Aansoek vir advertensie spasie
Gedragskode: onderwysstudente

NUUSBRIEWE
TEKEN IN


E-Pos

Wagwoord



REGISTREER
 

LAERSKOOL PROTEAPARK: GEDRAGSKODE ONDERWYSSTUDENTE

1. VISIE

· Bevordering van waardes in ooreenstemming met religieuse beginsels.
· Bemagtiging en voorbereiding van studente vir hulle professionele loopbaan in samewerking met die universiteit deur kurrikulêre en buite kurrikulêre aktiwiteite.
· Aanmoediging van studente om verantwoordelikheid te aanvaar om hul aanwendbaarheid in die professie deur die uitbreiding van vaardighede op kurrikulêre en buite kurrikulêre vlak, te verhoog.

2. MISSIE

· Om die belangrikheid van ‘n goed aangepaste onderwysstudent/ onderwyser te beklemtoon. · Om ‘n gedissiplineerde en doelgerigte omgewing te vestig.
· Om selfdissipline by elke student te bevorder en te handhaaf.
· Om die kwaliteit van die leerproses van onderwysstudente te verhoog.
· Om onderwysstudente te bemagtig ten opsigte van akademiese-, geestelike-, kulturele-, sport-, en sosiale vaardighede met die doel om ‘n positiewe bydrae te lewer tot die gebalanseerde ontwikkeling van leerders.
· Om by te dra tot die bevordering van ‘n kultuur van menseregte in die Suid-Afrikaanse Konstitusionele Staat, met spesifieke verwysing na die opvoedkundige terrein.

3. Grondslag van die Gedragskode

Hierdie gedragskode is waarde gedrewe en is in ooreenstemming met en eerbiedig die waardes en regte wat in die Grondwet van die Republiek Suid-Afrika (Wet 108 van 1996) opgesluit lê. Beide dokumente bevestig die demokratiese waardes van menslike waadigheid, gelykheid en vryheid. Vir die onderwysstudente in hierdie fakulteit, kan die volgende as die belangrikste aspekte in die besondere verband beskou word:
§ Rol en verantwoordelikhede
§ Regte en pligte van die student
§ Voorbeelde van moontlike wangedrag

4. Rol en verantwoordelikhede

Studente van die SBO-program : Laerskool Proteapark
o Respekteer die religieuse beginsels soos deur die fakulteit, universiteiten die skool;
o Erken die edele roeping van hul professie ten einde die leerders van ons land op te voed en op te lei;
o Erken dat die houding, toewyding, selfdissipline, idees, opleiding en gedrag van die onderwysprofessie, die kwaliteit van opvoeding in hierdie land bepaal;
o Verbind hulself om alles in hul vermoë te doen in die uitvoering van hul professionele pligte, om volgens die ideale van hul professie, soos in hierdie kode uiteengesit, op te tree;
o Tree op ‘n gepaste wyse op sodat hul gedrag nie die onderwysprofessie oneer aandoen nie;
o Streef daarna om ‘n stel persoonlike waardes te ontwikkel wat in ooreenstemming met erkende beginsels soos in die Handves van Menseregte in die Grondwet van Suid-Afrika aamgevat is;
o Gebruik behoorlike taal en tree respekvol op teernoor dosente, medestudente, leerders en onderwysers (tydens praktiese onderwys)
o Is nie nalatig of traag in die uitvoering van sy of haar plig as leerderskapstudent nie;
o Respekteer die verskillende verantwoordelikhede wat aan die studente toegeken is en die gesag wat daaruit spruit om die gladde verloop van die skool se opleidingsprogramme op kurrikulêre en buite-kurrikulêre vlak te verseker;
o Erken en aanvaar die prosedures van die fakulteit, die universiteit en skole in die hantering van onbevoegdheid of wangedrag;
o Bly op hoogte van opvoedkundige tendense en ontwikkeling
o Bevorder die volgehoue ontwikkeling van die onderwys as professie;
o Aanvaar dat hulle ‘n professionele plig het tot die onderwys deur loopbaanmoontlikhede van die professie aan potensiële studente bekend te stel;
o Erken dat sekere varantwoordelikhede en gesag in die falulteit en universiteit gevestig is deur wetgewing en stel hulself onderhewig aan moontlike dissiplinêre prosedures;
o Tree professioneel op tydens praktiese onderwys (leerderskaptydperk) deur onder andere:
§ Hulself daarvan te weerhou om vertroulike aangeleenthede oor die fakulteit, universiteit, skole en leerders met ongemagtigde persone te bespreek.
§ Te alle tye gepas op te tree volgens wat die spesifieke situasie vereis.
§ Leeerderskaptydperk suksesvol te voltooi deur aan die voorgeskrewe akademiese vereistes te voldoen en praktiese onderwys soos bepaal in kontrak stiptelik na te kom.
o Erken die gesag van die SBO-bestuur en die bestuur van die skool en onderneem om alle beleidsriglyne getrou na te kom.

5. Regte en pligte van studente

Daar moet op gelet word dat elke reg ‘n ooreenstemmende plig het wat op die draer van hierdie regte berus. Die argument is gebaseer op die feit dat medestudente ook draers van die regte is en elke individu die regte van ander moet respekteer.

