PROTOKOL VIR SPORTKOMMUNIKASIE
Enige navrae of inset oor enige sportsoort wat by die skool aangebied word, moet asseblief deur die volgende kanale gaan:
1. KONTAK DIE SPESIFIEKE AFRIGTER. Indien die saak nie opgelos word nie, verwys dit na:
2. DIE SPORTSOORT SE ORGANISEERDER. Indien die saak nie opgelos word nie, kontak:
3. DIE ADJUNKHOOF: SPORT, mnr. Fanie Vermeulen. Indien die saak nie opgelos word nie, kontak:
4. DIE SKOOLHOOF, mnr. Henk Pieterse of BEHEERLIGGAAMVERTEENWOORDIGER: SPORT (Ds. Johnny Young)