MAANDELIKSE POLL

Hoe bevind u ons nuwe webtuiste?
Interessante ontwerp, vloeiende interaksie en gebruikersvriendelik.
Baie gebruikersvriendelik en maklik om te gebruik.
Oorweldigend en te veel inligting.

maak toe 

Voortrekkers

NAVRAE: Michelle Kleynhans, 0825112091.

 

 

MAGALIESKRUIN VOORTREKKERS VIER 40STE VERJAARSDAG SAAM MET LAERSKOOL PROTEAPARK

Op 14 Maart 1978 stig die destydse hoof van Laerskool Proteapark, mnr Leon Rossouw, 'n Voortrekkerkommando by die skool.  Hy was die 1ste hoof van Parkies en het die behoefte gesien aan 'n kultuurorganisasie vir die kinders.  Hy was baie lief vir musiek en vir die kore.  Sy vrou, tannie Ansie, word die eerste kommandoleier van Magalieskruin Voortrekkers.  So het ons deur 40 jaar baie Parkies ontwikkel en opgelei en ook trots gesien hoe hul Voorslag verdien in gr 7.  Verskeie personeel was van kernbelang vir die Voortrekkers, soos tannie Ansie Morkel en juf. Annette Ipland-Erasmus.

Voortrekkers staan steeds vir moderne Afrikanerskap, positiewe Burgerskap en konsenkwente christenskap.  Ons leer die kinders van Kultuur, Avontuur en Natuur asook die ontwikkeling van hul leierskap en vaardighede.

Vories se verjaarsdagvieringe op                        Maandag, 12 Maart. 

Parkie Voortrekkers is op 14 Maart 2018                amptelik 40 jaar oud!

4 balonne is die lug in gestuur -                            een vir elke dekade. 

Blackie Swart, kommandoleier,                          blaas die kersies.

 

Die Graad R'e van Parkieland word blootgestel aan die Voortrekkers. Hulle leer meer oor noodhulp, en kry 'n pleister om te onthou om vir mamma te vertel van die Vories. 

MAGALIESKRUIN VOORTREKKERKOMMANDO:

Die Vories het vir 3 jaar lank broodknippies bymekaargemaak om op 29 Augustus 2017 'n ROLSTOEL te skenk aan 'n Parkie-leerder, Ricardo Telo!

 

 

 

Ons Voortrekkers het Maandag 23 Januarie ons jaar afgeskop met ‘n heerlike Voriefees.  Daar was sakresies, ‘n lawwe waterspeletjie en en toe moes die spanne nog saamwerk om ‘n vervoerband te laat werk!  Maar almal het lekker saamgepeusel aan die waatlemoene. 

 

 

 

KOMMANDO-AKTIWITEITE WAT TEL    
  MK Speletjiesdag      
  WWW dag        
  Inlywing en Ouersvergadering 1ste kwartaal  
  Kerkdiens (of kommandokamp of by gemeente)  
  Omgeeweek        
  Kerkdiens in die winter      
  Omgewingsaksie – Ons gaan rivier skoon maak  
  MK paraatheidsaksie (sal seker net deur Parkies bygewoon kan word – is in skooltyd)
           
  OORDAKTIWITEITE WAT TEL (2):    
  Gr 7 Afronding        
  GGA - Gr R tot 12      
  Slag van Buffelspoort      
  Verkennerkamp      
  Nagmars        
  Kanaalroei        
  Gr 7 Voorslagkamp      
  Gr 12 HWPV afronding      
  Gr 12 HWPV kamp      
  Toutrek Boeresport Elandsprag    
  Paul Kruger Fees      
  Klippe verf