In ooreenstemming met die Suid-Afrikaanse Handves van Menseregte, kan die volgende as die belangrikste regte van studente gesien word:
o Alle studente word as gelyk gesien en niemand sal aan onregverdige diskriminasie onderwerp word nie. Geen student sal enige regte ontvang of geweier word op grond van enige rede, ingesluit maar nie beperk tot ras, geslag, etniese of sosiale afkoms, kleur, seksuele oriëntasie, ouderdom, gebreke, godsdiens, gewete, geloof, politiese opinie, kultuur, taal, huwelikstatus of gesinsverantwoordelikhede.
o Elke student het die reg tot respek vir en beskerming van sy of haar menswaardigheid.
o Elke student het die reg tot privaatheid van sy of haar persoon, besittings, akademiese rekords, klere en voorkoms.
o Elke student het die reg tot vryheid van godsdiens, geloof en opinie.
o Elke student het die reg tot vryheid van beweging. Dit sluit die reg in tot toegang tot en die gebruik van fasiliteite wat aan studente toegeken is op kampus.
o Elke student het die reg tot vryheid van verbintenis.
o Elke student het die reg tot vryheid van uitdrukking, wat die reg insluit tot die ontvangs of mededeling van inligting of idees.
o Elke student het die reg tot veiligheid teen fisiese of psigiese gevare en dreigmente.
o Elke student het die reg tot ‘n omgewing wat skoon is en nie skadelik is vir sy of haar gesondheid of welstand nie.
o Elke student het die reg tot akademiese opleiding van hoë gehalte en gereelde toegang tot lektore.
o Elke student het die reg tot regverdige administratiewe optrede, insluitende die reg om sy of haar kant te stel in geval van dissiplinêre sake. Die universiteit se voorgeskrewe dissiplinêre prosedures moet in alle omstandighede gevolg word. As ‘n student skuldig bevind word aan ‘n oortreding, sal die uitspraak van die straf ooreenkom met die wetlike en opvoedkundige beginsels van regverdigheid en billikheid ten opsigte van die belange van die gemeenskap en die betrokke student.

6. Wangedrag:

· Die volgende voorbeelde word as die belangrikste dade van wangedrag beskou waaraan ‘n SBO-student skuldig bevind kan word.
· Die lys is nie voltooi nie en kan bygewerk word na konsultasie met die verteenwoordigers van die Vereniging van Onderwysstudente.
· Hierdie voorbeelde is in ooreenstemming met die Wet op Indiensneming van Opvoeders (Wet 76 van 1998, soos gewysig in 2000).
· Hierdie gedeelte moet saam gelees word met Universiteit Statuut, wat handel oor dissipline op studente vlak.
· Diefstal, omkopery, bedrog of korrupsie ten opsigte van eksamens of promosieverslae.
· Seksuele misdrywe teen leerders in skoolverband, medeleerders, lektore, SBO-personeel of aanranding of poging tot aanranding of dreigement van aanranding, met die doel om ‘n skoolleerder, medeleerder of lektor of SBO-personeellid te beseer.
· Onwettige besit van verslawende middels.
· Onwettige besit of verkeerdelike gebruik (d.i. beskadiging of verloor) van die besittings van die skool, fakulteit, universiteit, medestudente, lektore of SBO-personeel.
· In gevaarstelling van hom- of haarself of ander deur die verontagsaming van veiligheidsreëls of –regulasies.
· Die administrasie, dissipline of effektiwiteit van die fakulteit of universiteit van klasse verskoon (oriënteringsweek en praktiese kontaksessies).
· Onaanvaarbare gedrag tydens praktiese onderwys of buite kurrikulêre aktiwiteite.
· Toon disrespek teenoor ander of intimideer medestudente, personeellede of medekollegas by die skool, leerders en ouers.
· Onbillike diskriminasie teen ander persone.
· Onder die invloed wees van ‘n verslawende middles, insluitende alkohol.
· Verhoed medestudente om hul regte uit te oefen om hul vrylik tot enige groep te verbind.
· Die dra van vuurwapens of ander gevaarlike wapens sonder geskrewe toestemming van die Direkteur, Beskermingsdienste van die Universiteit, hoof van die skool.
· Vals verklarings of bewys voorlê of die vervalsings van rekords of enige ander dokumentasie. (Plagiaat)
· Opsweping van ander studente onwettige optrede, of die veroorsaking dat ander studente op die bogenoemde wyse optree.

7. Gevolgtrekking
In ooreenstemming met die beginsels wat neergelê is in artikel 36 van die Konstitusie – die beperkingsklousule – is geen regte wat in hierdie dokument ingesluit is, absoluut nie en kan daarom beperk word onder spesifieke omstandighede en op ‘n wyse wat gepas geag word deur die universiteit of fakuliteitsowerhede. Elke student het die reg tot billike demonstratiewe aksies soos geformuleer in artikel 33 van die Konstitusie, wat inter alia impliseer dat alle dissiplinêre aksie wat teen studente geneem word, moet ooreenstem, met die voorgeskrewe procedure van die universiteit, in ag geneem die reëls van natuurlike regverdigheid. Die student wat by die skool geplaas word is ook onderworpe aan die gedragskode van die skool soos bepaal deur die betrokke instelling se skoolbeleid.
Tel: (014) 533 2080/1 | Faks: (014) 533 2522 | epos: lsprotea@mweb.co.za | www.lsproteapark.co.za