Aansoek vir advertensie spasie
Entrepreneurs

NUUSBRIEWE
TEKEN IN


E-Pos

Wagwoord



REGISTREER
 

ENTREPRENEURSKLUB: 

Organiseerder: Mev. Anita Roestorf, sel. 082 564 8883.

Hulp-organiseerders: mev. Jeané Roodt / mev. Anita Roestorf. 

Graad 3 Entrepreneurs: Mev. Annette Ipland-Erasmus, sel. 082 602 4704.

Entrepreneursklub: leerders wat by die klub wil aansluit, moet 'n unieke, handgemaakte produk voorlê aan juf. Anita Roestorf voor 11 MAART 2013. Opleiding word deur die jaar gegee.

Entrepreneursdag op Vrydag, 22 Februarie 2013. Voor die verkope, moes die lede van die Entrepreneusklug hulle produkte en sakeplanne voorlê vir keuring.
 

ENTREPRENEURSKLUB PROSEDURE

1. Die doel van die entrepreneurs-klub
Die doelwitte van die entrepreneurs-klub is om leerders te bemagtig deur hulle
• die kennis en die vermoë te gee om hulself te identifiseer en te bemagtig as entrepreneurs,
• in staat te stel om ‘n unieke produk te ontwerp en bemark,
• te leer hoe om hul eie reklame-veldtog te loots ( die ontwerp en opsit van advertensies),
• op te lei hoe om ‘n sakeplan te voltooi nadat hul produk verkoop is.

2. Die leerders kry toestemmingsbriewe om te voltooi om lid te word van die entrepreneurs-klub.
3. Daarna sal die leerder die geleentheid kry om op die voorafbepaalde entrepreneursdae hul produkte te verkoop.

Die prosedure tydens die verkoop van hul produkte is:
• op die bepaalde dag word daar tafels voorsien waarop die goedere uitgestal kan word,
• slegs tweede pouse mag gebruik word om goedere te verkoop,
• leerders moet tafels versier, advertensies met pryse op aanbring en self sorg vir kleingeld,
• hul betaal R 10,00 huur per tafel wat in die entrepreneurfonds inbetaal word en later vir lekkernye op uitstappies gebruik word,
• die lede moet so gou as moontlik opruim en terugkeer klas toe,
• hulle word aangeraai om ware entrepreneurs te wees en hul produkte af te wissel as hul produk swak verkoop.
Neem asseblief kennis dat die volgende rëelings te alle tye geld: Geen diere,ysies, kougom, “party poppers” / klappers in enige vorm, waterballonne, bibiguns of ander tipe wapens, mag verkoop word nie!

4. Hul behoort elke keer ‘n sakeplan met ‘n inkomste en uitgawestaat te voltooi na afloop van die entrepreneursdag en dit inhandig, (voorbeeld in lêer) aangesien dit ook ‘n leerproses moet wees. Daar sal verpligte vergaderings gehou word om hul op hoogte te hou van nuwe verwikkelinge,oulike leesstof en die ontvang van hul sakeplanne.

5. Neem asseblief kennis dat die volgende rëelings te alle tye geld: Geen diere,ysies, kougom, “party poppers” / klappers in enige vorm, waterballonne, bibiguns of ander tipe wapens, mag verkoop word nie! Die klub kan maksimum uit 35 – 40 lede hê en die vorige jaar se entrepreneurs kry voorkeur. Verkieslik moet elke leerder sy eie produk verkoop en pare nie saamwerk nie; want dit kompliseer die sakeplan, wins-verdeling en soms selfs hul vriendskap.

6. Uitstappies
Daar word twee uitstappies per jaar beplan. Die uitstappies vind plaas na skool ure. Die onkoste sal minimaal gehou word.

7. Toekennings
Daar is ‘n trofee geskenk wat vir die “beste entrepreneur van die jaar” gegee sal word.
Die volgende riglyne dien as kriteria om te bepaal watter leerders geïdentifiseer sal word vir
die trofee:
• Voorkoms en aanbieding van die produk
• Oorspronklikheid
• Lewensvatbaarheid / markontleding
• Gereelde verkope
• Volle bywoning van vergaderings en uitstappies
• Inhandiging van sakeplanne.

 

 

 

 

Tel: (014) 533 2080/1 | Faks: (014) 533 2522 | epos: lsprotea@mweb.co.za | www.lsproteapark.co.za