Aansoek vir advertensie spasie
Intermediêrefase

NUUSBRIEWE
TEKEN IN


E-Pos

Wagwoord



REGISTREER
 

Wo. 10 Sep.
Tegnologie
Do. 11 Sep.
LO
Vr. 12 Sep.
Afrikaans
Ma. 15 Sep.
Engels
Di. 16 Sep.
Wiskunde
Wo. 17 Sep.
K&K
Do. 18 Sep.
NW
Vr. 19 Sep.
SW
Ma. 22 Sep.
EBW

OUER-INLIGTINGSAANDE 2012:

Graad 4: Donderdag, 19 Januarie 2012, 18:00, skoolsaal.
Graad 5-7: Dinsdag, 31 Januarie 2012, 18:00, skoolsaal.

EKSAMENSTRES?????

Tekens van te veel stres by 'n kind:
Prikkelbaar en humeurig
Moeg en sukkel om te slaap
Spierpyne, hoofpyne en rugpyn
Bekommerd en voel hulpeloos
Sukkel om te konsentreer
Blameer almal en kla oor alles
Diarree
Lusteloos—glad nie opgewonde oor enigiets nie.

Hoe kan ‘n kind stres hanteer?
Wees georganiseerd. Maak seker jy het die afbakenings en al die werk wat jy moet leer.
Stel ‘n studierooster op en begin betyds leer.
Doen asemhalings– en ontspanningsoefeninge. Neem gereeld ruskansies—gaan stap ‘n vinnige draai in die tuin en kry sommer vars lug ook!
Bly weg van koffie en coke—die kafeïen laat jou net meer stres!
Glo in jouself—jy het geleer, so jy ken jou werk!

Hoe kan Ma en Pa help?
Maak seker jou kind weet hy kan met jou praat oor enige probleem.
Gun jou kind tyd om te studeer, moenie onnodige aktiwiteite reël in eksamentyd nie.
As jou kind makliker leer in ‘n groep, laat hom toe om saam met maats te leer.
Maak lekker gesonde kos en sorg dat jou kind gereeld eet.
Sorg vir ontspanningsaktiwiteite en moedig jou kind aan om te ontspan.
Gee genoeg positiewe terugvoer—verseker jou kind dat jy in sy vermoëns glo.
 
 

NUWE SLAAGVEREISTES:

GRAAD 4-7:

Minstens 'n 4 vir 3 leerareas, waarvan een die Huistaal of Taal van onderrig en leer moet wees en minstens 3 vir 3 van die ander leerareas, waarvan Wiskunde een moet wees.

SLEUTELS: NASIONALE KODES
Kodes Beskrywing % waarde
7 Uitstaande bemeester 80-100%
6 Baie goed bemeester 70-79%
5 Goed bemeester 60-69%
4 Bemeester 50-59%
3 Gedeeltelik bemeester 40-49%
2 Elementêr bemeester 30-39%
1 Nie bemeester 1-29%

LEWENSORIëNTERING: GRAAD 4-7:

20% van die totale LO-punt is afkomstig van die Liggaamlike Opvoeding wat op die veld gedoen word. 80% van die punt word deurlopend tydens die kwartaal EN van die toetspunt verkry.  

 

Tel: (014) 533 2080/1 | Faks: (014) 533 2522 | epos: lsprotea@mweb.co.za | www.lsproteapark.co.za