Aansoek vir advertensie spasie
Gr.1

NUUSBRIEWE
TEKEN IN


E-Pos

Wagwoord



REGISTREER
 

GRAAD 1: 

ALGEMENE INLIGTING VIR GR. 1’s vir 2012

Somerskooldrag is Parkiedrag sonder skoene. Skoene of tekkies is al uit voor 1e pouse en raak net weg, want hulle speel voluit! Alles te koop by Parkietique langs snoepie op Maandae tot Vrydae van 07:00 – 14:00.

Lys met skoolbenodigdhede is beskikbaar by administratiewe kantoor en Parkieland. Alles te koop by Griffelhoekie naby die aantreepunt van voorskool tot 13:00.

MAAK SEKER ASSEBLIEF :

Ons gebruik net helderkleurige, plastiese bokstipe tassies, ander soorte soos rugsakke pas nie in
ons individuele hokkies nie!

Alles, tasse, alle benodigdhede, legkaartstukkies, klere en kosblikke moet gemerk wees. Wees slim en koop twee eenderse kosblikke, merk albei en help dat maat nie vergeet watter kosblik skooltoe gebring is nie. ‘n Kosblik is vir elke nuwe gr. 1 maat die kosbaarste item van elke dag!

Pak slegs voedsame kossies, vrugte en sap/water in vir pouses. Geen lekkergoed of gaskoeldrank asseblief. Vrydae is snoepiedag en kan hulle koop of eet wat hulle wil. Ander weeksdae mag leerders net snoepie toe gaan om KOS te koop indien nodig! 

OUER-INLIGTINGSAAND: Woensdag, 1 Februarie 2012, 18:00, klaskamers.

!Baie dankie aan al die ouers wat die aand bygewoon het!

Skryfbehoeftelys

 

Tydens die graad 1-Bekendstellingsfunksie op Donderdag, 20 Oktober 2011, het ouers meer gehoor oor die skool...

Uitstallings van buite-kurrikulêre aktiwiteite in die voorportaal.

Die voorsitter van die Beheerliggaam, dr. Marius Oosthuizen, spreek die ouers toe.

Mev. Ina Visser, Departementshoof: Grondslagfase.

Ons hoof, mev. Judy Schraader, aan die woord.

 

 

 

 

 


 

 

Tel: (014) 533 2080/1 | Faks: (014) 533 2522 | epos: lsprotea@mweb.co.za | www.lsproteapark.co.za