|
LAERSKOOL PROTEAPARK: HUISWERKBELEID
1. INLEIDING
1.1 Huiswerkopdragte is deel van die onderrig-en leeraktiwiteite en moet goed bestuur word.
1.2 Huiswerk moet sinvol aansluit by onderrig en leer.
1.3 Die volgende is van belang wanneer daar na huiswerk verwys word:
1.3.1 Doel van die huiswerk
1.3.2 Beginsels van effektiewe huiswerk.
1.3.3 Toewysing van tyd.
1.3.4 Tipe huiswerkopdragte.
2. DIE DOEL VAN HUISWERK
2.1 Bied die leerders ‘n geleentheid vir inskerping van vaardighede, kennis en waardes wat by die skool geleer is.
2.2 Bied die leerders die geleentheid om dit wat hulle geleer het toe te pas op ander voorbeelde oefeninge en opdragte.
2.3 Ontwikkel gereelde en goeie studiegewoontes.
2.4 Skep vir leerders geleenthede om hulle persoonlike inisiatief te toon en bestaande kennis toe te pas.
2.5 Motiveer leerders om verantwoordelikheid te neem vir eie vordering.
2.6 Stel leerders in staat om hulle eie vordering te meet en stel die onderwyser in staat om vas te stel of sy / haar onderrig effektief was.
2.7 Bied ‘n geleentheid aan leerders om tydsbestuur te doen.
2.8 Bewerkstelling samewerking tussen skool en ouers. Ouers moet die leerders se huiswerkopdragte teken en raak sodoende betrokke by die leerders se werk.
2.9 Om pligsgetrou huiswerkopdragte uit te voer ontwikkel eienskappe soos verantwoordelikheid, deeglikheid, entoesiasme en selfdissipline.
2.10 Alhoewel huiswerk in die Grondslagfase ‘n nie-verpligte aktiwiteit is, word dit hoofsaaklik gegee as vaslegging en uitbreiding van leerstof en vaardighede. Dit word ook as ‘n uiters sinvolle aktiwiteit beskou om roetine, ordelikheid, beplanning, verantwoordelikheid en selfdissipline te help ontwikkel.
3. ONDERWYSERS SE VERANTWOORDELIKHEID
3.1 Huiswerk moet ‘n verlengstuk wees van dit wat in die klas gedoen is.
3.2 Moet bekend wees vir leerders en duidelik uiteengesit word. Duidelike riglyne sal enige verwarring uitskakel.
3.3 Kontroleer die huiswerk en gee terugvoering aan die leerders. Leerders kan self hulle werk kontroleer.
3.4 Moenie huiswerk as ‘n metode gebruik om leerders te straf nie, of net om hulle besig te hou nie.
3.5 Die onderwyser moet ‘n kollektiewe plan opstel wat aandui watter oefeninge, opdragte en take gegee gaan word as klaswerk en watter gegee gaan word as huiswerk en hoeveel tyd aan elke opdrag gespandeer behoort te word.
3.6 Die huiswerk tydtabel moet deel vorm van die klas se tydtabel, sodat kontinue assessering verseker word.
3.7 Onderwysers behoort duidelike riglyne te gee rakende elke huiswerk opdrag, asook die uitkomste wat die leerders sal bereik wanneer die huiswerk korrek voltooi word.
3.8 Onderwysers skryf huiswerk baie duidelik op die huiswerkbord in die klas. Huiswerk word nie mondeling gegee nie. Gee leerders tyd om die huiswerk af te skryf.
3.9 Kwaliteit teenoor kwantiteit: Dit is nie nodig om te veel oefeninge te gee om ‘n nuwe konsep te konsolideer nie.
3.10 Huiswerk moet hanteerbaar wees vir leerders. Vermy te veel geskrewe huiswerk vir die laer grade. Dit is belangrik dat leeders ook ontspanningstyd sal hê.
4. DIE OUER /VOOG SE VERANTWOORDELIKHEID
4.1 Opvoeders behoort ouers /voogde gereeld in kennis te stel oor die vordering van hul kinders se huiswerk. Ingeligte ouers voogde sal beter bemagtig wees om hulle kinders se huiswerk te monitor.
4.2 Die ouer / voog behoort kennis te neem van die studiegids waarin leerders hulle huiswerk afskryf en vra waarmee hulle hulle kinders kan bystaan.
4.3 Huiswerk moet so opgestel word dat leerders self verantwoordelikheid vir die voltooing van die huiswerk sal aanvaar.
5. DIE LEERDER SE VERANTWOORDLIKHEID
5.1 Huiswerk moet daagliks afgeskryf word in die studiegids. Dit bly die leerder se verantwoordelikheid om die huiswerk af te skryf en na die beste van hulle vermoë te voltooi.
5.2 Leerders wat versuim om huiswerk te doen word volgens die voorskrifte in die “Gedragskode vir leerders” hanteer. ‘n Huiswerkplakker word in die leerder se skrif geplak wat sy /haar ouers moet teken. Na die tweede plakker word ‘n gedragskode inskrywing gemaak.
