MAANDELIKSE POLL

Hoe bevind u ons nuwe webtuiste?
Interessante ontwerp, vloeiende interaksie en gebruikersvriendelik.
Baie gebruikersvriendelik en maklik om te gebruik.
Oorweldigend en te veel inligting.

maak toe 

Kopluise en veiligheid

BEHANDELING VAN kopluise

goedkoop resep vir kopluise: 

Was hare met gewone sjampoe, gooi 'n hele 2L coke op hare en laat dit droog word. Spoel die coke af en smeer opknapper in hare. Herhaal die proses wanneer dar nog luise/nete aanwesig is.

RESEP VIR KOPLUISE:

BESTANDDELE:

  1. Listerine mondspoelmiddel
  2. Wit asyn
  3. Stortkappie
  4. Handdoeke
  5. Sjampoe
  6. Luiskammetjie

AANWYSINGS:

  1. Maak hele kop nat met Listerine.
  2. Sit die stortkappie op vir EEN uur.
  3. Spoel die Listerine af.
  4. Smeer die asyn aan die hare.
  5. Sit weer die stortkappie op vir EEN uur.
  6. Spoel die asyn af.
  7. Was die hare met sjampoe.
  8. Kam hare uit met luiskammetjie.

LUISE HAAT SKYNBAAR DIE REUK VAN ‘SPEARMINT’. DRUP DUS NET ‘N BIETJIE ’SPEARMINT’ MONDSPOEL SAAM MET ‘N PAAR DRUPPELS WATER OP JOU KIND SE KOP VOOR HY/SY SKOOL TOE GAAN.

***********************************************************************************************************************

Selfoongevare- hou jou kind veilig:

Daar is ‘n webtuiste waar ouers wenke kan kry oor hoe om hulle kinders teen die gevare van selfoongebruik te beskerm: www.cellphonesafety.co.za 
Vind op die webbladsy uit hoe om:

  • Pornografiese webtuistes te blokkeer
  • Uit te vind wáár presies jou kind is
  • ‘n Paniekknoppie op te stel
  • MXit te blokkeer
  • Die internet te blokkeer
  • Jou kind teen selfoonkameras te beskerm
  • Jou kind teen kuberteisteraars te beskerm

************************************************************************************************************************

IS JOU KIND NET “CUTE EN CHUBBY” – OF `n GESONDHEIDSRISIKO?            

Antonette Grant (Dieetkundige)

Vir baie van ons is daai ronde ou babatjie met die bolwange en vet bo-beentjies tog te oulik.  So ook die ronde dogtertjie wat op haar vet beentjies rondwaggel. Ongelukkig is die spreekwoord “rond en gesond” allesbehalwe waar!!  Baie van ons kinders is oormassa.  Die statistiek vir Suid-Afrika toon dat 10% van kinders jonger as 2 jaar en 20% van kinders onder 6 jaar oormassa is.  Meer as die helfte van Suid-Afrikaners ouer as 15 jaar is oormassa.  Uit dié getal is 20% vetsugtig. Dit dui vir ons daarop dat vandat kinders begin skoolgaan, daar `n duidelike toename in oormassa is.

`n Kind wat oormassa is, het `n groter kans om as volwassene oormassa te wees en om voortydig dood te gaan.  Oormassa kinders ondervind ook asemhalingsprobleme, hulle breek makliker bene, kan aan hoë bloeddruk ly, sekere tekens van hartkwale begin toon, insulienweerstandig wees (`n voorloper van tipe 2 Diabetes) – veral as die vetjies om die maag saampak! Hulle kan ook allerhande sielkundige problem hê.  Dit is `n feit dat oormassa kinders dikwels deurloop onder `n geterg en gespot en later nie meer aan sport of ander sosiale aktiwiteite wil deelneem nie.

Daar is verskeie redes hoekom kinders oormassa raak.  Voordat ons genetika die skuld gee, is dit nodig om te besef dat lg. eintlik `n kleinerige rol speel.  Studies van identiese tweelinge wat deur verskillende ouers aangeneem is en onder verskillende lewensomstandighede grootgeword het, het heelwat in massa verskil, al was hul genetika dieselfde. Kom ons kyk na `n paar ander redes hoekom kinders oormassa raak.

1. Te veel versoete koeldrank – ons onderskat hoeveel suiker in koeldrank skuil en dus ook hoeveel kilojoules dit bevat (dit wat vetmaak as jy te veel inneem). Bv. `n Powerade het 8tl suiker en dieselfde hoeveelheid energie as 2 snye brood.  As jou kind nie sport beoefen en hard oefen nie, is dit nie nodig om dit te drink nie.  `n Bottel (500ml) CreamSoda/Coke het bv. 11tl suiker in en `n “gesonde” vrugtesappie (250ml) maklik 6tl suiker.  Beperk dit as jy voel jou kind is oormassa. Kinders is eintlik nie veronderstel om meer as 3 teelepels suiker per dag in te neem nie – dis regtig min en meeste kinders kry baie meer in.  Baie van die kindervriendelike ontbytgrane het ook ontsettend baie suiker in.

