MAANDELIKSE POLL

Hoe bevind u ons nuwe webtuiste?
Interessante ontwerp, vloeiende interaksie en gebruikersvriendelik.
Baie gebruikersvriendelik en maklik om te gebruik.
Oorweldigend en te veel inligting.

maak toe 

Omgewingsbewaring

Laerskool Proteapark vorm deel van die NWU se OMGEWINGSBESTUURSPROJEK. Dit is in 2009 geloods in ons skool. Aan die stuur staan mevv. Pitta Bosman en mev. Jeané Roodt.

‘n Projek is in Februarie 2016 geloods om drinkwater in te samel vir droogtegesteisterde gebiede in Suid-Afrika. Die Parkies het hulle harte behoorlik oopgemaak en sowat 1500 liter water ingesamel wat na Swartruggens vervoer is.  

Hier staan juf. Annette by die spanleiers: VOOR: Anria Kotze, Amoré du Plessis, Alyssa Prinsloo, Retha Gunelieva, Chané Marais en Suané Naudé. Agter: Jan-dré Mitchell, Deandro Roux, Ali Masike, Louis Weyers, Alex Mokatse en Liam Odendaal.

 

'n Weerstasie is in 2015 op die skoolterrein opgerig as deel van die omgewingsbestuursprogram. By die weerstasie staan Heinrich Burger (links) en Jonathan Breytenbach.