MAANDELIKSE POLL

Hoe bevind u ons nuwe webtuiste?
Interessante ontwerp, vloeiende interaksie en gebruikersvriendelik.
Baie gebruikersvriendelik en maklik om te gebruik.
Oorweldigend en te veel inligting.

maak toe 

PP 4/2017, 2 Februarie 2017

DAGBOEK:

Donderdag, 2 Februarie DAG 2

  • Gr. 1-3 Pom-Pon 2017 uitdunne vir laasjaar (2016) se Pom-Pons, 07:00-08:00
  • Junior revue opnamegroep, naskoolklas, 07:00-08:00.
  • Senior revue opnamegroep, onthaallokaal, 07:00-08:00.
  • CMaths, gr. R-Tarentaalklas, 12:40.
  • CMaths, kamer 3, 13:15.
  • Boogskietoefening, aantreepunt, 14:00-17:00.

Vrydag, 3 Februarie WEER DAG 2 indien dit reën

  • ATLETIEKBYEENKOMS: “CLUSTER”, Proteapark bane, 08:00.
  • Gr. 1-3 Pom-Pon uitdunne, 07:00-08:00.
  • Junior revue opnamegroep, naskoolklas, 07:00-08:00.
  • Senior revue opnamegroep, onthaallokaal, 07:00-08:00 (slegs indien dit reën).
  • Opening op aantreepunt: Nadia Marais.
  • Seniorkoor koorkamp tot Sondag.

Maandag, 6 Februarie DAG 3

  • Boodskap van die week in saal: Nicolas Alberts.
  • Experi-maatjies (gr. 1-3), naskoolsentrum, 13:00.
  • Experi-maatjies (gr. R naskoolleerders), k. 49, 14:00.
  • Ritmerakkers-oefening, saal, 14:00-16:00.
  • Boogskietoefening, aantreepunt, 14:00-17:00.
  • Experi-maatjies (gr. 1-3), k. 49, 15:00.
  • Voortrekkers spanbyeenkoms, Parkieland, 16:00.
  • Landloop- en middelafstandoefening, 16:00-17:00.
  • Koinonia-komitee vergadering, personeelkamer, 17:30. Alle ouers welkom!
  • Verjaarsdag: mej. Elaine Norval.

Dinsdag, 7 Februarie DAG 4

  • Gr. 1-3 Pom-Pon uitdunne, 07:00-08:00
  • Junior revue opnamegroep, naskoolklas, 07:00-08:00.
  • Senior revue opnamegroep, onthaallokaal, 07:00-08:00.
  • Opening op aantreepunt: Isany Niemandt.
  • CMaths, gr. R-Tarentaalklas, 12:40.
  • CMaths, kamer 3, 13:15.
  • Experi-maatjies (naskoolsentrum), Gr. R-klas, 13:00.
  • Atletiekbyeenkoms, Top 4, David Brink, 13:30.
  • Boogskietoefening, aantreepunt, 14:00-17:00.
  • Bybelvasvra oueraand, saal, 18:00.

Woensdag, 8 Februarie DAG 5

  • Opening op aantreepunt: Sumari van der Merwe
  • Juniorkooroudisies (gr. 1-3), skoolure.
  • VCSV: 2de pouse.
  • CMaths, gr. R-Tarentaalklas, 12:40.
  • Experi-maatjies (gr. 1-3), naskoolsentrum, 13:00.
  • CMaths, kamer 32, 13:15.
  • Atletiek: aflosbyeenkoms, David Brink, 13:30.
  • CMaths, kamer 32, 14:00.
  • Bybelvasvra-oefening, 14:00-16:00.
  • Drama-oefening, saal, 14:00-15:00.
  • Boogskietoefening, aantreepunt, 14:00-17:00.
  • Seniorkoor-oefening, 15:00-16:30, saal.
  • Landloop- en middelafstandoefening, 16:00-17:00.
  • Pretpolsers-oefening, saal, 17:00-19:00.

