Aansoek vir advertensie spasie
Gedragskode: leerders

NUUSBRIEWE
TEKEN IN


E-Pos

Wagwoord



REGISTREER
 

 

GEDRAGSKODE: LEERDERS:

PROSEDURE BY TOEPASSING VAN GEDRAGSKODE, ASOOK DIE STRAWWE VIR ONDERSKEIE KATEGORIEË:

Karegorie A: Wangedrag
1. Leerder ontvang vir elke kategorie A oortreding 5 voogpunte wat op 'n LP43 ingestuur word kantoor toe. Dit word op leerder se lêer geplaas en 'n SMS word aan ouers gestuur.
2. Indien die leerder 30 voogpunte of 6 inskrywings in Kategorie A het, ontvang hy Detensie vorm 1 om hom en sy ouers te vergewis van die datum en tyd waarop hy detensie dit, asook 'n uitdruk met sy oortredings. Die brief moet geteken aan die voogonderwyser terugbesorg word, voor die volgende dag om 10vm.
3. Leerders met 12 inskrywings onder Kategorie A sal Detensie vorm 2 ontvang vir volgende detensie.

Straf vir kategorie A: Wangedrag
1. Vir elke 6 oortredings in Kategorie A, sal leerder detensie sit.

Kategorie B: Wangedrag
1. Alle Kategorie B oortredings word direk by die adjunkhoof aangemeld.
2. Alle Kategorie B oortredings lei tot direkte optrede waarby leerders vorm A ontvang en ouers geskakel en verwittig word van brief oor onderhoud. Brief moet hoof voor 10vm. die volgende dag bereik.
3. Indien die leerder 12 oortredings in Kategorie A het, sal die volgende oortreding 'n Kategorie B oortreding wees en ontvang die leerder 30 voogpunte vir herhaalde oortreding van skoolreëls. Stappe soos in punt 2 sal gevolg word.
4. Indien die leerder 6 van dieselfde oortredings in Kategorie A begaan, sal die vierde oortreding 'n Kategorie B oortreding wees en ontvang die leerder 30 voogpunte vir herhaalde oortreding van 'n skoolreël. Stappe soos in punt 2 word gevolg.
5. Indien die leerder 'n Kategorie B oortreding begaan, sal optrede nodig wees soos in punt 2 hierbo.

Straf vir Kategorie B: Wangedrag 
In toepaslike omstandighede, kan 'n kombinasie van een of meer van onderstaande strafmaatreëls toegepas word:
1. Gemeenskapsdiens tot 'n maksimum van 6 ure.
2. Detensie vir 'n maksimum van 2 ure.
3. Ontneming van voorregte; insluitend die reg om die skool in sport of enige ander buitemuurse aktiwiteit te verteenwoordig, soos deur die hoof bepaal word vir 'n tydperk van tot 6 weke.
4. 'n Geskrewe apologie aan personeellede en leerders van skool, aangebring op skool se kennisgewingbord, vir 'n tydperk van twee weke. Waar dit meer toepaslik in omstandighede sal wees, kan sodanige apologie mondelings gegee word aan klasopvoeder, ander opvoeder of die individu of groep wat deur wangedrag geraak is.
5. Berading
LEDE VAN DIE DAGBESTUUR:
1. Tesame met, of in alternatief, tot bogenoemde.
2. Skorsing van pligte vir tydperk van tot ses weke.
3. Afdanking en permanente verwydering uit posisie as lid van die dagbestuur.

Kategorie C: Wangedrag
1. Indien die leerder drie Kategorie B oortredings begaan en daar reeds twee keer met ouers 'n onderhoud gevoer is en leerder reeds verskeie strawwe uitgedien het en 'n derde Kategorie B oortreding begaan word, is dit 'n Kategorie C oortreding en die leerder ontvang 70 voogpunte. Die leerder ontvang Brief B en ouers word gekontak om hulle van brief oor tugverhoor in te lig. Die brief moet hoof voor volgende dag om 10vm. bereik.
2. Indien die leerder 'n Kategorie C oortreding begaan, word stappe soos in punt 1 gevolg.

