|
Nasionale Riglyne vir dieBeheer en Voorkoming van Dwelmgebruik en –misbruikvir alle Publieke skole en Tersiêre Opleiding instansies
(aangepas vir Laerskool Proteapark)
Voorwoord en Inleiding
Die Departement van Opvoeding streef na ‘n veilige en gedissiplineerde omgewing as ‘n kritiese deel van suksesvolle en kwalitatiewe opleiding. Ons jeug is kosbaar en daar moet verseker word dat hulle in ‘n veilige omgewing kan leer en tot hulle volle potensiaal kan ontwikkel.
Vandag is die uitdagings soveel groter en word die jeug deur geweld, dwelmmissbruik en selfs die gevaar en impak van HIV en VIGS geaffekteer. Kinders moet bewapen word met kennis, houdings, waardes en vaardighede om hierdie uitdagings te bowe te kom en sodoende die regte keuses te maak vir hul toekoms.
Ongelukkig is dit ‘n feit dat hul opvoeding ernstig benadeel en bedreig word a.g.v. die teenwoordigheid van dwelms in skole. Dit het die potensiaal om gesinne te verbrokkel, akademiese vordering te strem en fisiese en sosiale ontwikkeling te benadeel, veral tydens hul tienerjare.
Dit is belangrik om die rol, wat die skool en ouergemeenskap t.o.v. die voorkoming van dwelmmisbruik, speel te eien. Die waarde van opleiding van die jeug t.o.v. dwelmgevare in skole moet nie onderskat word nie.
Die Departement is daarop ingestel om die leerders met dwelmafhanklikheid te ondersteun en hulp aan hulle te verleen deur te verseker dat hul professionele ondersteuning en behandeling kry om hul afhanklikheid te bowe te kom.
Die Riglyne teen Dwelmmisbruik ondersteun die beleid van onthouding van dwelms en die strewe na ‘n gesonde leefwyse. Drank- en dwelmmisbruik is nie iemand anders se probleem nie, dit affekteer gesinne en gemeenskappe. Ons moet almal in die belang van ons kinders optree en die uitdaging om die euwel te beveg, aanvaar.
Die riglyne se hoofdoel is om die toename in dwelmgebruik en eksperimentering daarmee te voorkom. Hoewel dit op die stadium eerder in Sekondêre skole voorkom is daar ‘n kommerwekkende toename van dwelmmisbruik in Primêre instansies. Die stigma wat daarmee saamgaan veroorsaak dat skole ontken dat dit die waarheid is. Dit veroorsaak ‘n struikelblok in die hantering van die dwelmmisbruik.
Dit het egter nodig geword om ‘n praktiese beleid voor te lê om dwelmgebruik en –misbruik in ons skool te beheer en voorkom. Die volgende moet in ag geneem word:
a. opleiding en ondersteuning aan leerders wat nie by dwelmmisbruik betrokke wil raak nie;
b. voorkoming en ondersteuning aan die wat regtig hulp nodig het;
c. bepalings/prosedures vir die leerders wat nie verantwoordelikheid wil aanvaar vir hul probleem nie;
d. om die gemeenskap, dokters. Polisie (SAPD) en die Deptement van Gesondheid betrokke te kry in die bevegting van dwelms.
e. Die beleid moet voorkoming, ondersteuning en beheer van spesifieke insidente onderskraag.
Dwelmbeleid, riglyne en gedragskode
i. Die gebruik en besit van dwelms of enige gewoonte-vormende middels word ten sterkste verbied:
a. op die skoolterrein
b. terwyl leerder in skooldrag geklee is
c. tydens buite-muurse aktiwiteite, sportbyeenkomste, skoolfunksies of enige ander skoolaangeleentheid soos kampe, toere, ens.
NB: Die skool aanvaar geen verantwoordelikheid vir ‘n leerder se dwelmmisbruik op plekke en tydens aangeleenthede waar die instansie nie betrokke is nie. Hulle behou steeds die reg om in belang van die leerder op te tree en stappe te volg om die leerder tot hulp sal wees as sy verslawing sy akademiese prestasie, gedrag of skoolbywoning benadeel.
ii. Die verskaffing van dwelms word ten strengste verbied:
a. op die skoolterrein
b. terwyl leerder in skooldrag geklee is
c. tydens buite-muurse aktiwiteit, sportbyeenkomste, skoolfunksies of enige ander skoolaangeleentheid soos kampe, toere, vergaderings, ens.
NB: Die verskaffing en gebruik van dwelms is ‘n kriminele oortreding en strafbaar. As ‘n leerder verdink word of gevang word dat hy/sy dwelms verskaf, sal die skool ondersoek instel daarna en en indien nodig die saak by die polisie aanhangig maak, waarna die normale prosedures van so ‘n klag sal volg.
iii. Elke saak sal op eie meriete behandel word.
iv. Dit sal vertroulik behandel word, maar die ouers/voogde sal in kennis gestel word en betrek word na oorleg met die betrokke leerder.
v. Enkele gerugte sal nie as bepalend beskou word nie, maar indien dit ‘n patroon aandui en veranderinge t.o.v. skoolvordering, gedragsverandering of ongereelde skoolbesoek tot gevolg het, sal daar ondersoek ingestel word.
vi. Gerugte met voldoende bewyse sal opgevolg word deur die aangewese persone.
