1. DOELSTELLINGS
Om begaafde leerders in graad 4-7 aan bykomende stimulerende onderrig bloot te stel wat hulle kennis en vaardighede ontwikkel, probleemoplossing vergemaklik en kreatiewe denke en logiese redenering aanwakker.
2. DEELNAME
2.1 Graad 3 tot 6 voogonderwysers identifiseer begaafde leerders aan die einde van elke akademiese jaar vir die daaropvolgende jaar. ‘n Vraelys met kriteria word gebruik vir selektering en die prestasie behaal op die prysuitdeling. Leerders wat lapelwapens en ereroltoekennings gekry het kwalifiseer outomaties om by die verrykingsklasse in te skakel. Gr.3 onderwysers identifiseer die leerders vir gr. 4.
2.2 Geïdentifiseerde leerders ontvang briewe waarop ouers toestemming gee dat die kind die klasse mag bywoon.
2.3 Deelname aan verryking word aangedui op die leerder se betrokkenheidsertifikaat.
2.4 Verrykingsleerders word jaarliks na die Vakansieskool vir Begaafde Leerders uitgenooi.
3. ORGANISASIE
3.1 Verrykingsklasse word deur ‘n aangewese fasiliteerder gedurende skoolure aangebied: een periode per graad per week.
3.2 Een tot twee temas word per kwartaal deur leerders nagevors.
3.3 Leerders ontvang weekliks kopieë van die “Ek Weet”-vasvra vir uitbreiding van algemene kennis. Die skool koop die “Ek Weet”-program jaarliks aan.
3.4 Aan die einde van elke kwartaal ontvang die leerders verrykingsverslae.
3.5 Leerders is self verantwoordelik vir die inhaal van werk behandel in akademiese periodes wat deur die verrykingsklas vervang is.
3.6 Ouers betaal ‘n vasgestelde verrykingsfooi per maand (vooruitbetaalbaar). Indien die leerder die klasse wil staak, moet ouers een kalendermaand skriftelik kennis gee. In die geval van wanbetalings, word die leerder se klasbywoning gestaak.