|
|
|
Beleid
|
 |
|
|
 |
|
LAERSKOOL PROTEAPARK: LANDLOOPBELEID
Hierdie beleid moet gelees word saam met die “Framework for Collaboration” : Coordination and Management of School Sport in Public Ordinary Schools : 15 March 2005
Hierdie beleid moet gelees word saam met die Noordwes landloopbeleid soos deur ASA bepaal.
Dit onderskryf ook ons skool se visie en missie in die algemeen en spesifiek ten opsigte van sport.
1. DOELWITTE
1. Om alle leerders in die skool ‘n gelyke kans te gee om deel te neem
2. Om ‘n liefde vir die sport aan te kweek
3. Om massa deelname te bevorder
4. Om vir die leerders met ‘n spesiale talent in landloop ook geleentheid te gee om te presteer.
5. Om ‘n leerder se uithouvermoë en selfdissipline te ontwikkel en te verbeter.
2. BYEENKOMSTE
2.1 Ons sal deelneem aan alle byeenkomste soos deur ASA in die liga bepaal.
2.2 Indien ‘n landloopatleet , sonder verskoning, nie opdaag vir ‘n byeenkoms nie, sal so ‘n atleet uit die span gelaat word vir die res van die seisoen. So ‘n atleet kan dan ook volgens die skool se gedragskode gestraf word.
2.3 As ‘n atleet nie ‘n byeenkoms kan bywoon nie, moet hy/ sy ten minste twee dae voor die tyd, reëlings tref met die spanbestuurder en die afrigter, sodat die nodige reëlings getref kan word vir ‘n plaasvervanger.
2.4 Noodgevalle sal volgens meriete behandel word.
3. VRIENDSKAPLIKE BYEENKOMSTE
3.1 Dit word deur die sportbestuurder in samewerking met die organiseerder en skoolbestuur gereël.
3.2 Die datums vir die byeenkomste word op die jaar-en kwartaalprogram aangedui.
4. PLIGTE VAN DIE SPORTBESTUURDER, DIE ORGANISEERDER EN AFRIGTERS
4.1 SPORTBESTUURDER
4.1.1 Die sportbestuurder word deur die Beheerliggaam aangestel.
4.1.2 Die sportbestuurder moet toesien dat die beleid geïmplementeer en toegepas word.
4.1.3 Die sportbestuurder moet ‘n lêer vir elke sportsoort in sy kantoor hê.
4.1.4 Die sportbestuurder stel die organiseerders in samewerking met die skoolbestuur aan.
4.1.5 Die sportbestuurder is verantwoordelik vir die maandelikse verslag aan die Beheerliggaam asook die weeklikse verslae aan die hoof. Hy/ sy moet ook toesien dat die sportsoorte die nodige dekking in die koerante en op die webblad geniet.
4.1.6 Die sportbestuurder dien op die sportkomitee van die Beheerliggaam.
4.1.7 Die sportbestuurder reël vergaderings van die sportkomitee in samewerking met die betrokke Beheerliggaamlid en skoolbestuur.
4.1.8 Die sportbestuurder is verantwoordelik vir die voorbereiding van bane/ velde voor wedstryde.
4.1.9 Die sportbestuurder is verantwoordelik vir die kontrole en beheer van sportvoorraad en voorraadopnames.
4.1.10 Die sportbestuurder reël afrigtingsklinieke, reëlbesprekings en eksamens in samewerking met die organiseerder.
4.1.11 Die sportbestuurder kontroleer die betalings van buite-afrigters voordat dit ingestuur word vir betaling.
4.1.12 Die sportbestuurder hanteer griewe en dispute wat na hom/ haar verwys is.
4.1.13 Die sportbestuurder is verantwoordelik vir die opstel en bestuur van die begroting in samewerking met die organiseerders.
4.1.14 Die sportbestuurder reël busvervoer indien nodig en stel die bedrag vas wat elke speler/ deelnemer moet betaal.
4.1.15 Die sportbestuurder doen die toekennings vir trofeë vir die prysuitdeling in samewerking met die organiseerders.
4.2 ORGANISEERDER
4.2.1 Die organiseerder is verantwoordelik vir die organisatoriese aspekte van ligas/ wedstryde/ byeenkomste in samewerking met die afrigters.