Donderdag, 9 Februarie DAG 2

  • Gr. 1-3 Pom-Pon uitdunne, 07:00-08:00
  • Junior revue opnamegroep, naskoolklas, 07:00-08:00.
  • Senior revue opnamegroep, onthaallokaal, 07:00-08:00.
  • CMaths, gr. R-Tarentaalklas, 12:40.
  • Tennisoefening: junior liga, Protepark bane, 13:00-14:00
  • CMaths, kamer 3, 13:15.
  • Atletiekoefening
  • Boogskietoefening, aantreepunt, 14:00-17:00.
  • Landloop- en middelafstandoefening, 16:00-17:00.
  • Gr. 2 en 3 Wiskunde oueraand, personeelkamer, 18:00.

 

1. GRAAD 2-3 WISKUNDE OUERAAND: Donderdag, 9 Februarie 2017 om 18:00 in die personeelkamer.

2. SAAMRYGELEENTHEDE BENODIG:

  • Vir graad 3-dogter in die middae na Indiërwinkel op ou Pretoriapad. Skakel 084 097 0189 of 084 294 6177.
  • Vir graad 1-dogtertjie in die middae na HTS-koshuis. Kontak Gerhard, 083 293 0655.

3. GRAAD 4-7 GRAADREDENAARS:

Graad 4-5: Dinsdag, 28 Februarie. TEMAS: 1. Klei. 2. Note. 3. Blou.

Graad 6-7: Donderdag, 2 Maart. TEMAS: 1. Spieël. 2. Krap. 3. Klik.

4. KOSBLIKKE: Help asseblief!!! Die skool het skaars begin en ons sit met hope splinternuwe, ongemerkte, verlore kosblikke, sakkies en waterbottels! Kom kyk of dit u kind s’n is, of kom koop dit tweedehands teen billike pryse in kamer 16. Die geld word aan die Koinoniafonds geskenk. NAVRAE: mev. Maureen van Wyk, 082 827 5244.

5. VEILIGHEID BY SKOOL: baie dankie vir al ons ouers se samewerking ten opsigte van die situsasie ná skool vir die grondslagfase en gebruik van sekere skoolhekke. Al hierdie reëlings het die optimale VEILIGHEID van ons kosbare kinders ten doel. Daar is nog ‘n paar haakplekke wat so spoedig moontlik uitgesorteer sal word. Baie dankie vir u begrip en geduld!

6. SNOEPIE sal oop wees gedurende die gr. R-2 rugby-oefening op Maandae en Woensdae.

7. GESINNE IN NOOD: ons versoek ouers wat hulle weg oopsien, vriendelik om ‘n bydrae te maak tot Parkiesgesinne wat ‘n behoefte het aan kos en klere. Stuur asb. nie-bederfbare voedsel na mev. Irene Botha se kantoor. Ons benodig ook mammas wat kan help met die voorsiening van toebroodjies/voedsame versnaperings tydens pouses vir geïdentifiseerde leerders. Kontak mev. Irene Botha indien u kan help om een- of tweemaal per kwartaal broodjies te maak en skool toe te bring. Verder benodig ons tweedehandse skoolklere wat nog in ‘n goeie toestand is vir die klerebank, veral truie en kouse vir die wintermaande wat voorlê. By voorbaat baie dankie! Irene Botha: (014)533 2675.

8. TWEEDEHANDSE BERGFIETS TEEN BILLIKE PRYS TE KOOP GESOEK: skakel asseblief 072 585 5940.

 

Mnr. H. Pieterse (Hoof)                                                                

Mev. I. Visser (Adjunkhoof) 

Mnr. D. Deacon (Adjunkhoof)


Geen kommentaar tans. Wees die eerste om kommentaar te lewer!

Lewer kommentaar:

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Dit is slegs nodig vir bekragtiging..