrico het bekers ontvang vir die beste vordering; en Jean het die beker verower in die gevorderde groep.

Tydens die SKOLE-TOERNOOI in Kroonstad op 27-29 Junie 2011, het Proteapark GOUD verwerf! Die span bestaan uit: Jean Nel (kaptein), Marno Nel, Jacques Oelofse, Eugene Huyser en Janco Huyser. Die span het 4 wedstryde, dubbels en trips gespeel. Jacques het 'n serifikaat ontvang vir beste vordering. Die span se afrigter tydens die toernooi was Marie Marais van Pretoria.

Jean Nel het vir twee agtereenvolgende jare Nasionale kleure in Jukskei verwerf. Die o/13 A Gauteng-Wes seunspan het die reekstrofee verower tydens die SA Junior Kampioenskappe verlede jaar onder leiding van Jean as kaptein. Tydens 'n nasionale toer, verwerf hy 'n silwer medalje vir die liga, en in Mei vanjaar verower hy 'n goue medalje in 'n Toets teen Namibië. Welgedaan!

   

 

 

 

 

 

Tel: (014) 533 2080/1 | Faks: (014) 533 2522 | epos: lsprotea@mweb.co.za | www.lsproteapark.co.za