NB: Dit moet nie as ‘n proses beskou word waar ‘n leerder geviktimiseer word nie, maar om ‘n leerder vroeg genoeg te identifiseer en by te staan.
vii. Geselekteerde personeel, wat opleiding op die gebied het, sal by die ondersoek betrokke wees, asook professionele deskundiges sal betrek word om ‘n multi-dissiplinêre span te verseker.
viii. Leerders sal na geïdentifiseerde organisasies of individue verwys word vir assessering en behandeling.
NB: Dit is van belang dat die ouer bewus is daarvan dat hulle verantwoordelik sal wees vir die onkostes hieraan verbonde, tensy daar alternatiewe reëlings met die skool getref word.
ix. ‘n Kontrak moet opgestel word en deur alle betrokkenes geteken word.
a. Dat urine-monsters geneem mag word, volgens etiese- en medies korrekte behandeling om sodoende die leerder te ondersteun tydens ‘n voorkomingsprogram waarin hy/ sy opgeneem word;
b. Die leerder, _______ graad _______
onderneem om aandag aan sy/haar skolastieseprestasie, gedrag en skoolbywoning te gee;
c. Dat vorderingsverslae aan die skool voorsien mag/nie mag word deur die instansie wat die leerder behandel;
d. Dat die kontrak gewysig mag word nadat daar onderhandelinge her-plaasgevind het tussen alle betrokke partye;
e. Dat die skool die kontrak as ongeldig mag beskou as die ouers/voogde uit hul eie die behandeling van die leerder staak en dat so ‘n leerder dan onderhewig gestel word aan skorsing uit die skool. (Skorsing van die leerder sal onderhewig gehou word in ooreenstemming met die Suid-Afrikaanse Skole Wet);
f. Die skool behou die reg om die leerder na enige ander instansie te verwys om sy / haar skool opleiding te voltooi, indien dit in belang van die leerder is;
g. Dissiplinêre aksies sal steeds geneem word in ooreenstemming met die Leerder Ondersteunings Program; en
h. Elke geval sal op eie meriete en volgens bogenoemde riglyne behandel word.
Ondergeteken op die ____ dag van _____ 20____, te ______________, in ooreenstemming met alle betrokkenes.
Skoolhoof: ______________ Leerder: ______________
Adjunkhoof: ______________ Mediese assistent: ________________
Ouers: ____________________ Terapeut: ________________
Hulpverlening:
Hieronder sal die volgende bespreek word:
i. Leerder Ondersteunings Program
ii. Simptome en tekens van dwelmgebruik /misbruik
Hulpverlening sal aangebied en toegepas word deur opgeleide personeel. Hulle identifiseer en verwys leerders sonder dat hulself ‘n diagnose mag maak. Leerder sal so gou moontlik verwys word na professionele, gekwalifiseerde terapeute, beraders ens. Verwysing sal onverwyld plaasvind.
NB: Professionele instansies sal geen terugvoer aan die skool verskaf sonder die skriftelike toestemming van die ouer/ voogde van die betrokke leerder soos uiteengesit in die kontrak nie.
Die nasorg en her-toetrede van die leerder na behandeling is belangrik maar mag nie met die leerder se herstelproses inmeng nie. .Daar moet na die volgende opgelet word:
a. Hoe om teenoor ander leerders op te tree
b. Hoe om positiewe en negatiewe terugvoer en moeilike vrae te hanteer
c. Skoolwerk in te haal
d. Hoe om onveranderde situasie te hanteer,
e. Om ‘dwelmvry’ te bly ten spyte van en nie as gevolg omgewingsinvloede nie
iii. Vertroulikheid wat deur partye gehandhaaf word a.g.v. ‘n vertroulikheidskode word nie as ‘n opsie beskou as die leerder se lewe in gevaar is nie. Hoewel die nodige inligting slegs met die leerder se toestemming verskaf kan word.
iv. Dit is nodig dat gedetaileerde progressie verslae gehandhaaf word en in veilige bewaring gehou word
v. Die skoolhoof en die personeelbestuur is verantwoordelik vir die handhawing van die beleid en kan na spesifieke opgeleide peroneel gedelegeer word.
Daar sal na die volgende gelet word:
a. Heksejag
b. Diagnosering
c. Tot gevolgtrekkings kom
d. Naamskending
e. Insinuasies
f. Konflik in reaksies
g. Bevooroordeel
h. Inkonsekwentheid
i. Onregverdige en onrealistiese houdings
j. Oor-betrokkenheid en grense oorsteek
k. Nie eerlik wees oor tekort aan nodige kennis en vaardighede t.o.v. dwelmgebruik en identifisering daarvan
l. Stereotipering
m. Dwelmverslawing aanloklik laat lyk
n. Vertroulikheid verbreek
Die Leerder Ondersteuningsprogram
Daar sal ‘n Leerderondersteuningspan beskikbaar wees as deel van ‘n intervensie struktuur en ook om bystand te verleen aan leerders wat uit hul eie kom aanmeld en hulp soek sonder die vrees van skorsing.
