Aansoek vir advertensie spasie
Eksamens & toetse-beleid

NUUSBRIEWE
TEKEN IN


E-Pos

Wagwoord



REGISTREER
 

LAERSKOOL PROTEAPARK: BELEID EKSAMENS EN TOETSE

1. DIE PERSONEELBESTUUR BEHARTIG DIE TOETSREEKS EN EKSAMENS IN SY GEHEEL. KONTINUE ASSESSERING WORD OOK HIERBY INGESLUIT. DIT SLUIT DIE VOLGENDE IN:

1.1 Opstel van die toetsrooster: Kwartaalprogram

1.2 Sperdatums vir die inhandiging van vraestelle en memorandums: kwartaalprogram.

1.3 Vraestelle word opgestel en gehanteer volgens die prosedurestaat, Lp54; 54(a) (b) en (c)

1.4 Bind, aftel en stoor van voorbereide vraestelle en invul van LP 10. Dit word deur elke leerareaonderwyser behartig.

1.5 Die byhou van die vraestel- en memorandumbank. Hierdie is uitsluitlik die taak van die leerareahoofde. Die departementshoofde moet dit van tyd tot tyd kontroleer.

1.6 Die eksaminator van die betrokke vraestel oorhandig die vraestelle aan die toesighouers voor die eksamensessie op die betrokke eksamendag.

1.7 Reëlings vir elke dag word deur die adjunkhoof getref. Dit is soos volg:
• Bepaling van die duur van eksamensessies
• Pousereëlings
• Aanvang van studiesessies
• Die reël van plaasvervanger toesig

1.8 Die oplos van alle probleme

1.9 Eksamenkontrole : Leerders. Dit is die verantwoordelikheid van die voogonderwysers.
• Eksamenrooster in studiegids
• Afbakening van leerstof
• Opsommings en notas volgens studiemetodes en tegnieke

2. DIE TAAK VAN DIE TOESIGHOUER SIEN AS VOLG DAARUIT:

2.1 Plasing van leerders in alfabetiese volgorde.

2.2 Reël ‘n hersieningstyd direk voor die vraestel

2.3 Met die aanvang van die eksamensessie moet algehele stilte heers. Die vraestel moet baie deeglik vraag vir vraag deurgelees word. Daarna kan die leerders dadelik begin.

2.4 Maak seker dat elke leerder sy naam en graad op die vraestel skryf en gee leiding ten opsigte van beantwoording.

2.5 Personeel moet behoorlik toesig hou en deurentyd tussen die rye beweeg.

2.6 Vraestelle mag nie voor die tyd ingeneem word nie.

2.7 Geen speletjies of radio’s word in die eksamenlokaal toegelaat nie.

2.8 Geen nasienwerk mag gedurende eksamensessies gedoen word nie.
2.9 Wanneer die eksamentyd byna verstreke is (+/- 10 min) laat die adjunkhoof weet indien die leerders nie betyds gaan klaar kry nie sodat addisionele tyd toegestaan kan word.

2.10 Vul die LP 10 volledig in ten opsigte van afwesighede en enige ander saak wat u onder die eksaminator se aandag wil bring.

2.11 Antwoordstelle word gedurende pouse na die personeelkamer gebring en persoonlik aan die betrokke onderwysers oorhandig. Leerders word nie toegelaat om die antwoordstelle te hanteer nadat die vraestelle geskryf is nie.

2.12 Vraestelle moet altyd op ‘n veilige plek bewaar word en verkieslik toegesluit word gedurende pouses en wanneer die onderwyser nie in die klas is nie.

2.13 Leerders met leerprobleme:

2.13.1 Leerders wat ‘n leerprobleem het of by die Leerhulpsentrum ingeskakel is kan hulle toetse in die Leerhulpsentrum of ander lokale soos gereël gaan skryf. Hierdie leerders wat deur die skool se ILST op ‘n lys geplaas n.a.v. die probleem wat die betrokke leerder ondervind.

2.13.2 ‘n Lys van leerders wat met hulp eksamen skryf asook wie verantwoordelik is vir die hulp sal gesirkuleer word. Dit geld veral vir leerders met ‘n leesprobleem. Reël met die personeel vooraf sodat die leerder ook presies weet wat die prosedure gaan wees.

2.13.3 Onderwysers /studente wat vir die leerders as lesers optree sal opleiding ontvang. Die lesers moet ook hulle name bo-aan die leerder wat hulle ondersteun, se vraestel skryf


3. ALGEMENE REËLS:

3.1 Leerders bring ‘n skrif saam om op te skryf. Die boek moet die volgende eksamenvak wees sodat hersiening gedoen kan word sodra die vraestel afgehandel is.

