MAANDELIKSE POLL

Hoe bevind u ons nuwe webtuiste?
Interessante ontwerp, vloeiende interaksie en gebruikersvriendelik.
Baie gebruikersvriendelik en maklik om te gebruik.
Oorweldigend en te veel inligting.

maak toe 

LSOB

LEERDERS MET SPESIALE ONDERWYSBEHOEFTES: (LSOB) 

DEPARTEMENTSHOOF: Mev. Mariëtte Prinsloo. Tel. (014) 533 2080.

 

Inklusiewe Onderwys:
Volgens die witskrif no.6 moet alle leerders die geleentheid kry om tot die skool toegelaat te word. Laerskool Proteapark was een van die eerste skole wat die stap geneem het en leerder met probleme begin inneem het. Ons het egter gou begin agterkom dat daar baie ander praktiese probleme ontstaan. Baie van die leerders voel meer op hulle gemak om ©° vasgestelde roetine te volg en klas wisseling het dus ©° probleem geword. Alhoewel hierdie leerders elkeen hul eie assistent gehad het, het die skool nog probleme ervaar en is daar besluit om hulle uit die klasse van die hoofstroom te haal maar hulle sover moontlik in die hoofstroom te hou. Dit het gegroei van die houthuisie langs die kantoor tot ‘n nuwe inklusiewe afdeling by ons skool. In die LSOB (leerders met spesiale onderwysbehoeftes) klasse word die gewone kurrilulum aangepas om by elke individuele leerder se behoeftes aan te pas.


  • Inklusiewe Onderwysbeleid
    LAERSKOOL PROTEAPARK INKLUSIEWE ONDERWYS en LSOB : BELEID Wat is inklusiewe onderwys? Inklusiewe onderwys word gedefinieer as ʼn leeromgewing wat die persoonlike, akademiese en professionele...
    LEES VERDER...

  • LSOB leerders leer van Perde
    Daneel Ehlers het vir al die LSOB leerders meer kom vertel van perde.  Elke leerder het ook die geleentheid gekry om bietjie perd te ry.  
    LEES VERDER...