Wenk: Gee eerder Sweeto, DrinkOPop, Low cal koeldrank of Biozest, as laer kilojoule opsies.

2. Te veel kitskos – min kinders sal nee sê vir `n stuk pizza of slap “chips”.  Ongelukkig is dié kosse juis hoog in kilojoules (en laag in voedingstowwe) en is dit nie ideaal dat kinders soveel hiervan inkry nie.  Dit is ook hoog in sout en skadelike vet.  Baie ouers het min tyd vir kook en maak gebruik van kitskos / wegneemetes vir `n vinnige ete. Wenk: beplan eerder deeglik en kook meer sodat jy altyd gesonde bevrore etes in die vrieskas het vir daardie deurmekaar, gejaagde dae. Maak wegneemetes `n uitsondering en nie `n reël nie.

3. Te groot porsies – ons skep dikwels vir ons kinders te veel kos in of hulle gaan vir tweede en derde porsies.  Die ideaal vir kinders is, net soos vir ouers, om `n groot deel van die bord vol slaai of groente/vrugte te skep.  `n Probleem is dat baie kinders nie juis lief is hiervoor nie, en eerder ekstra vleis of pasta of rys sal inskep.  Wenk:  Maak `n reël dat jou kind eers al die groente of slaai op sy bord eet, voor hy of sy tweede porsies kan kry van hul gunsteling kos.  Kook ook minder pasta/rys/vleis sodat daar nie soveel oorbly wat as tweede en derde porsies ingeskep kan word nie

4. Onaktiwiteit is nog `n probleem. Jy het dalk toe jy op skool was skool toe gery met ‘n fiets of gestap.  Deesdae laai ons ons kinders by die skool af. Alhoewel daar kinders is wat aan elke sport onder die son deelneem, is daar ook kinders wat aan geen sport deelneem nie of aan sport wat nie juis kilojoules verbrand nie bv. skaak. Baie kinders sit ure voor hul Playstation of die TV.  Beide is passiewe tydverdrywe wat maak dat kinders min energie verbrand. Verder word daar ongelukkig dikwels voor die TV gepeusel aan kilojouledigte lekkernye soos aartappelskyfies of koekies. Deesdae druk ons ook net `n knoppie op die afstandbeheer en stap nie eens TV toe om die kanaal te verander nie.  Ons lewenstyle raak meer en meer passief.  Geen wonder nie dat daar deesdae gepraat word van: “Sitting is the new smoking” – sit en rook is ewe sleg.  Wenk: Maak seker dat jou kind daagliks iets aktiefs doen – al is dit nie `n skoolsport nie, maar `n Taebo/Zumba video, springtouspring of bou `n hindernisbaan met emmers en besems en laat die hele gesin vir die pret deelneem.  Wees `n voorbeeld en wees self aktief. 

5. Lekkernye is nie liefde nie.  Moenie kinders beloon of liefde betoon met lekkernye nie. Te dikwels maak ons die fout om vir die kinders te gaan roomys koop na `n toets of Wimpy toe te vat na `n harde week om te wys hoe lief ons hulle het. Wat leer ons hulle? Beloning = lekkernye; of liefde = lekkernye. Dit maak dat ons hulle leer om ook eendag as volwassenes na lekkernye te gryp as hulle beloon wil word. Ons kan ons kinders leer om nie emosioneel te eet nie.  Baie van ons eet self uit verveling of as ons stress of as ons hartseer voel. Wenk: Beloon en betoon jou liefde vir jou kind deur saam te speel, tyd en aandag te gee of `n klein speeldingetjie te gee eerder as met kos/lekkernye.

6. Gee aan jou kind kennis: Dalk het jy sélf nie geweet coke of CreamSoda bevat soveel suiker nie, dalk het jy gedink sap is gesond! Win kennis in en dra dit oor aan jou kinders.  Leer hulle hoekom ons eet. Jy eet om aan die lewe te bly en om elke selletjie in jou liggaam gesonde voedingstowwe te gee. Proteïene help om spiere te bou, volgraan koolhidrate/stysel gee ons energie om te kan hardloop en speel en dink, vrugte en groente is belangrik om ons gesond te hou en siekte soos kanker te voorkom, en ons het ook goeie vette nodig vir algemene gesondheid.  Leer hulle ook dat ongesonde kos ons siek kan maak en dus nie gereeld geëet moet word nie. 

As jy sukkel om jou kind se massa onder beheer te kry, gaan spreek 'n dieetkundige om jou te help om vir jou kind `n gesonde eetplan uit te werk om die oortollige massa op `n gesonde manier te verloor.


  • KOPLUISBEHANDELING
    “Die enigste veilige en doeltreffende manier om kopluise te behandel is produkte wat oor die toonbank gekoop word,” het ʼn mediese dokter van Pretoria gewaarsku. “ʼn Mite wat ouers...
    LEES VERDER...

  • Hoe kinders hulself kan beskerm:
    Vertel altyd vir jou ouers waarheen jy gaan en waar jy gaan wees.  Moet nooit iemand in die erf of huis binnelaat as jy alleen is nie.  Gaan roep altyd eers jou ouer(s) as daar iemand by...
    LEES VERDER...