Verslag moet gehou word van die volgende aspekte:
a. Die aard van die insident
b. Familie geskiedenis van die leerder
c. Kulturele agtergrond
d. Verstandelike en intelektuele ontwikkeling
e. Disiplinêre alternatiewe
f. Opbouende ondersteuning en herstel
Die voordele van so ondersteuningspan is:
a. Bevordering van akademiese prestasie
b. Bevordering van aanvaarbare gedrag
c. Bevordering van skoolbywoning
d. Vaardighede aan te leer om situasie te hanteer
e. Vaardighede om die regte besluite te neem
|
Fisiese simptome
- Verandering in aktiwiteitsvlakke – skielike gedurige moegheid of hiperaktiwiteit kan’n aanduiding wees dat stimulante of sedasiemiddelle gebruik word.
- Veranderde eetlus of venandering in eetparoon en soorte kosse kan ‘n aanduiding wees dat dagga gebruik word.
- Gewigstoename of –verlies
- Swak koördinasie
- Veranderde spraakpatrone
- Kort-asem
- Rooi oë,tranerig, pap ooglede
- Loopneus, geneigdheid tot infeksie en verkoue
- Veranderde slaappatrone
- Veranderde kleredrag
- Voel geirriteerd en kan nie konsentreer
- Ditorsie van tyd
- Hoofpyne
- Merke van spuitnaalde
- Dromerig
- Dorstig en droë mond
|
Sosiale veranderings
- Onttrekking, geheimsinnigheid, vaag, skelm, oorsensitief, onttrek in slaapkamer en laat niemand daar toe
- Skielike verandering van vriendekring, wil niks met vorige vriende te doen hê, nuwe vreinde en nuwe kuierplekke, mense wat kortstondig oorkom
- Afname in skoolaktiwiteite, stokkiesdraai, vermy huiswerk, aversie teenoor onderwysers, verloor belangstelling in aktiwiteite, gedemotiveerd.
- Nuwe musieksmaak en aanhang vir sekere popgroepe, liedjies met dwelmmisbruik as tema.
- Probleme met die gereg, verkeersboetes, aanranding, In besit van dwelms
- nie respek vir gesagsfigure
- Gee glad nie ag op reels, tuis, by die skool
- Neem nie deel aan sport en stokperdjies
- Kan nie verslag doen oor sakgeld, klere, ander besittings
|
|
Veranderde gedrag
- Aggressie
- Rusteloosheid
- Geirriteerd
- Impulsief
- Apaties
- Onbeskof
- Leuens
- Verloor inhibisies
|
Emosionele gedrag
- Senuagtig
- Giggelrig
- Swak selfbeeld
- Swak selfvertroue
- Onverantwoordelike optrede
- Buierig
- Angstig,geweldadig,depressief,
- Woedeuitbarstings
- Denkpatrone verander (hallusinasies, delusie en selfmoordneigings)
|
Laerskool Proteapark:
Beleid ten opsigte van die Beheer en Voorkoming van Dwelmgebruik/misbruik deur Leerders in ons Skool
Doelstelling:
Laerskool Proteapark streef na uitmuntendheid en ons doel is: “om alles wat ons doen tot die leerders se voordeel te doen”. Ons besef dat ons aktueel moet bly en aanpas by die veranderde tye en omstandighede.
Ons verstaan dat;
§ Ons deel uitmaak van ‘n groter gemeenskap;
§ Ons vennote is met die ouers/voogde om die beste vir ons kinders te verseker.
§ Daar ‘n groot verskeidenheid verslawemde middles, wettig en onwettig, in ons gemeensakp beskikbaar is.
§ Leerders word daaraan blootgestel op verskeie maniere.
§ Die leerders, ouers en onderwysers is nie altyd opgelei om doeltreffend op te tree nie, hul kom inligting en vaardighede kort om die uitdagings te hanteer.
§ Dwelmmisbruik is gevaarlik en afbrekend vir mense op veskeie vlakke (sosiaal, phsigologies, fisies, emosioneel, ens.) Dit kan erntsige gevolge hë op die skool se veiligheid.
Laerskool Proteapark aanvaar die uitdaging en neem die standpunt in dat dwelms gevaarlik en ‘n onaanvaarbare praktyk is. ‘n Dwelmvrye lewe sal te alle tye gepromoveer word en selfs afgedwing word indien omstandighede dit vereis. Ons sal nie leerders wat hulp nodig het en hul skoolloopbaan in gevaar stel verdoem nie, maar bystaan. Nogtans sal die skool so leerder skors indien die leerder en sy ouers nie van die hulpverleningsprogram gebruik wil maak nie. |