4.2.2 Die organiseerder wys die afrigters/ skeidsregters/ beamptes aan in samewerking met die sportbestuurder.
4.2.3 Die organiseerder stel die begroting op in samewerking met die afrigters en bespreek dit met die sportbestuurder.
4.2.4 Die organiseerder moet reël dat die bane/ velde voorberei word vir wedstryde/ byeenkomste. Die voorbereiding van die veld/ bane is die verantwoordelikheid van die sportbestuurder.
4.2.5 Die organiseerder stel die oefentye vas in samewerking met die skoolbestuur en organiseerder.
4.2.6 Die organiseerder kontroleer die afrigters ten opsigte van oefentye, bywoningsregisters ens.
4.2.7 Indien daar van buite-afrigters gebruik gemaak word, moet die organiseerder ‘n tydkaart byhou en aan die einde van elke maand instuur aan die sportbestuurder, sodat die betaling aan die afrigter gemaak kan word.
4.2.8 Die organiseerder is verantwoordelik vir die uitslae/ verslag aan die sportbestuurder op ‘n Maandag en ook vir die terugrapportering in die saal.
4.2.9 Die organiseerder woon ook die jaarvergadering en ander vergaderings soos nodig, vir die betrokke sportsoort by.
4.2.10 ‘n Volledige, gedetailleerde pligstaat is beskikbaar by die sportbestuurder.
4.3 AFRIGTERS
4.3.1 Afrigters word deur die organiseerder in samewerking met die sportbestuurder en hoof aangewys.
4.3.2 ‘n Afrigter neem volle verantwoordelikheid vir sy/ haar span. Elke afrigter moet ‘n lys hê van die leerders wat by die betrokke item/ span oefen.
4.3.3 Die afrigter moet sorg dra dat hy/ sy op hoogte is van die nuutste reëls en afrigtingstegnieke.
4.3.4 Die afrigter is verantwoordelik vir die opwarming, fiksheid en afrigting van die span aan hom/ haar toegewys.
4.3.5 Die afrigter moet toesien dat die spelers/ deelnemers korrek volgens voorskrifte geklee is.
4.3.6 Die afrigter is verantwoordelik vir die evaluering van spelers met die oog op die maak van spankeuses. Die evaluering sal van tyd tot deur die sportbestuurder gekontroleer word.
4.3.7 Die afrigter reël die vervoer van spelers/ deelnemers en voltooi ook die dokumentasie vir toestemming van die Onderwysdepartement.
4.3.8 Afrigters moet te alle tye voorbereid en met geskikte kleredrag by die oefeninge/ wedstryde/ byeenkomste opdaag.
4.3.9 Die skool kan ook van buite-afrigters gebruik maak indien nodig.
5. SAAMSTEL VAN DIE LANDLOOPSPAN
4.1 Die span word saamgestel onderhewig aan die volgende vereistes:
‒ Leerders kwalifiseer tydens die interhuisbyeenkoms en vriendskaplike byeenkomste volgens tye en prestasie.
‒ Deelname aan verskeie ligabyeenkomste bepaal of atlete kwalifiseer vir streek-en provinsiale spanne volgens tye behaal.
6. AFRIGTING
5.1 Die landlooporganiseerder word deur die hoof aangewys. Die landlooporganiseerder se volledige pligstaat asook die van die afrigters en spanbestuurder is in die Landlooplêer wat deur die organiseerder en buitemuurse bestuurder op datum gehou moet word.
5.2 Die organiseerder in samewerking met die hoof stel die onderskeie afrigters aan. Afrigters moet te alle tye voorbereid en met geskikte kleredrag by die oefeninge opdaag. Elke afrigter met ‘n lys hê van die leerders wat by die betrokke item oefen. Aantekeninge moet gemaak word, wat kan help met spankeuses.
5.3 Indien daar nie genoeg onderwysers is om al die spanne af te rig nie, mag daar van afrigters van buite of ouers gebruik gemaak word.
4.3.1 Die buite-afrigters se aanstellings word deur die sportbestuurder in samewerking met die Beheerliggaam bekragtig.
4.3.2 Die sportbestuurder sal ook die buite-afrigter gradeer en dié afrigters sal dan volgens die skaal vergoed word. Die onderwyser by die betrokke ouderdom waar die buite-afrigter diens doen moet sorg dra dat die ure op die staat aangeteken word.
4.3.3 Die gradering van buite-afrigters is soos volg :
4.3.4 Vergoeding per uur sal bepaal word volgens die bedrag wat in die begroting toegestaan is of daar kan ‘n honorarium aan die einde van die seisoen betaal word.
7. BEFONDSING
6.1 ‘n Jaarlikse begroting moet voor die einde van September ingedien word.