Straf vir Kategorie C: Wangedrag
1. Straf soos in Kategorie B hierbo, gekombineer met skorsing uit skool vir tot 1 week. Laasgenoemde is opgeskort vir tot 9 maande op voorwaardes soos bepaal deur die Beheerliggaam, in konsultasie met die Hoof, insluitend 'n voorwaarde dat die leerder 'n program van behandeling en/of berading ondergaan soos wat redelikerwys noodsaaklik of gewens geag word, om die leerder te help om te hervorm.
2. Skorsing uit die skool, hangende 'n besluit van die onderwyshoof van die provinsie, of die leerder finaal uit die skool gesit kan word, al dan nie.

3. Indien leerder meer as 70 voogpunte het, mag leerder geen uitstappies bywoon nie, en sy naam mag nie op die kieserslys van die skool se leierraad verskyn nie.

KODELYS VIR AANSKRYWINGS OP GEDRAGSKODE

KATEGORIE A (10)

Alle Kategorie A oortredings se waarskuwings kry net ‘n “w” na die kode. Waarskuwings tel NUL punte.
BV 001 Voer nie opdrag van personeel uit nie
001w Waarskuwing ontvang - Voer nie opdrag van personeel uit nie

Kode: Algemene reëls
1. Leerders sal hulle ten alle tye gedra as goeie ambassadeurs van die skool 
100 Voer nie opdragte van personeel uit nie
101 Respekteer nie die regte van personeel en mede-leerders nie
102 Toetse nie geteken nie
103 Laatkom vir skool / klaswisseling
104 Gebruik van kru taal
105 Nie gebruik maak van studiegids nie
106 Boeke tuis vergeet
107 Eet in klas/ op aantreepunt
108 Oortreding van Klasreëls 
109 Oortreding van skoolreëls 
110 Huiswerk nie geteken nie 
111 Rapporte nie geteken nie
112 PP-skrywes nie geteken nie 
113 Huiswerk nie gedoen nie 
114 Benodigdhede vergeet

2. Leerderleiers / Leerder 
115 Leerderleiers moet te alle tye volgens die gedragskode vir leiers optree 
116 Leerders moet alle redelike versoeke van leerderleiers gehoorsaam

3. Afwesigheid van skool / buitemuurs 
117 Afwesigheid van skool sonder afwesigheidsbrief/dokter- sertifikaat 
118 Afwesigheid van buitemuurs sonder wettige verskoning 
119 Afwesig uit klas sonder toestemming

KATEGORIE B (30)
GEEN waarskuwings is hier van toepassing nie!

4. Enige herhaaldelike oortreding van Kategorie A
017
5. Skooleiendom:
018
Leerders is verplig om skooleiendom te alle tye te bewaar asook mede-leerders en personeel se eiendom. Skooleiendom mag nie sonder die nodige toestemming van die perseel verwyder word nie.
Die volgende is alles onder terrein ingesluit:
Geboue
Terrein
Toerusting
Boeke
Voorraad
Gereedskap
Motorvoertuie
Sporttoerusting
Enige ander (spesifiseer)

6. Algemene reëls
019 Opdragte word herhaaldelik nie uitgevoer nie
020 Onaanvaarbare optrede teenoor Personeel
037 Onaanvaarbare optrede teenoor mede-leerders
038 Skending van ander persone se regte
021 Herhaalde oortreding van klasreëls / skoolreëls
022 Leerder se skooldrag, sportdrag, hare komplimenteer nie die skool, personeel of leerling nie
023 Leerder se gedrag / optrede tydens skoolaktiwiteite skep ‘n negatiewe beeld van die skool
024 Leerders moet selfbeheersing, wedersydse respek en verdraagsaamheid teenoor mede-leerders, personeel en besoekers toon
025 Leerders se optrede / gedrag is ontwrigtend van aard
026 Leerders se optrede is opstandig teenoor leerders
039 Leerders se optrede is opstandig teenoor personeel
027 Leerders se optrede / gedrag is onbetaamlik van aard
028 Leerders se optrede / gedrag is doelbewuste nalatige beskadiging van skool, personeel, mede-leerder of besoeker se eiendom