6. TYDSTOEWYSING
6.1 Onderwysers moet baie realisties t.o.v. tyd wees wanneer huiswerk beplan word.
6.2 Die volgende is ‘n goeie riglyn vir die totale tyd wat ‘n leerder aan huiswerk moet bestee per dag:
6.2.1 Intermediêre fase: 30 minute tot een uur
6.2.2 Seniorfase: een tot twee uur
6.3 Indien leerders ‘n navorsingsprojek kry om te voltooi, moet die opdrag ten minste twee weke voor die tyd aan die leerders gegee word.
6.4 In die Grondslagfase is dit ‘n nie-verpligte aktiwiteit, maar daar word gepoog om gereelde huiswerk (Maandag tot Donderdag) te gee binne die volgende tydstoekenning:
Gr. R: 10 min perdag (is meestal onthou-oefeninge)
Gr. 1: 15 minute per dag
Gr. 2: 20 minute per dag
Gr. 3: 30 minute per dag
7. TIPES HUISWERKOPDRAGTE
7.1 Beplanning van elke opdrag is belangrik.
7.2 Die leerders moet weet as die opdrag deel van kontinue assessering uitmaak.
7.3 Groepwerk word in die klas gedoen.
7.4 Voorbeelde van tipes huiswerkopdragte:
7.4.1 Geïntegreerde huiswerk: Dit kan gedoen word d.m.v. werkkaarte. Hierdie huiswerk kan verskeie vrae of ‘n probleemgesentreerde vrae bevat wat op die inhoud van toepassing is. Hier word van die leerder verwag om verskeie vaardighede toe te pas om die werkkaart te voltooi bv. Kortvrae; paragraaf tipe vrae; sketse, diagramme; kaartwerk en grafieke
7.4.2 Inoefening huiswerk: Leerareas soos bv Wiskunde en EBW benodig inoefening van sekere vaardighede , nl. Optel, aftrek, vermenigvuldiging en deling. In die tale word spellng ingeoefen. In Tegnologie kan sketswerk ingeoefen word.
7.4.3 Memoriseringshuiswerk. Leerders leer werk waaroor daar ‘n toets of eksamen geskryf word.
7.4.4 Navorsing: Leerders moet navorsing doen en ‘n taak saamstel. Assessering word gedoen m.b.v. ‘n rubriek en leerders kry 2-3 weke om dit te voltooi. Die leerders doen die beplanning van die taak in die klas en word vir die beplanning geassesseer. Navorsingsbronne word klas toe gebring en genoeg tyd word gegee om die taak in die klas te voltooi. Indien die leerder sy taak tuis op die rekenaar wil tik en laat druk, moet dit ooreenstem met die beplanning deur deur die leerder in die klas gedoen. Die rofwerk word saam met die getikte taak ingehandig.
7.4.5 Terugvoering: Daar mag van leerders verwag word om terugvoering te gee van sekere waarnemings wat gemaak is en ondersoeke wat gedoen is.
7.4.6 Verwysingswerk: Dit sluit intensiewe lees in, observasie van ‘n geleentheid, die versameling van inligting om leerders voor te berei vir die volgende les of as ondersteuning vir ‘n les wat volg.
7.4.7 In die tale word die volgende huiswerkopdragte gegee:
7.4.1 Gesproke taal opdragte: Dit is aktiwiteite wat die leerders se vermoë ontwikkel om gesproke of gebarekommunikasiestrategieë toe te pas.
7.4.2 Voorbereide toespraak: ‘n Vorm van navorsing of ondersoek as ‘n voorbereide aktiwiteit.
7.4.3 Verslag: Leerders lewer ‘n verslag op ‘n aangeleentheid wat plaasgevind het.
7.4.4 Hardoplees: Leerders moet in staat wees om ‘n gedeelte te lees en te gebruik te maak van stemprojeksie, vlotheid, uitdrukking en ander strategieë.
7.4.5 Prosesskrywe: Beplanning, konsep, redigering, kopie.
7.4.6 Kreatiewe skryfkuns: Langer stukke: verhalend, beskrywend ens...
Korter stukke: gedigte, paragrawe, dialoog en liedjies.
7.4.7 Funksionele skrywes: Advertensies, briewe, dagboekinskrywings, verslae, plakkate, e-pos, CVs, rympies en slagspreuke.
7.4.8 Ondersoektaak: inligtingsoektog, uitvoering van taak
7.4.9 Reaksies op teks: Huiswerk sal reaksie vorm op geskrewe teks.
7.4.10 Gestruktureerde vrae
7.4.11 Vraelyste
7.4.12 Werksopdragte
7.4.13 Praktiese oefeninge
7.5 In Kuns en Kultuur word relatief baie min huiswerk gegee. Opdragte word hoofsaaklik in die klas voltooi. Indien ‘n leerder egter baie stadig werk, of afwesig was, kan dit as huiswerk gedoen word.
Die bymkaarmaak van kunsbenodigdhede en inligting benodig vir die projek kan as huiswerk gegee
word.
8. SAMEVATTING:
Aangesien huiswerk ‘n belangrike faset is van klaskamerbestuur, moet dit genoeg aandag geniet. Effektiewe bestuur kan dié aspek van onderrig-leer ‘n stimulerende en verrykende ervaring maak vir beide onderwyser en leerders.
|