Aansoek vir advertensie spasie
Entrepreneursbeleid

NUUSBRIEWE
TEKEN IN


E-Pos

Wagwoord



REGISTREER
 

ENTREPRENEURSKLUBBELEID
 
1.     Die doel van die entrepreneurs-klub
1.1.  Die doelwitte van die entrepreneurs-klub is om leerders te bemagtig deur hulle
·            die kennis en die vermoë te gee om hulself te identifiseer en te bemagtig as entrepreneurs,
·            in staat te stel om ‘n unieke produk te ontwerp en bemark,
·            te leer hoe om hul eie reklame-veldtog te loots ( die ontwerp en opsit van advertensies),
·            op te lei hoe om ‘n sakeplan te voltooi nadat hul produk verkoop is.
 
2.     Vergaderings
2.1.  Daar sal verpligte vergaderings gehou word voor elke entrepreneursdag, waar die lede  aanvullende leessof, enige verwikkelinge asook hul sakeplanne sal ontvang. Daar word baie streng register geneem tydens al die vergaderings.
 
3.     Verkope
3.1.  Al die lede sal die geleentheid kry om op voorafbepaalde entrepreneurdae hul produkte te verkoop.
      
       Die prosedure tydens die verkoop van hul produkte is:
·            op die bepaalde dag word daar tafels voorsien waarop die goedere uitgestal kan word,
·            slegs tweede pouse mag gebruik word om goedere te verkoop,
·            leerders moet tafels versier, advertensies met pryse op aanbring en self sorg vir kleingeld,
·            hul betaal R 10,00 huur per tafel wat in die entrepreneurfonds inbetaal word en later vir lekkernye op uitstappies gebruik word,
·            die lede moet so gou as moontlik opruim en terugkeer klas toe,
·            hulle word aangeraai om ware entrepreneurs te wees en hul produkte af te wissel as hul produk swak verkoop.
       Neem asseblief kennis dat die volgende rëelings te alle tye geld: Geen diere,ysies, kougom, “party   poppers” / klappers in enige vorm, waterballonne, bibiguns of ander tipe wapens, mag verkoop word nie!
 
4.    Uitstappies
4.1. Daar word twee uitstappies per jaar beplan . Die uitstappies vind plaas buite skool ure. Die onkoste sal minimaal gehou word.
 
5. Toekennings
5.1. Daar is ‘n trofee geskenk wat vir die “beste entrepreneur van die jaar” gegee sal word.
      Die volgende riglyne dien as kriteria om te bepaal watter leerders geïdentifiseer sal word vir
      die trofee:
·            Voorkoms en aanbieding van die produk
·            Oorspronklikheid
·            Lewensvatbaarheid / markontleding
·            Gereelde verkope
·            Volle bywoning van vergaderings en uitstappies
·            Inhandiging van sakeplanne.
 
Aangepas Januarie 2009
 
Tel: (014) 533 2080/1 | Faks: (014) 533 2522 | epos: lsprotea@mweb.co.za | www.lsproteapark.co.za