7. Toetse, eksamen, klas- en huiswerk
029 Oneerlikheid
030 Afskryf van huiswerk
031 Stuur van briewe in klastyd / eksamentyd
032 In besit of gebruik van selfone in klas-/eksamentyd

8. Afwesigheid van skool
033 Herhaaldelik wegbly van die skool sonder toestemming
034 Skoolgronde verlaat sonder toestemming

9. Omgewing / Skoolterrein
035 Laat nie kleedkamers / klaskamers skoon en netjies nie
036 Verstop van afvoerpype en toilette

KATEGORIE C (70)
10 GEEN waarskuwings is hier van toepassing nie !

045 Herhaling van Kategorie B oortreding
046 Enige growwe oortreding van skoolreëls
047 Gedrag wat die veiligheid van ander leerders, personeel of besoekers bedreig en hulle regte ernstig aantas
048 Besit of gebruik van of dreig met ‘n gevaarlike wapen
049 Besit, gebruik, oorhandig of sigbare tekens van dwelmmiddels of ongemagtigde middels, alkohol of bedwelmende stowwe van enige aard
050 Bakleiery, aanranding of mishandeling
051 Immorele gedrag of godslastering
052 Valslik voorgee om iemand anders te wees
053 Skadelike graffiti, haatspraak, seksisme em rassisme
054 Diefstal of besit van gesteelde goedere, insluitende toets- of eksamenvraestelle voor aflegging van betrokke toets of eksamen
055 Onwettige optrede, vandalisme, vernietiging of beskadiging van skooleiendom
056 Oneerbiedigheid, afkeuringswaardige gedrag en beledigende taal teenoor personeel of mede-leerders
057 Herhaalde oortredings van die skoolreëls of hierdie Gedragskode
058 Kriminele en onderdrukkende gedrag soos verkragting of seksuele teistering
059 Viktimisasie, afknouery en intimidasie van mede-leerders
060 Oortreding van eksamenreëls
061 Doelbewuste en opsetlike verskaffing van vals inligting of die vervalsing van dokumentasie met om daardeur ‘n onregverdige voordeel in die skool te verkry
062 Ernstige bedreiging, ontwrigting of frustrasie van die leer- en onderrigproses in die klas
063 Deelneem aan sameswering om die behoorlike funksionering van die skool te ontwrig d.m.v. kollektiewe optrede
064 Belastering of aantasting van die waardigheid van ‘n lid van die personeel
065 Verspreiding van enige toets- of eksamenmateriaal wat ‘n ander leerder in staat mag stel om ‘n onregverdige voordeel in die toets of eksamen te verkry
066 Kullery in ‘n toets of eksamen
067 Enige vorm van openbare onwelvoeglikheid
068 Seksuele teistering
069 Besit of verspreiding van pornografiese materiaal
070 Om onder die invloed van alkohol of dwelms te wees
071 Versuim om te voldoen aan enige strafmaatreël wat weens ‘n oortreding van hierdie Gedragskode opgelê is
072 Versuim om sonder enige aanvaarbare verskoning dissiplinêre verrigtinge teen die leerder ingestel weens oortreding van hierdie Gedragskode, by te woon en aanwesig te bly
073 Omkopery van enige persoon of poging daartoe, m.b.t. enige toets of eksamen, ten einde onbehoorlike voordeel te bewerkstellig vir enige persoon
074 Enige ernstige kriminele oortredings waarby geweld of die aantasting van ‘n ander persoon se liggaamlike integriteit ter sprake is.

ALGEMENE NORME EN STANDAARDE

1. Dissipline:
Dissipline is 'n integrale deel van die onderwyssituasie en opvoeding kan nie daarsonder plaasvind nie. Dit kan beskryf word as die gesindheid van die individu en die gemeenskap waardeur hule vrywillig sekere perke aan hulle persoonlike vryheid en die vryheid van die gemeenskap aanvaar. Dit sluit ook in die aanvaarding van die gesag wat oor hulle gestel word om die milieu waarin hulle hulself bevind (in hierdie geval die skoolmilieu) ordelik en doeltreffend te bestuur. Die leerder moet volle verantwoordelikheid aanvaar vir sy/haar gedrag en vordering.

