|
|
|
Beleid
|
 |
|
|
 |
|
LAERSKOOL PROTEAPARK: SWEMBELEID
Hierdie beleid moet ook saamgelees word met
• “Framework for Collaboration” Coordination and Management of School Sport in Public Ordinary Schools : 15 March 2005.
Dit onderskryf die skool se visie en missie in die algemeen en spesifiek ten opsigte van sport buite skoolverband.
1. DOELWITTE
Om alle leerders ‘n gelyke kans te gee om deel te neem.
Om ‘n liefde vir sport aan te kweek.
Om massa deelname te bevorder
Om leerders wat talente het die geleentheid te bied om te presteer.
Om sportmangees te kweek.
2. LIGA’S
Hier is nie’n amptelike skoleliga in Rustenburg nie.
Deelname aan kompetisies geskeid d.m.v. die klubs waaraan die swemmers behoort.
3. VRIENDSKAPLIKE GALA’S
Vriendskapolike gala’s word deur die organiseerder in samewerking mt die sportbestuurder gereël.
Die datums wordop die jaar-en kwartaalprogram aangedui.
Voorkeur word gegee aan skole in Rustenburg wat swem anbied en die geriewe het.
Daar word jaarliks in Oktober ‘n interhuisgala aangebied. Na die interhuis gala word diespan saamgestel vir die vriendskaplike gala’s.
Die swemseisoen strek oor die vierde kwartaal en die eerste helfte van die erste kwartaal.
4. AFRIGTING
Alle swemmers by die skool word deur afrigters by klubs afgerig.
5. DIE ORGANISEERDER
Die organiseerder tree op as die skakel tussen die klubs en die skool.
Die organiseerder moet op hoogte bly van al die verwikkelinge op plaaslike en provinsiale vlak.
Die organiseerder reël die interhuis gala.
Die prosedurestaat vir gala’s is soos volg:
Bespreek die munisipale swembad. Betaling geskied op die dag van die gala. Die munisipale swembad se personeel sorg vir die volgende:
• opsit van vlaggies as baangrense.
• Klankstelsel met mikrofoon
• Stoele en tafels
• Rostrum
• Deelnemers betaal geen toegang.
Kennisgewings aan ouers en leerders.
Opstel van die program
Reël van beamptes en hulp. Die volgende beamptes word benodig:
• Hooftydhouer
• Agt tydhouers
• Twee beamptes vir plasing van deelnemers
• Afsitter
• Hulpafsitter met vlaggies
• Aankondiger
• Optekenaars
• Beampte vir plasing by rostrum
• Dagbestuur(leerders) deel die pryse uit
• Helpers by verversings
Opstel van aslle dokumentasie vir die gala.
Neem die volgende apparaat en toerusting saam:
• 10 Stophorlosies
• 10 bordjies om op te skryf
• 10 potlode
• Afsitterspistool
• Huurgeld en pryse
• Tafeldoeke
• Verversings
• Gazebo’s
Reël, vervrsings
Reël trofeë en sertifikate
Reël noodhulp.
Reël die bedankingskaartjies van die hoof af. Voosien die hoof van name en besonderhede.
Die organiseerder moet die prysuitdelingskomitee voorsien van die name en besonderhede van swemmres wat toekennings moet ontvang.
6. DOKUMENTASIE
Dit is die organiseerder se verantwoordelik om ‘n lêer saam te stel met al die nodige dokumentasie. Die volgende is voorbeelde van onderafdelings in die lêer. Dit kan volgens behoefte aangepas word:
Inhoudsopgawe
Beleide
Prosedurestate
Korrespondensie
Uitslae
Kontakbesonderhede van klubs en unies.
Programme
7. BEFONDSING
Die organiseerder in samewerking met die sportbestuurder stel jaarliks in September ‘n begroting op vir die volgende jaar.
Slegs dit waarvoor begroot is, mag aangekoop word. Wanneer aankope gedoen word, moet ‘n LP 22 voltooi en ingehandig word vir goedkeuring. ‘n Behoorlike behoeftebepaling moet gedoen word voordat enige aankope gedoen word.
Borgvorms en borgbriewe wat uitgedeel word, moet genommer word en op ‘n klaslys aangeteken word sodat behoorlike kontrole uitgeoefen kan word. Alle borgbriewe en-vorms moet ingehandig word. Elke leerder wat geld inbetaal moet ‘n kwitansie ontvang.
8. SWEMDRAG
Daar is nie voorgeskrewe swemdrag nie. Swemmers mag dus hulle eie swemdrag aantrek.
9. VERVOER
Daar moet toestemming van die Onderwysdepartement verkry word as leerders vervoer moet word en vir die aktwiteit wat plaasvind. Die Onderwysdepartement aanvaar vir verantwoordelikheid vir beserings wanneer hulle bewus was van die aktiwiteit en of die vervoer.
Die skool subsidieër alle vervoer binne ‘n 70 km radius van die skool. Alle kilometers buite die radius moet deur die betrokke deelnemers betaal word. Die vervoerreëlings word deur die sportbestuurder getref en hy/ sy bepaal die bedrag wat vir die vervoer van die swemmers verhaal moet word nadat hy / sy die kwotasie vandie betrokke vervoerkontrakteur verkry is.
10. OUERS/TOESKOUERS
Ouers se ondersteuning word te alle tye hoogm op prys gestel.
Ouers mag nie met die oefeninge of spankeuses inmeng nie. Indien ‘n ouer ‘n probleem het, moet dit skriftelik onder die organiseerder se aandag gebring word.
Enige ouer wat hom/ haar wangedra tydens gala’s of oefeninge mag deur die betrokke afrigter, organiseerder of lid van die skoolbestuur gevra word om die terrein te verlaat.
Indien ‘n ouer hom/ haar herhaaldelik aan wangedrag skuldig maak, sal die Beheerliggaam teen die ouer optree.
11. GRIEWEPROSEDURE
Alle griewe moet skriftelik by die organiseerder ingesdien word.
Die organiseerder sal die grief ondersoek, onder die sportbestuurder se aandag gebring word, en dit dan hanteer volgens die skool se griewe prosedure.
12. PRESTASIETOEKENNINGS
Toekennings sal gemaakm word in samewerking met die leerders se afrigters en met die in handiging van dienodige dokumentasie.
BETROKKENHEIDSERTIFIKATE: Swemmers wat die skool een keer amptelik verteenwoordig het, of as reserwe opgetree het, sal ‘n betrokkenheidsertifikaat ontvang.
PRESTASIESERTIFIKATE: Swemmers wat in kring-en streekspanne opgeneem word, ontvang prestasiesertifikate.
LAPELWAPEN: Swemmers wat vir die provinsiale span gekies word sal ‘n lapelwapen ontvang.
EREROL: ‘n Swemmer wat aan ‘n nasionale kompetisie deelneem as lid van die provinsiale span, se naam word op die ererol van dieskool geplaas.
TROFEË: Trofeë wat deur persone en instansies geskenk is, word toegeken volgens voorafbepaalde kriteria. Toekenning vir trofeë moet aan die sportbestuurder voorgelê word vir goedkeuring. |
|