6.2 Borge kan genader word vir medaljes en trofeë.
6.3 Alle aankope moet gedoen word volgens die finansiële beleid van die skool.
6.4 Alle apparaat wat aangekoop word moet dadelik op die bateregister aangeteken word. Aan die einde van die seisoen moet ‘n volledige voorraadopname gemaak word en alle apparaat wat afgeskryf moet word, moet aan die Beheerliggaam voorgelê word vir goedkeuring.
8. KLEREDRAG
7.1 Wanneer ‘n atleet in die skool se span opgeneem is, sal van hom/ haar verwag word om die korrekte, voorgeskrewe sportdrag te dra. Die drag is by die skool se klerewinkel beskikbaar. Dit is die spanbestuurder se verantwoordelikheid om toe te sien dat alle atlete korrek geklee is.
9. VERVOER
8.1 Vervoer sal gereël word soos die omstandighede dit vereis. Dit is egter belangrik dat die nodige toestemming van die Onderwysdepartement verkry moet word al word leerders deur hulle eie of ander ouers vervoer.
10. OUERS/TOESKOUERS
9.1 Ouers se ondersteuning word te alle tye hoog op prys gestel.
9.2 Ouers mag nie met spankeuses en oefeninge inmeng nie. Indien ‘n ouer ‘n probleem het, moet dit skriftelik by die organiseerder ingedien word.
9.3 Enige ouer wat hom/haar wangedra tydens byeenkomste mag deur die betrokke afrigter, organiseerder of lid van die skool se personeelbestuur gevra word om die terrein te verlaat.
9.4 Indien ‘n ouer hom/haar herhaaldelik aan wangedrag skuldig maak, sal die Beheerliggaam teen die ouer optree.
9.6 Appél : Indien u appél wil aanteken tydens ‘n byeenkoms moet u dit eerstens met die spanbestuurder gaan opneem en hy/sy sal dan die regte stappe neem. Alle appélle moet vergesel word van R50.00 en moet binne 30 minute nadat die voorval plaasgevind het, aangemeld word.
11. GRIEWEPROSEDURE
10.1 Alle griewe moet skriftelik by die organiseerder ingedien word.
10.2 Die organiseerder sal die grief ondersoek, onder die sportbestuurder en die hoof se aandag bring en dit dan hanteer volgens die skool se griewe prosedure.
12. OEFENINGE
11.1 Gedurende die landloopseisoen sal daar elke middag oefening wees en dit is verpligtend vir al die atlete. Atlete wat versuim om die oefeninge by te woon sal sy/haar plek in die span verloor.
11.2 Indien ‘n atleet wel ‘n grondige verskoning het moet dit skriftelik by die afrigter en spanbestuurder ingehandig word, verkieslik voor die oefening.
13. PRESTASIETOEKENNINGS
131 BETROKKENHEIDSERTIFIKAAT: Elke leerder wat die skool een keer amptelik ( d.w.s in die skool se kleure) verteenwoordig het, of as reserwe opgetree het, sal ‘n betrokkenheidsertifikaat ontvang.
13.2 PRESTASIESERTIFIKATE: Atlete wat names die skool deelgeneem (d.w.s in die skool se kleure) en in kring-en streeksspanne opgeneem word, ontvang prestasiesertifikate.
13.3 LAPELWAPEN: Atlete wat namens die skool deelgeneem het en die provinsiale span haal ontvang ‘n lapelwapen.
13.4 EREROL; ‘n Atleet wat namens die skool deelgeneem het aan ‘n nasionale week (ASA Landloop kampioenskappe) as lid van die provinsiale span, se naam word op die ererol van die skool geplaas.
13.5 TROFEë: Trofeë wat deur persone en instansies geskenk is, word ook toegeken volgens voorafbepaalde kriteria. Hierdie toekennings word met motiverings aan die sportbestuurder voorgelê vir finale goedkeuring.
14. AFSLUITING
14.1 Afsluiting word deur die organiseerder in samewerking met die afrigter gereël. Dit isegter nie verpligtend nie.
14.2 Indien dit wel plaasvind moet na skoolure gereël word.
L.W. Indien die skool nie ‘n sekere sportsoort aanbied nie (soos bv.swem, perdry en gimnastiek), en die leerder ontvang afrigting buite die skool, maar neem nogtans namens die skool deel, kan erkenning oorweeg word as dit op grond van dieselfde kriteria as die res van die sportsoorte beoordeel kan word vir erkenning. |
|