2. Vennootskap:
Dit is belangrik om heel eerste erkenning te gee aan die vennootskap wat bestaan tussen onderwysers, ouers en leerders. Die rol van die ouers en hulle verantwoordelikheid in hulle kinders se opvoeding is 'n baie belangrike faktor as ons goeie dissipline in ons skool wil hê. Leerders wat weet dat hulle ouers of voogde hulle vordering op skool monitor en ook per geleentheid met die onderwysers by die skool praat oor hulle kinders se gedrag en werk wat gelewer word, is gewoonlik leerders wat getrou hulle bes probeer en wat selde of ooit gedragsprobleme lewer. Ouerbetrokkenheid is dus 'n faktor wat groot prioriteit moet geniet en gedurig aangemoedig moet word. Dit is dus belangrik dat die ouers by inskrywing 'n volledige stel reëls ontvang en hulle skriftelik daarby neerlê. Ouers moet alle skrywes van die skool lees en alle afskeurstrokies teken voordat dit na die skool teruggestuur word. Afhangende van die oortredings wat deur hulle kinders by die skool begaan word, sal daar ook van hulle verwag word om die skool te besoek om probleme te bespreek.

3. Christelike lewensbeginsels
Christelike norms geld in alle gevalle waar gedrag ter sprake is en daarom moet die uitgangspunt van alle gedrag goeie maniere, respek vir ander en selfrespek wees. Net soos daar van die leerders verwag word om te alle tye respek teenoor hulle maats en die personeel te betoon, so word daar ook van die onderwyser verwag om leerders met respek te behandel deur nooit kwetsende opmerkings teenoor hulle te maak nie en altyd in billikheid teenoor hulle op te tree.

Leerders, ouers en personeel se gedrag moet nooit skade doen aan die skool se beeld nie. Trouens, die gedrag van genoemde partye moet bou aan die beeld van die skool as 'n inrigting wat gegrondves is op Christelike lewensbeginsels, wat streef na akademiese uitnemendheid en waar elke leerling die geleentheid gegun word om deur verantwoordelike volwasse leiding te groei en te ontwikkel tot volwassenes wat hulself kan handhaaf en 'n bydrae kan lewer in die samelewing. Klem moet dus gelê word op selfdissipline en positiewe eienskappe soos eerlikheid, stiptelikheid, selfwerksaamheid, getrouheid en netheid.
Waar straf toegepas word, word dit gedoen om die kind daarop te wys dat sy gedrag onaanvaarbaar is en dat dit reggestel moet word.

4. Regsbepalings:
4.1 Die leerder en/of sy ouer/voog het die reg om hom/ haar te beroep op 'n hoër gesag as daar twyfel bestaan oor sy/haar skuld of beswaar is teen die straf.
4.2 Die beheerliggaam kan behoudens die Suid-Afrikaanse Skolewet van 1996, ná 'n regverdige verhoor, 'n leerder skors van bywoning van die skool :
a. as 'n korrektiewe maatreël vir 'n tydperk wat nie een week te bowe gaan nie, of
b. in afwagting van 'n beslissing deur die onderwyshoof van die provinsie of die leerder uit die skool gesit moet word.
4.3 Behoudens die provinsiale onderwyser, mag 'n leerder uit die skool gesit word slegs :
a. deur die onderwyshoof van die provinsie, en
b. indien hy/sy na 'n regverdige verhoor skuldig bevind is aan ernstige wangedrag.
4.4 Geen bepaling van die Suid-Afrikaanse Skolewet van 1996 stel 'n leerder vry van die verpligting om die gedragskode van die skool na te kom nie.
4.5 Geen lyfstraf word toegelaat nie.

Tel: (014) 533 2080/1 | Faks: (014) 533 2522 | epos: lsprotea@mweb.co.za | www.lsproteapark.co.za