3.2 Voer alle opdragte van die eksaminator stiptelik uit.

3.3 Wanneer die vraestelle klaar nagesien is word dit in die betrokke lêers geplaas, die LP 9 en Lp 4 of 4(a)voltooi en dit word na die leerareahoof gestuur wat dit na kontrole na die departementshoof sal stuur wat dit op sy/ haar beurt aan die hoof sal stuur vir kennisname.

3.4 Voordat die punte finaal afgehandel word moet die vraestelle aan die leerders uitgedeel word, die memorandum behandel word en alle regstellings gemaak word.

4. PROSEDURE MET PUNTE EN PUNTESTATE:

4.1 Alle punte en kodes word op ‘n volledige klaslys geskryf. Dit is baie belangrik dat u nie punte op die klaslys sal skryf indien daar leerders weggelaat is nie. Wanneer ‘n leerder se naam nie op ‘n klaslys verskyn nie beteken dit dat die leerder se inligting nie korrek op die rekenaar is nie en ons dit eers moet regstel.
Maak dus die regstelling en stuur die klaslys na die rekenaar sodat ‘n nuwe een gedruk
kan word.

4.2 Indien die klaslys korrek is kan u die punte inskryf en dit saam met die volgende stukke na die leerareahoof en departementshoof stuur vir kontrole:
LP 4 of Lp 4(a): Verspreidingstabel van die eksamenpunte
LP 9: Die vorm is op die lêer geplak wat die vraestelle bevat

4.3 Die datums waarop u punte en kodes by die kantoor ingehandig moet word verskyn op die kwartaalprogram. Hou asseblief by die datums. Dit is egter baie belangrik dat die punte en kodes steeds via die leerarea- en departementshoof na die kantoor gestuur sal word.

4.4 Die hoof kontroleer nou die vraestelle en assessering en skryf die punte/ kodes in die puntebank en maak aantekeninge van uitvalle ens.

4.5 Die punte/ kodes word nou in die rekenaar ingevoer en u ontvang weer ‘n kontrolelys. Foute word op die gedrukte lys baie duidelik aangetoon en teruggestuur na die rekenaar vir regstelling.

4.6 Sodra alle punte en kodes vir die betrokke siklus ingevoer is word die promosies gedoen en word skedules gedruk. Die skool se ondersteuningskomitee maak aanbevelings wat aangeteken word vir latere verwysing. Die skool se ondersteuningskomitee bestaan uit:
∙ Die hoof
∙ Die leerareapersoneel van elke graad
∙ Voogonderwysers van elke graad.

4.7 Elke graad reël ‘n vergadering met die hoof waartydens die graad se punte en leerders met probleme bespreek word. Daar word van die skedules af gewerk./ Daar word dus elke kwartaal skedules gedruk Die ondersteuningskomitee maak aanbevelings wat aangeteken word vir latere verwysing.

4.8 Een van die departementshoofde maak ‘n opsomming van die hoeveelheid leerders wat slaag of nie slaag nie. Daar word ook ‘n akademiese verslag aan die ISC gestuur aan die einde van elke kwartaal.

4.9 Nou word die vorderingsverslae gedruk en aan die personeel voorsien.
Die hantering van die gedrukte vorderingsverslae word volledig bespreek in prosedurestaat no 2.

4.10 Alle leerders wat nie die verwagte uitkomste bereik in die vraestelle nie moet hulpverlening kry. (Sien die handleiding vir die Leerhulpsentrum). LP 8 moet voltooi word.

4.11 Leerders wat nie die verwagte uitkomste bereik nie se ouers moet skriftelik ingelig word omtrent hul kind se vordering op LP 41. U moet baie seker maak dat die ouer wel ontvangs van die skrywe erken tydens die oueraand of daarna.

4.12 Dit is die voogonderwyser se plig om nuwe leerders se evaluering na die rekenaar te stuur sodra die Leerderprofiel ontvang is. As daar nie punte en assessering saam met die Leerderprofiel ontvang is nie, moet die navraag by die vorige skool gedoen word.

4.13 Assesseringslêers moet tydens oueraande beskikbaar wees vir leerders se punte.


Hersien: April 2009



____________________ __________________________
Hoof Departementshoof

E:\hoof\Beleide\akademiese beleid\beleid eksamens en toetse.wpd
Tel: (014) 533 2080/1 | Faks: (014) 533 2522 | epos: lsprotea@mweb.co.za | www.lsproteapark.co.za